ʼn Soektog na ʼn vermiste 11-jarige dogtertjie van Mpumalanga het tragies geëindig toe haar liggaam gevind is net twee dae nadat sy vermis geraak het.
Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die kind het Maandag in Embalenhle naby Secunda vermis geraak. Volgens Sedibe het die kind se ma haar na ʼn nabygeleë winkel gestuur, maar sy het nooit teruggekeer nie.
“Die familie het na haar gaan soek, maar kon haar nêrens vind nie en het toe die polisie genader. ʼn Vermistepersoonsaak is oopgemaak en ʼn span wat bestaan het uit speurders, lede van die polisie se honde-eenheid en polisieduikers is onmiddellik saamgeroep om na die dogtertjie te soek,” het Sedibe gesê.
Hy het gesê die span het die gebied, insluitend ʼn nabygeleë rivier, Maandagaand en Dinsdag tot laat gefynkam, maar kon geen teken van die kind opspoor nie.
“Omstreeks 06:30 gister is die polisie na ʼn huis in Uitbreiding 15 in Embalenhle ontbied nadat van die gemeenskapslede die liggaam van ʼn kind in die erf buite ʼn huis sien lê het. ʼn Vinnige ondersoek deur die polisie het vasgestel dat dit die liggaam van die 11-jarige kind is wat vroeër as vermis aangemeld is.”
Volgens Sedibe was daar geen ooglopende merke aan die kind se liggaam wat op die oorsaak van haar dood dui nie, en sal dit deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.
Niemand is nog in verband met die kind se moord in hegtenis geneem nie. Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Sakhile Mlotshwa by 071 738 4148 of Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.
Ons lees die laaste ruk gereeld van kinders se dood in die nuus – dit is hartverskeurend.
My 11 jarige seun of meisie sal nie winkel of nêrens meer loop nie. Dit is nie meer soos toe ons jonger was en kafee toe kon loop en daar veilig speletjies speel en toffies koop nie!
Die lewe het te veel verander vandat ek ‘n kind was…’n mens kan dit nie meer waag nie. Selfs grootmense is amper nie eers meer veilig nie!
Kinders moenie alleen loop nie.
Hoe hartverskeurd is dit nie, dat kindwees ook nie meer toegelaat kan word nie. Dat misdadegers nou besluit oor ons en ons kinders se lewens.
Hulle se dat sy sonder haar onderlip gevind is op ons plaaslike koerant se facebook blad? MM weet julle hiervan?
As haar onderlip vermis word is die kanse goed dat sy verkrag is en haar onderlip deur die verkragter afgebyt is.Ons sal maar moet wag vir die uitslag van die nadoodse ondersoek.Gaan die vroue liga betrokke raak as die beskuldigde gevang word