Ohemile Moses Maamogwa (55), ʼn rotsbooroperateur, het verlede Dinsdag vermis geraak ná ʼn grondstorting by die skag in Meriting. Hy is saam met een van sy medewerkers, Tanki Samuel Lepitikoe (40), ondergrond vasgevang, terwyl sewe ander werkers ongedeerd daarvan afgekom het.
Maamogwa is sedertdien nog nie opgespoor nie, terwyl Lepitikoe se liggaam Vrydag na die oppervlak gebring is. “Ons is steeds besig om deur die rotsstorting te grawe op soek na Moses,” het Johan Theron, woordvoerder van Implats, gesê.
Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het Sondag ʼn beroep op die mynmaatskappy gedoen om sy veiligheidsmaatreëls op te skerp. “Baie moet gedoen word. Mense is besig om dood te gaan,” het hy gesê.
Vier mynwerkers is in Januarie by ʼn Implats-myn in Luka buite Rustenburg dood toe ʼn brand ondergronds ontstaan het.
Zwane was Sondag in Rustenburg om Lepitikoe en Maamogwa se families te ontmoet. Hy is vergesel deur Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, Mpho Khunou, burgemeester van Rustenburg en Mike Teke, president van die kamer van mynwese.
Dit moet absoluut verskiklik wees om op so manier in die slag te bly en jou mense hoop op goeie nuus. Baie sterkte aan die familie. Kan net bid vir julle.