Die polisie in KwaZulu-Natal het die vermiste kop van ʼn vrou, wat vroeër in Chatsworth vermoor is, opgespoor.
“Die kop is Vrydag in Imfume aan die suidkus opgespoor,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. Desiree Murugan (37) se liggaam is Maandag omstreeks 08:30 by die Shallcross-stadion in Durban opgespoor. Klik hier om meer te lees.
Naicker het gesê ses verdagtes, insluitend een vrou en ʼn tradisionele geneser, is Donderdag in hegtenis geneem. “Die groep, tussen 18 en 32 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Chatsworth verskyn op aanklag van moord.”
Lees ook:
Onthoofde lyk in Durban-stadion gevind
Nie n haan kraai verder oor die wrede misdaad nie. Maar o jinne tog, moet net nie die Stem sing nie.
Haha ja dit is eindlik vreeslik hartseer dat die media op gehou word met daai sinne lose dinge Jasper!