Vermiste vrou se liggaam in vlak graf gevind

Argieffoto

Die ontbinde liggaam van ʼn vermiste vrou van Witrivier in Mpumalanga is in ʼn vlak graf gevind.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die “gruvonds” is Maandagoggend in ʼn veld buite die dorp gemaak.

“ʼn Man wat vee in ʼn veld in die Kabokweni-omgewing laat wei het, het op die vrou se liggaam afgekom nadat hy bewus geraak het van ʼn onaangename reuk,” het Sedibe gesê. “Hy het gaan ondersoek instel en liggaamsdele gesien wat bo die grond uitsteek.”

Die polisie is ontbied en hulle kon op die toneel vasstel dit is die liggaam van ʼn vrou. Sy is later as Thembelihe Base geïdentifiseer wat sedert 10 Augustus vermis was.

“Die oorledene is die aand voordat sy verdwyn het, in die teenwoordigheid van ʼn 26-jarige man gesien. Die man is Maandag in verband met haar moord in hegtenis geneem,” het Sedibe gesê.

Die verdagte moet binnekort in die Kabokweni-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

So jammer ·

So jammer dat jy nei reg om te lewe kon hê nie, wat nog jammerder is, geen ANC, Eff of enige iets om vir jou onreg / wat vorm van mishandeling en moontlike verkragting voor jou dood / jou dood / jou reg op veiligheid……. en so kan ek aangaan – hulle is nerens te sien nie, hoe maak dit jou dood minder erg as enige iemand anders sin, net sekere moorde en mense is belangrik genoeg om beskerming / aandag / kampvegters voor te kry. Ek hoop die bree stem publiek sien die onreg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.