Vermiste Secunda-man se liggaam in Nigel gevind

Jacobus Rudolph (Foto: Verskaf)

ʼn Man van Secunda in Mpumalanga wat verlede week spoorloos verdwyn het, se liggaam is in Nigel in Gauteng gekry.

Jacobus Rudolph (52) het Woensdag by familie in Dunnottar digby Nigel gaan kuier. Hy het sy vrou omstreeks 19:45 gebel en gesê dat hy op pad huis toe is. Die gesin woon in Secunda.

Rudolph het egter nooit by die huis aangekom nie.

Sy liggaam is dieselfde aand in 6de Laan in Nigel opgespoor. Hy het ʼn skietwond in die bors gehad en sy motor was skoonveld.

Rudolph se familie het daarna die private ondersoeker Mike Bolhuis genader om sy moord te ondersoek.

Volgens Bolhuis het sy ondersoekspan videomateriaal bekom waarin dit blyk dat Rudolph se motor eers gekaap is, voordat hy vermoedelik geskiet is. Sy motor is tussen Dunnottar en Nigel gekaap.

“Kringtelevisiebeeldmateriaal wys dat Rudolph Woensdagaand omstreeks 20:47 in sy motor in Nigel deur ʼn wit BMW agtervolg word. Die BMW se nommerplaat is in hierdie stadium nog nie bekend nie,” sê Bolhuis.

Die uitgebrande voertuig (Foto: Verskaf)

“Ná vyf minute het Rudolph se motor en die BMW weer verby die kamera gery. Dit kom voor asof Rudolph se motor in daardie tydsbestek gekaap is.

“Teen 21:42 het die kamera vasgevang hoe Rudolph se motor deur die Ugaga-tolhek op die N17-hoofweg ry. Rudolph het nog nooit van hierdie pad gebruik gemaak nie.”

Volgens Bolhuis vermoed die ondersoekspan Rudolph is in die BMW geskiet waarna sy liggaam uit die motor gegooi is. Die ondersoekspan het ook videomateriaal bekom wat wys hoe Rudolph uit die motor gegooi word.

Die voertuig is later in Daveyton aangetref. Dit was uitgebrand en geen van Rudolph se persoonlike besittings kon gevind word nie.

Bolhuis sê hulle ondersoek duur intussen voort.

ʼn Saak van moord is by die Nigel-polisiestasie aanhangig gemaak.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Misky ·

Hierdie moorde is so sinneloos en mens raak nou verby gatvol dat niks daadwerkliks gedoen word nie!!! Die motor is uitgebrand, so dis nie roof en asof mense agter die geld aan is en honger ly nie. Dis bloeddorstige moord en wraak

Deon ·

R500 borgtog sal al die probleme van die moordenaar uitsorteer.

Tiptol ·

Moord in ons land is makliker as om ‘n probleem by ‘n munisipaliteit uit te sorteer. Moordenaars kom makliker weg, as wat dit is om nie jou tv rekening nie te betaal nie.

Pampoen ·

Die rede hoekom daar so blatant moorde gepleeg word, is dat die skuldiges nie glo dat hulle gevang sal word nie, of dat hulle hulself kan loskoop as hulle gevang word, of dat die straf in die tronk hulle nie afskrik nie, of dat hulle geen inbors en gewete het nie. Miskein is dit meer as een of dalk almal van bogenoemde.

Deon ·

Jou redes is meer as genoeg om n gewetenlose misdaad te pleeg. Mens wonder soms wat de??? gaan in die kriminele se koppe aan,gaan daar ooit iets aan?

koos10 ·

As jy in ag neem dat privaat ondersoekers aangestel moet word om antwoorde te kry. dan is jy 100% reg. Hulle kom weg met moord.

Jr ·

En hy waag nie om na die sogenaamde polisie stasie te ry soos die Wit Rivier boer want die mense ( mense -????) wat u moet beskerm gee u op vir die kriminele. DISGUSTING

thejudge ·

Die berig meld nie dat hy bewus was dat hy agtervolg word nie. Ek glo nie hy het geweet nie.

penny ·

Kobus sal gemis word. Was briljantje mens.. soveel respek vir jou gehad Kobus. Mag geregtigheid geskiet en jy in vrede rus. Sterkte aan jou gesin, bid dat God julle vrede sal gee en die hartseer met tyd sal minder word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.