Vermiste Oos-Kaapse tiener veilig opgespoor

Rochelle Prins (Foto verskaf deur SAPD Oos-Kaap)

Die 14-jarige Rochelle Prins, wat Vrydagoggend as vermis aangemeld is, is Sondagoggend veilig gevind by ʼn huis in Danville in Pretoria.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê speurder ao. Patrick Ndoni het ʼn anonieme boodskap ontvang van ʼn persoon in Pretoria oor waar Rochelle haarself bevind.

“Daar is dadelik kontak gemaak met haar tannie in Pretoria wat, met die hulp van die polisie, Rochelle by die huis in Vollenhovenstraat opgespoor het.”

Sy het na bewering ʼn 19-jarige tiener gaan opsoek wat sy op sosiale media leer ken het.

“Sy is nou veilig by haar tannie,” het Naidu gesê.

Die SAPD bedank media en sosialemediagebruikers wat gehelp het om Rochelle op te spoor. “Die gemeenskap is die oë en ore van die polisie en enige verdagte gedrag in hul onderskeie buurte moet nooit geïgnoreer word nie, maar dadelik by die polisie aangemeld word. Die optrede van die anonieme persoon wat die oproep gemaak het, word waardeer.”

Maroela Media het vroeër berig die polisie in Kariega in die Oos-Kaap het die gemeenskap se hulp gevra om Rochelle op te spoor.

Sy en haar 16-jarige sussie het die skoolvakansie by hul ma in Kariega gekuier. Hul pa het hulle verlede week Sondag (3 Oktober) by die huis in Lower Drosdystraat afgelaai. Die twee sussies bly gewoonlik saam met hul pa in Gqeberha (Port Elizabeth).

“Die gesin is Donderdagaand bed toe. Die ma het Vrydagoggend opgemerk Rochelle word vermis. Haar sak met klere het ook verdwyn. Sy het ʼn brief vir haar pa gelos,” het Naidu vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

AW ·

Nou hierdie is die Waarheid !!!

Eendag , loop ek ook mos weg van die huis in Alberton,

Eish!!

Toe my MA, my kry….

Laat ons maar net sê DIT WAS DIE LAASTE!!!

Nou dink ek , wat Gaan in daardie kind se Lewe aan???

Saartjievandiebosveld ·

Kinders van 14 jaar oud behoort nie vye toegang tot alle media te hê nie….en geen Facebook nie.

Rooikopheks ·

Dit is so, maar ouers gee so maklik in, dit is juis op hierdie ouderdom dat kinders baie vatbaar is vir menings op sosiale media.

Elmarie ·

Die antwoordelikheid le by die ouers wat toesteming gee vir sosiale media. Ek weet presies wat op my kinders se sosiale media aangaan en julle weet dit is die reel tot hulle uit die huis is.

Janice ·

Moenie sosiale media blameer nie. As jy nie kind reg en stabiel grootmaak nie, gaan iemand, erens daarvan misbruik maak.

Elmarie ·

Ek stem saam. Jy moet jou kind blootstelling gee aan sosiale media, maar jy as ouer moet ‘n oog hou oor die gebruik daarvan. Daar is parental control apps wat jy kan gebruik en jy moet ook die fone vat so nou en dan en daardeur gaan. As kinder gebalanseerd groot word, met vertroue in jou as ouer, kan dinge goed uitwerk

E ·

Ouers moet ouers wees, te maklik deesdae om allles buite die huis te blameer, maar ouers gee nie leiding nie.

Wonder ·

Dank vader sy is veilig… My kinders is 17, hull weet geen sosiale media mag op hull fone nie hull mag eers op 16 youtube begin kyk het en dit is waar dit gaan bly tot die dag wanneer hull 18 is dan kan hull facebook ens kry, want dit is die ouderdom beperking op dit, en ek is tot vandag toe nie apuit oor my bealuit nie

Elmarie ·

Cindy, dit is elke ouer se reg om te kies. Maar as jy sosiale media toe laat, MOET dit gemonitor word.

Wonder ·

Dit weet ek elke ouer het n keuse waaraan hull, hull kimders aan blootstel… Ek sê net soos wat ek lees op nuus van kinders wat veekeerde besluite maak deur sosiale media, (en ouers wat nie om gee wat hull kinders op sosiale media doen nie) is ek baie bly ek het my besluit gemaak…

Casper ·

Daar moet vasgestel word wat was die 19 jarige vriendin se agenda want duidelik was sy die oorsaak dat Rochelle weggeloop het.Hoe het Rochelle so vinnig in Pretoria gekom?

Rooikopheks ·

Dis ń negentien jarige tiener , daar is nie melding gemaak of dit ń meisie of ń seun is nie. En dis ń 14jarige meisie wat weggeloop het en gekry is in Danville. Ek blameer nie die ouers nie, kinders weet wat en hoe om iets te doen, beplan dit in stilte, haar sussie het nie eers geweet nie.

Yvonne ·

Ai tieners en stukkende huise is so n groot seer….ek hoop daar kom n oplossing vir die situasie…ipv klipgooi

Misky ·

Baie bly sy is veilig gevind. As kinders maar net soms besef deur watse trauma en slapelose nagte hulle hul ouers deursit.

Casper ·

Dit is hoekom dit gaan soos dit gaan.Geen tugtiging meer nie want hulle het regte.Vat haar selfoon dan is dit diefstal.Ek is bly ek hoef nie in hierdie vrot land van ons kinders groot te maak nie en ek is nog blyer ek het nie ‘n tiener in die huis nie.My seun het sy truuks met my probeer want sy maatjie sê so.Ek pak toe sy tassie en gaan laai hom by sy maatjie af wat hom met ope arms ontvang het tot hy moes help beddens opmaak,huis skoonmaak,skottelgoed en wasgoed was en grassnyNodeloos om te sê na 5 dae was hy terug by die huis,’n model kind .

Casper ·

Hoeveel gevoellose skurke gebruik sosiale media platforms om booshede in kinders se koppe in te praat en hulle teen ouers op te steek en hoeveel raak by misdaad betrokke.

Mickey ·

kinders van vandag kort net ‘n goeie pakslae, vandat die wetgewing in gekom het van hulle mag nie pakslae kry dat vandag se jeug so hand uit ruk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.