Vermiste vrou se familie rasend bekommerd

Angelique Ripepi is vroeg Saterdagoggend laas gesien. Foto: Facebook

Die familie van ʼn vrou van Muizenberg in die Kaap wat Saterdagoggend laas gesien is, is uiters bekommerd oor haar veiligheid.

Angelique Ripepi (25) het ʼn vriend gevra om haar die oggend by die Table View Mall vir ʼn werkonderhoud af te laai. Hulle is omstreeks 07:30 by haar woonplek in die Suid-Skiereiland weg, vertel haar stiefpa, Anthony Matthee.

Beeldmateriaal van veiligheidskameras wys hoe die vriend, saam met wie sy grootgeword het, haar oplaai. Maar Matthee sê die polisie sien nie sy motor op enige beeldmateriaal van die sowat 35 km lange roete wat die vriend sê hulle Table View toe gevolg het nie.

Op beeldmateriaal wat by haar woonplek in Muizenberg opgeneem is, kan gesien word hoe sy in ’n vriend se kar klim. Foto: Verskaf

“Hy het die polisie gaan wys waar hy Angelique afgelaai het,” vertel Matthee, “maar die sentrum se veiligheidskamera het nie ʼn opname daarvan gemaak nie.”

Die vriend sou Woensdagoggend ʼn verklaring by die polisie aflê. “Hy is nog nie ʼn verdagte nie, maar die polisie wil hom weer ondervra [nadat hulle die beeldmateriaal bestudeer het],” sê Matthee.

Intussen word Angelique se ma, Dawn Matthee, oorval deur oproepe van familie en vriende wat haar moed inpraat, maar ook wil weet hoe die soektog vorder. Die hele familie is uiters bekommerd oor Angelique se welstand.

Die goeie vriend saam met wie sy glo Table View toe is, staan en wag buite sy motor voor hulle gery het. Hy word ondervra. Foto: Verskaf

“Al die oproepe en belangstelling veroorsaak spanning vir Angelique se ma,” vertel Matthee, “want sy moet aanmekaar dieselfde vrae beantwoord. Alles wat ons weet, deel ek op Facebook en sodra ons iets hoor, sal ek mense daar laat weet.”

Angelique is 1,5 m lank en weeg 62 kg. Sy het donkerbruin oë en lang swart hare. Foto: Facebook

Kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê Angelique het ʼn wit-en-blou bloes met ʼn blompatroon, ʼn rekbroek en bruin tekkies gedra tot sy laas gesien is.

Hy vra enigeen met inligting moet konst. Maphanga by 083 497 3858 bel. Sy is nog besig om die beeldmateriaal van veiligheidskameras by die winkelsentrum in Table View na te gaan, sê van Wyk.

So nie kan Matthee by 062 531 5143 gebel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dis erg! ·

Die 2 fotos lyk die vrou soos 2 verskillende mense. Ek hoop julle vind haar ongeeerd. Sterkte,

Eurika ·

O gaaats. Daai kleredrag met tekkies is nie vir n werkonderhoud nie. Dit maak klaar nie sin nie

A hamman ·

Ekt dieselfde gedink….maar aan die ander kant hang dit ook seker af vir watse onderhoud by watse plek?

WIEBO ·

Ja, klaar agterdog, bruin tekkies? Sy was beslis nie oppad na n wersonderhoud nie, so ek dink sy het duidelik ander planne gehad………………………….

Michael ·

Ai hoop nie dit is nog n sinnelose moord nie sterke aan haar famielie.

Santjie ·

Hoe seker is julle dit is tekkies? dis voor die hand liggend dat die vriend dan die waarheid verdraai as kameras nie sy motor op die roete wat hy se, hulle gery het, optel nie en ook nie by die winkel sentrum nie?

Mornay ·

Eurika
en as die onderhoud by die GYM was of weet jy vir wat se tiepe werk sy aan soek gedoen het.

Onnodig ·

Iemand weet seker by wie sy die onderhoud gehad het? Vra vir die plek of sy daar was? Hulle het waarskynlik ook kameras?

Nel ·

‘It is a capital mistake to theorize before one has data. Insensibly one begins to twist facts to suit theories, instead of theories to suit facts.’
-Sherlock Holmes

Louise ·

Is dit nie die Meisie wat in Mosselbaai in die seesloep gevind is nie?

Ann ·

Louise! Jy kan mos nie sulke wilde aantygings maak nie! Jinne, man, hoe sal jy voel as dit jou dogter was en iemand sê dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.