Vermeende springstofsmous aangekeer

Die springstof is glo gebruik om kitsbanke mee oop te blaas en transitovoertuie te teiken in veral die omgewing van Tzaneen en Burgersfort. (Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy springstof aan rowers verkoop wat kitsbanke en transitovoertuie teiken, is Donderdag in die vroeë oggendure by sy huis aangekeer.

Die Valke het reeds in September verlede jaar inligting ontvang oor ʼn verdagte wat glo die saamgestelde springstof verkoop. Volgens kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder, was die verdagte sedertdien in die polisie se visier.

Die man is gisteroggend vroeg in samewerking met lede van die Limpopo-intelligensie-eenheid by sy huis in die Noord-Kaap aangekeer.

Die springstof is glo gebruik om kitsbanke mee oop te blaas en transitovoertuie te teiken in veral die omgewing van Tzaneen en Burgersfort, sê Maluleke.

Die man sal na verwagting Vrydag in die Ritavi-landdroshof verskyn op aanklag van ʼn oortreding van die Wet op Springstof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ONTPS ·

In gevolge ons wetgewing mag sy naam eers bekend gemaak word sodra hy in die hof verskyn en gepleit het op die aanklagte teen hom

Blikke ·

Gaan in elk geval nie impak maak nie….na vandag klop die rowers maar net aan die volgende deur om voorraad te kry…..

Hennie J ·

Die knaap is, volgens die berig, al sedert September verlede jaar in die polisie se visier. Het hulle hom die jaar+ grasie gegee om sy besigheid behoorlik te vestig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.