Verskaffer sal beboet word oor duur maskers

Argieffoto (Foto; Alexas_Fotos/Pixabay)

Die Mededingingskommissie van Suid-Afrika het Woensdag ʼn Johannesburgse vervaardiger en verspreider van mediese produkte na die Mededingingstribunaal verwys weens verhoogde pryse tydens die afsonderingsperiode.

Siyabulela Makunga, woordvoerder van die kommissie, het in ʼn verklaring gesê die kommissie het tydens ʼn ondersoek bevind LevTrade International het buitensporige pryse gehef op noodsaaklike goedere tot nadeel van klante en verbruikers.

“Die kommissie het tydens ʼn ondersoek bevind dat LevTrade, voor die nasionale ramptoestand deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is, maskers teen baie goedkoper pryse verkoop het. ʼn Boks van 20 maskers het op 14 Februarie 2020 R139-00 (BTW uitgesluit) gekos en op 26 Februarie 2020 het dit R170-00 (BTW uitgesluit) gekos. Dit is ʼn verhoging van 22%. Die prys is op 5 Maart 2020 verder verhoog tot R310-00 (BTW uitgesluit) – ʼn verhoging van 82%.”

Dieselfde boks maskers het op 23 Maart R670-00 (BTW uitgesluit) gekos – ʼn verhoging van 116%. Hierdie verhoging verteenwoordig ʼn 76% verhoging in bruto prysopslag op 14 Februarie 2020 tot 748% op 23 Maart 2020.

“Ons posisie oor verhogings is deurlopend om maatskappye te ontmoedig om hulself aan uitbuiting skuldig te maak wat betref noodsaaklike goedere tydens die pandemie. Die kommissie sal geen steen onaangeroer laat om seker te maak dat maatskappye, wat hulself hieraan skuldig maak, vervolg word nie,” het Tembinkosi Bonakele, mededingingskommissaris, bygevoeg.

Die kommissie het die tribunaal versoek om LevTrade die maksimum boete op te lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Die Wolf ·

Boete asb! Sluit die besigheid.Die kamtige boetes is maar net weer n ander manier om geld vir die bankrot regering in te samel.

marius ·

Die prys van wegdoenbare mediese hanskoene(nitrile) het vanR79 tot R139 per pak van 100 gestyg by n bekende apteekgroep.Gebruik toestande om verbruiker te beroof

KAIROS ·

Die boetes word net weer in die kadavers se sakke gedruk. Hulle moet die geld terugbetaal aan die die kliente of die maatskappy se deure sluit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.