Vermiste tiener se liggaam gevind

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die ontbinde liggaam van ʼn vermiste tiener is Woensdag in ʼn vlak graf in haar kêrel se agterplaas gevind.

Die 15-jarige Karabo Monyama is Sondag omstreeks 13:00 vir die laaste keer lewend gesien toe sy haar huis naby Makapanstad in Noordwes verlaat het. Volgens lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, sou Karabo saam met vriende sokker by ʼn nabygeleë veld gaan kyk het. Sy het egter nooit teruggekom nie en ʼn soektog in die nabye omgewing het niks opgelewer nie.

Die polisie se hulp is gevolglik ingeroep en dié het lede van die gemeenskap Woensdag gevra om op die uitkyk vir Karabo te wees.

Later dieselfde dag is haar liggaam in haar 23-jarige kêrel se agterplaas gevind. Dié is gevolglik in hegtenis geneem en aangekla van moord, sowel as meineed en dwarsboming van die gereg.

“Die verdagte sal Vrydag in die landdroshof in Moretele verskyn,” sê Funani.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ES ·

15 jaar oud met ‘n kereld wat 23 is??? Nee man… Hoe laat ouers dit toe? Die informele nedersettings is darem maar in ‘n ander kultuur gedompel as wat ons partykeer besef. Is dit onkunde of gee ouers net regtig nie om nie?

Bre ·

NO MERCY!!! Maak van hom n voorbeeld en laat hy lewenslank in die tronk sit.

Anna84 ·

15 jaar oud met ‘n 23 jarige kêrel??? Dit wat sy nog moes leer het hy al vergeet.

KhoiKhoi ·

15 jarige met ‘n 23 jarige “kêrel”!
Die ouers behoort ook aangekla te word.
Hulle is verantwoordelik vir haar tot sy 18 is.
Verder moet die vent aangekla word vir statutere verkragting.
Daar is geen manier dat daar nie ‘n senseless verhouding was nie

Perdeby ·

Gaan hy aangekla word omdat hy ‘n verhouding met ‘n minderjare ook gehad het??? Vra maar net!

Marcello ·

Wow!!! SA is besig om by die dag agteruit te gaan, niemand het meer respek vir iemand anders se lewe nie.

Sandra ·

Julle vergeet bietjie, dit gebeur oraloor, net net in die ‘ander kulture’ nie. Die lewe het verander. Ja, ek het groen koring op die land, maar o wee, sy weet wat reg en verkeerd is. Gelukkig is seuns nog nie in haar visier nie, alhoewel sy in hulle s’n is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.