Vermoorde boer ‘het nog oor vrou getreur’

Die vermoorde Hedley James Brown en sy oorlede vrou, Judy, het planne gehad om in Langebaan te gaan aftree. (Verskaf)

Hedley James Brown (70) het nog oor die afsterwe van sy vrou, Judy (64), getreur toe hy die afgelope naweek op sy plaas in die Leeurivier-omgewing buite Howick in KwaZulu-Natal vermoor is.

Brown, wie se liggaam Maandagoggend in die tuin buite sy huis aangetref is, is vermoedelik al Vrydagaand vermoor. Maroela Media het vroeër berig dat hy twee keer met ʼn skerp voorwerp in die rug gesteek is. Hy was ook vasgebind en het beserings aan sy gesig gehad.

Brown het ten tyde van dood alleen op sy plaas, waar hy hoofsaaklik met beeste geboer het, gewoon.

Denis Bellingan (70), Brown se swaer, sê die Brown-egpaar het beplan om na Langebaan in die Wes-Kaap te verhuis, maar dat hy besluit het om op die plaas aan te bly toe Judy vier maande gelede aan kanker oorlede is. Sy en Brown het ook albei Covid-19 ten tyde van haar dood gehad.

Die vermoorde Hedley James Brown en sy oorlede vrou, Judy, het planne gehad om in Langebaan te gaan aftree. (Foto: Verskaf)

“Hulle was baie gelukkig saam. Hulle was jare lank getroud en sou die plaas verkoop om Kaap toe te trek. Sy stiefseun (Judy se seun) sou na Judy se dood moontlik van Engeland na Suid-Afrika terugkeer om saam met Hedley te boer. Hedley het ook ʼn dogter wat in Engeland woon.”

Bellingan vertel dat hy Brown sowat vier weke gelede gesien het en dat hulle oor die menige sterftes in hul families die afgelope jaar gesels het. Hulle sou nooit kon dink dat Brown volgende sou sterf nie.

“Ek was baie geskok toe ek die nuus van sy moord hoor.

“Hy was ʼn goeie, vrygewige mens wat ander altyd gehelp het. Hy was ʼn regte familiemens.”

Volgens Bellingan het Brown langer as 20 jaar op sy plaas gewoon. Reëlings vir sy begrafnis is nog nie afgehandel nie.

Die polisie se moord-en‑ roofondersoek duur intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Willem ·

Die oer ou storie van “ondersoek duur voort” om nooit afgehandel te word nie. Maar o weë, moet net daardie “verbode” woord gebruik nie, dan word die ondersoek sommer binne ‘n dag afgehandel.

Di ·

Nog ‘n familie se lewens verwoes deur kriminele wat die land oorgeneem het. Die korrupte ANC regering moet verantwoordelik gehou word vir AL hierdie plaasmoorde! Hulle is te besig met korrupsie en onbenulligehede instede daarvan om beskerming vir hierdie landelike gebiede in plekte stel. Kriminele kom weg met moord en HOED is te besig om hom te bemoei met COVID regulasies. Raak onstlae van hierdie useless, korrupte, onbevoegde spul skelms.

Andre ·

Net nog ‘n vermoorde op die lys van statistieke en so sal dit aangaan. Kan niemand’n plan uitdink om moorde in SA aan die groot klok te hang nie en regerings oor die wêreld daarmee te konfronteer soos wat met apartheid gedoen is nie

Renier johannes ·

Word net toe gesmeer hulle kan ons uot roei en niks kom daar van nie

Toy ·

Dit is onmenslik wreed wat gebeur met mense wat niemand gepla het en net in vrede wou lewe.

Francois ·

“Hy was ‘n goeie, vrygewige mens wat ander altyd gehelp het”. Ek lees die tipe beskrywing van die slagoffers by meeste berigte van moord, slagting en gruweldade. My gevoel is dat ons moet ophou om goeie, vrygewige mense te wees – ons dink ons kom ons “plig” na teenoor behoeftiges, maar in hulle oë maak dit van jou ‘n teiken,’ n “softy” en die volgende slagoffer want later sien hulle jou hulp as jou plig teenoor “hulle”. Die gesigloses verstaan nie daardie taal nie. Soos wat jy vir jouself sorg deur harde werk, kan “hulle” vir “hulle self” sorg, jou aalmoes gaan verseker nie hulle lewens verbeter nie.

Frank John ·

Wat ook al in duister gedoen word sal aan die lig kom. Aan God kom die wraak toe. Nie een haar van ons sal op die grond val waarvan God nie weet nie.
Staan verstom al jul werkers van die duister, God se wraak sal jul tref. Net wat jul saai sal jul maai.
God sal Sy strafgereg op jul bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.