‘Verskeie verskaffers’ sal kosprobleem by hospitale oplos

Argieffoto (Foto: Bret Kavanaugh/Unsplash)

Die Gautengse departement van gesondheid (GDoH) se proses om ʼn multi-leweransierbenadering in te stel in reaksie op die onlangse voedselbeperkings by verskeie gesondheidsfasiliteite, is in ʼn gevorderde stadium.

“Die departement het die vorige gebruik, waar ʼn enkele verskaffer ʼn wye verskeidenheid items lewer, hersien,” sê Motalatale Modiba, woordvoerder van die departement. “Dit was klaarblyklik die belangrikste bydraende faktor tot onvoldoende voedselverskaffing aan hospitale.”

Hy sê die proses, om veelvuldige verskaffers aan te stel, is in die finale stadium en sal verseker dat die versorging van pasiënte nie benadeel word deur diensverskaffers wat nie oor die nodige kapasiteit beskik om aan die behoeftes van fasiliteite te voldoen nie.

Sedert die begin van die jaar het sommige gesondheidsfasiliteite te kampe gehad met voedselvoorsieningsuitdagings, insluitende items soos melkprodukte, rooivleis, vis, brood en groente.

“Ten spyte van hierdie voorsieningsuitdagings wil die departement families van pasiënte en die publiek gerusstel dat, in gevalle waar ʼn spesifieke voedselitem nie beskikbaar was nie, ander reëlings getref is om ʼn volgehoue dieet vir pasiënte te verseker. Items soos kluitjies, kapokaartappels en brood is byvoorbeeld in die plek van rys, pap en gemaalde rys bedien, terwyl hoender vervang is met sardiens, macaroni-en-kaas en bone.”

Sedert die departement met die hersieningsproses begin het, het verskeie diensverskaffers vrywillig hul kontrakte beëindig as gevolg van kapasiteitsbeperkinge.

“Dit het die departement genoodsaak om instellings, as ʼn tussentydse maatreël, toe te laat om voedselitems deur middel van RFQ (versoek om kwotasie) te bekom om volgehoue voedselvoorsiening vir pasiënte te verseker. Verskeie hospitale het ook probleme ondervind om verskaffers betyds te betaal. Die grootste probleem bly egter die beperkte kapasiteit van gekontrakteerde diensverskaffers wat nie in staat is om te voldoen aan die eise van die fasiliteite in terme van die bestellings wat geplaas word nie.”

Terwyl die finale aanstelling van verskeie diensverskaffers aan die gang is, monitor die departement die situasie noukeurig om te verseker dat die versorging van pasiënte op geen manier geraak word gedurende hierdie oorgangsfasie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Miskruier ·

Dan wil hul die NHI inbring??hul kan nie eens verhoed dat mense van die honger sterf nie.

Cecilia ·

Hullen wil nou Miljlarde spandeer om grensposte te verbeter.. plaas hulle ons staats hospitaal regrik.

MENSE WAAR GAAN ALLES EENDAG EINDIG DIS SAD!!!!!!!!!!!!!!!! Ek sal eerder in die apartheid era wil wees as om te sien hoe die Government alles vernietig.
GEEN DIE LAND TERUG VIR DIE MENSE WAT TOT EN MET 1994 NA ALLES OMGESIEN HET EN ONS LAND NOG LEEFBAAR WAS ASB….

Regtigegtig ·

In ander Afrika lande wanneer jy hospitaal toe gaan moet jy jou eie kos, beddegoed saam neem en ook n vriend of familie lid wat heeltyd by jou is om jou te versorg. Ons is maar net reeds daarna toe oppad. Jy moet reeds jou eie kombers vat en jou eie kos, want jy kry nie altyd kos nie en as hulle dit toelaat is dit ook maar die beste om vriend of familie lid voltyds saam jou te he om jou te versorg want daar is min personeel wat kan of wil help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.