Vermeende dwelmsmouse vas

(Foto: SA Polisie)

Sewe mense is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op dwelms soos Mandrax-tablette en tik nadat lede van die Wes-Kaapse geïntegreerde operasionele span Vrydagaand op verskeie persele in Atlantis en Malmesbury toegeslaan het.

Die sewe verdagtes word moontlik verbind met georganiseerde misdaadbendes op die Kaapse Vlakte.

Die polisie het beslag gelê op dwelms ter waarde van R4 100, asook kontant van R10 785. Dit is vermoedelik die opbrengs van misdadige bedrywighede, het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisie het later die aand ook op ʼn perseel in Robinvale, Atlantis, toegeslaan waar hulle ʼn vuurwapen en ammunisie opgegrawe het. Die vuurwapen is glo verlede jaar in Durbanville gesteel.

Hier het die polisie beslag gelê op 300 Mandrax-tablette, dagga en ʼn kaartmasjien.

ʼn 53-jarige man is in hegtenis geneem. Hy word aangekla van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, asook handel in dwelms.

Volgens Potelwa verskyn die verdagtes Maandag in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cheryl ·

Uitstekend gedoen. Elke pil en vuur wapen beteken een minder op die straat. Dankie manne!

Francois Le Cochon ·

Solank as wat mense geld gee vir dwelmverslaafdes by robots, met bordjies wat se^ “No food, no water, God bless”, sal daar dwelmhandelaars wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.