Vermoorde tiener dae lank afwesig; skool swyg

Panyaza Lesufi spreek Maandag die media toe. (Foto: Verskaf)

“’n Kind is drie dae lank nie in die klas nie en die skool is nie daarvan bewus nie.”

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, het Maandag aan joernaliste gesê hy moes die Graceland Education Centre in Elsburg naby Germiston daarvan inlig dat Laticia Princes Jansen, ’n graad 9-leerling aan dié skool, vermoor is.

“Die skool het nie eers geweet nie. Die mense wat veronderstel is om aan my verslag te doen, moet ek nou aan verslag doen. Dit beteken dat iemand nie hul werk doen nie.”

Volgens Lesufi was Laticia (15) verlede week nie Woensdag, Donderdag óf Vrydag by die skool nie. Tog het die skool nie haar familie daaroor ingelig of hulle later bygestaan toe haar ouma na haar begin soek het nie.

Die LUR het vroeër vandag (Maandag) die Jansen-familie by hul huis in Germiston, asook die skool besoek.

“Die departement gaan optree. Ek kan jou nou sê daardie bus gaan nie moreoggend my kinders hiernatoe (na die skool) bring nie. Ons kan nie hierdie tipe optrede goedkeur nie,” sê die LUR.

Hy het verwys na die skoolbus wat ’n groep leerders Woensdag agtergelaat het toe die bus vroeër as gewoonlik vertrek het. Laticia het toe saam met van dié leerders huis toe gestap. Hulle het haar egter agtergelos toe sy kla oor haar swaar skooltas en verstellings aan die tas wou maak.

Maroela Media het vroeër berig Laticia se ouma het die middag dadelik na haar begin soek toe sy nie van die skool af terugkeer huis toe nie. Haar ouma was dadelik paniekerig en het in die buurt na haar begin soek, maar alles was tevergeefs. Die ouma kon die aand nie slaap nie en is die volgende oggend, Donderdagoggend, dadelik polisiestasie toe. Polisiebeamptes het haar versoek om ʼn foto te bring, maar geen verdere stappe is daarna gedoen nie.

Die ouma het toe skool toe gegaan om Laticia as vermis aan te meld, en die skool het bevestig dat Laticia nie die Woensdag by die skool opgedaag het nie. Die skool het nie die ouers in kennis gestel dat sy nie by die skool was nie.

Die ouma het die Vrydag lede van die gemeenskap, saam met honde, gemobiliseer en in nabygeleë bosse na haar begin soek.

Laticia se liggaam is uiteindelik opgespoor. Sy is verkrag, het meswonde opgedoen en haar liggaam is aan die brand gesteek.

“Wat my nog verder seermaak is dat Laticia volgens die gemeenskap nie die eerste kind is wat vermoor is nie,” sê die LUR.

Volgens Lesufi is daar ’n stuk oop veld met lang gras in die omgewing wat ’n groot bekommernis vir gemeenskapslede bly. Dié lappie grond behoort aan die departement van vervoer.

Die LUR onderneem nou om saam met Fikile Mbalula, minister van vervoer, ’n plan te maak met die veld.

Lesufi sal Dinsdagmiddag weer met gemeenskapslede vergader. “Die gemeenskap moet vir ons sê wie het dit gedoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Alida ·

Hy weet 90% van die tyd nie wat in die skole aangaan nie. Onbevoegde aanstellings.

M ·

Miskien moet jy die skole oor die vingers tik, en ophou worry om suksesvolle skole te verwoes.

Malva ·

So jammer… almal gelyk sommige net meer gelyk… jammer gogo

Mossie ·

Ag Lesufi jy is lagwekkend!
Don’t fear when detective Lesufi is near!!

SjN ·

Lesufi, vroeër jare, toe daar wet en orde was sou dit nie kon gebeur want die stuk veld sou skoon en gesny gewees het en nie wegkruip plek vir kriminele gewees het nie.

Meraai ·

Ja en die onderwysers kan ook gerus n teenwoordigheids register teken. Helfte van hulle ook meeste van die tyd sfwesig

colleen ·

Wanneer my kind nie by die skool is nie, ontvang ek ‘n sms wat bevestig sy was nie in die register klas die oggend nie en word as afwesig aangeteken.

Boeboe ·

Die man dien sy werk. Hy is minister nie kinder oppasser nie. Dis reg dat hy skole takel oor hoofde en onderwysers nie verantwoordelikheid wil aanvaar oor kinders nie! Dit het onder sy aandag gekom en hy tree op! Ten minste doen hy iets!

Kobus ·

Ag Boeboe, at doen hy? Help niks nadat skade gedoen is nie. Politiek is belangriker. Hoeveel Staatsskole sonder basiese geriewe of voldoende klaskamers en swak onderhoud.
Waar is die kinders wat saam met hasr was hulle moes mos gepraat het.

Mari ·

Onderwysers teken ‘n teenwoordigheidsregister, Meraai.
Het alle skole die fasiliteite om SMS’e te stuur as ‘n leerder afwesig is? Sommige ouers kry nuwe nommers en dateer dit nie op by die skool nie. Vra my, ek het al ouers probeer bel, dan bestaan die nommer nie!
Onnies is vandag uitgelewer.

