Vermiste 11-jarige gevind; liggaam geskend

Tiyiselani Nokuthula Rikhotso (11) se liggaam is Maandag in die Klein Letaba-dam in Limpopo gevind. Sommige van haar liggaamsdele is verwyder.

Die polisie in Giyani, Limpopo, het ʼn reusesoektog van stapel gestuur nadat die liggaam van ʼn 11-jarige meisie wat die naweek in die provinsie verdwyn het, in die Klein Letaba-dam gevind is.

Tiyiselani Nokuthula Rikhotso van Dengeza buite Giyani het Sondag van haar ouerhuis verdwyn. Sy is die volgende dag as vermis aangemeld en daar was tot nou geen spoor van haar nie.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê inwoners het die kind se liggaam in die dam ontdek en die polisie ontbied. Sommige van haar liggaamsdele is verwyder.

Die provinsiale polisiehoof, lt.genl. Nneke Ledwaba, het die moord ten sterkste veroordeel en die polisie beveel om nie te rus tot haar moordenaars opgespoor is nie.

Die moontlikheid dat Tiyiselani as deel van ʼn rituele moord doodgemaak is, kan in dié stadium nie uitgesluit word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

netekalleen ·

Die foto van die arme dogtertjie is definitief nie die van n 11 jarige kind nie, maar seker al een wat die familie gehad het. Lyk my dis n tendens landswyd met die kinders wat so ontvoer word en uiteindelik word sie lykies gevind. So asof ons land nie tans genoeg drama het nie. Simpatie aan haar familie

SomeOne ·

” Dié foto is ‘n paar jaar gelede geneem.” volgens vorige berig

VannieBaai ·

En die mense is bekommerd oor die Corona-virus……….daar is ‘n veel erger virus in ons land, een wat onskuldige kinders se lewens neem……..

Marius ·

Dit is siek om die minste te se . Baie sterkte aan die familie .

Dries ·

Ek vra omdat ek nie weet nie: wat is die reel/wet mbt wagtydperk deesdae met aanmelding van vermiste kinders? Dalk is daar ander omstandighede betrokke in hierdie geval, maar ek sou nie kan slaap as ek weet my kind is nie in sy of haar bed nie.

Jakes ·

Waarskynlik n muti moord as daar van haar ledemate weg is. Siek, siek mense daarbuite. Weereens kom die moordsyfer onder die loep en is die Corona virus se dodetal niks in vergelyking met wat hier in SA gebeur nie, waar kinders daagliks vermoor word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.