Vermiste Bethelsdorp-vrou se liggaam gevind

Desiree Baartman. (Foto: Verskaf)

Die liggaam van die vermiste vrou van Bethelsdorp, Desiree Baartman, is Maandagaand in ʼn stormwaterdrein naby Strandfordweg in die Jagtersvlakte-omgewing gevind.

Die aanklag teen Baartman se eksman, Johnny, is intussen na moord verander.

“Speurders van die Bethelsdorp-polisie en die K9-eenheid het haar liggaam, wat in ʼn stormwaterdrein van 3,7 meter diep gegooi is, omstreeks 21:00 ontdek,” sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.

“’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van haar dood vas te stel.”

Naidu sê Johnny sal Woensdag weer in die Gqeberha-landdroshof verskyn, waar hy op aanklag van moord en regsverydeling teregstaan.

Maroela Media het vroeër berig dat tekens van gemene spel gevind is, toe Baartman se huis die afgelope naweek deursoek is.

Sy is op Vrydag 9 Junie die laaste keer lewend gesien nadat sy die huis in Nagelstraat omstreeks 10:00 verlaat en nooit weer teruggekeer het nie. Sy is op 14 Junie deur die verdagte as vermis by die polisie aangemeld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Roek ·

Wat ‘n tragedie, maak nie saak wat die omstandighede is nie ….dit is wreed en onstellend !

Danie ·

Die regering gaan so aan oor geweld teenoor vrouens en kinders en dis waar dit eindig.

Di ·

Presies! Alles wat die Regering belowe is net LEE woorde soos die res van hulle dade. Kyk maar net in watter toestand is ons land omdat hulle NIKS doen wat hulle belowe nie. Spul leuenaars

Sê maar net ·

Absoluut skokkend. So hartseer. Mag haar siel in vrede rus. Sterkte aan al haar familie en vriende.

MJLS ·

Mag hy lank sit.
In SA is moord en doodslag aan die orde van die dag. Die mensdom is siek.

Skappie ·

So jammer. Stekte aan haar familie en vriende kring. Mag onse Liewe Heer julle styf in ‘Sy arms vashou en julle deur hierdie moeilike tyd wat vir julle voorle dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.