Carina ·

Ek dink elke ouer in hierdie bose land huil vanaand. Almal soek fout by die skool en waar ookal . Maar hoekom is monsters soos hierdie op vrye voet. Geen kind is veilig in Suid Afrika nie. En die regering wat die misdaad moet beheer? My innige simpatie aan hierdie familie. Arme ou mensie .

Vonkprop ·

Ag ou Lesufi. Hou op speurder speel en bou skole. Jy is meer verwoestend as ‘n orkaan.

Nicola ·

The bus driver that was too early must also be held accountable. He’s also to blame for this horrible crime against a young life that was cut so short due to negligence of the people that should be looking after the children. My sympathy goes out to her loved one’s

@Nicola ·

I think it is unfair to blame the bus driver. The blame should be laid squarely on the murderer and our pathetic goverment who are not doing anything constructive about the violence against the citizens of South Africa. Instead they fuel the hate and set no example themselves.

Me ·

Hoop hy kan iets doen oor boelies in skole. Somtyds kla kinders by onderwysers dan sê hulle vir ki nd gaan sit

Gaitsigubib ·

Ek dog dis die ouer/voog se plig om die skool te verwittig wat die storie met die kind is. Het die ouma die skool gaan sien toe sy na die kind begin soek?

Theo ·

Lesufi, hoeveel miljoen is weg wat onder jou TOESIG gebeur het?

Maak gerus jou kantoor en party skoon, dan sal die res volg…

Leon ·

Klasse van tot 150 kinders. Hoe weet jy wie is nie in die klas nie? Presensie roep vat te lank. Hulle begin sommer dadelik met die klas.

Milwa ·

Hoekom moet ons altyd die onskuldiges uitmekaar skeur. Rig julle woede en woorde eerder na die verkragter en moordenaar wat nog op vrye voet is

Rm ·

Mr oningeligte Lesufi, as die skole elke dag al die kinders se ouers moet soek wat nie by die skool is nie, sal julle ten minste 20 personeellede moet aanstel net om elke dag te sit en bel, die ouers moet die blaam dra, want hulle kyk nie dat kinders skool toe gaan nie, daar is geen disipline onder jeug nie, dis ouers se plig om dissipline te leer, nie skool se plig, soos met alles in land pluk die ANC nou die vrugte van geen dissiplie by skole,

Deurmekaar ·

Ek is dalk nou net blond maar die ouma het dieselfde middag toe die kind nie by die huis opdaag na haar begin soek, die polisie in kennis gestel en die volgende oggend die skool? Dus het die skool mos geweet. Dit klink eerder of die polisie niks aan die saak gedoen het? Ek verstaan regtig nie het hulle verwag die skool moet sluit en help soek? Natuurlik moes iemand hulle in kennis stel dat die kind oorlede is. Hoe ookal soek eerder die moordenaar.

Dries Moolman ·

Dis algemeen om bedags kinders in skool uniforms in die strate te sien drentel. En met oorvol klasse en ‘n tekort aan skole is dit sekerlik onmoontlik om te weet waar almal is. Bou eerder nog skole, sodat kinders nie met busse hoef aangery te word nie.

In Gelid ·

Straf die SAPD wat nie dadelik begin soek het nie en die dreklike verkragter. Gee hom of hulle aan die gemeenskap om te straf. Lesufi vang soos gewoonlik, alweer swaardvis in die Koos.

Anoniem ·

Ouma is paniekerig toe kind nie by huis opdaag nie maar gaan eers die VOLGENDE dag polisie toe. Nou is dit die skool se skuld.

P ·

Hoe is dit die skoolhoof se probleem. Slaan my om met n slap vis. Nou het ek als gehoor. Ouers loop saam met jou kind skool toe en gaan gaan hulle na skool weer.

Ja nee ·

Die opskrif sê tiener dae lank vermis en die skool swyg. As ek die berig weer lees was dit slegs een dag lank. Ek wil graag weet of die skool nou regtig elke ouer elke dag moet bel vir elke kind wat nie opdaag, moet asb. nie vir my sê al die kinders het ‘n 100% bywonings persentasie nie. En het die ouma ‘n telefoon nr waarheen die skool kon bel? Die berig sê sy het skool toe geGAAN om die kind as vermis aan te meld. So moes die skool nou iemand na die ouma se huis STUUR om haar te laat weet die kind het nie Woensdag opgedaag??!! Die is niks anders as sensasie en ‘n heksejag op die skool.

Alida ·

Wat Lesufi nie verstaan nie is dat daar tot 50 kinders in n klas geprop word wat moeilik is om te beheer. As die Chinese n hospitaal in 6 dae kan bou hoekom kan ons nie elke 6 dae n skool bou nie? Hier is miljoene werksoekers.

A Mac ·

Dis tragies wat hier gebeur het. Maar hoekom net die skool verantwoordelikk hou vir wat gebeur. Wat van die polisie waar die voorval aangemeld is? En wat ek verstaan het die kind na skool weggeraak. Die skool kan regtig nie verantwoordelik gehou word vir elke kind wat na skool deur die skoolhekke huistoe gaan nie. Kinders moet geleer word om in pakke te loop en nie maats agter te laat nie.

Gert R@Midstream ·

Die toenemende leerder getalle vereis gedissiplineerde bestuurskundigheid en administrasie. Die onderwys omgewing is beslis nie ‘n vlagskip vir SA nie. Ek moet my weerhou om nie negatiewe of afbrekende kommentaar te lewer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.