Verslapping van regulasies moet verkryging by Eskom versnel

Die Kusile-kragsentrale. (Foto: Wikus de Wet/AFP)

Eskom het die verslapping van regulasies en kwytskelding van sommige bepalings van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies (PFMA) verwelkom.

Die kragvoorsiener sê die wysigings laat Eskom toe om kontrakafwykings sonder die toestemming van die nasionale tesourie goed te keur en om regstreeks met die oorspronklike toerustingvervaardigers te onderhandel wat sommige van die belangrikste toerusting en dienste lewer wat vir opwekking nodig is.

“Ons sien dit as deel van die geïntegreerde pogings van die departement van openbare ondernemings, die nasionale tesourie en Eskom – en dat die tesourie se besluit dui op groeiende vertroue om Eskom beheer terug te gee oor die mees kritieke en dringendste van sy verkryging,” sê Jainthree Sankar, hoofverkrygingsbeampte by Eskom.

“Dit gaan ook ʼn positiewe uitwerking hê op ons vermoë om verkrygingskwessies op grondvlak te pak om besluite wat bedrywighede raak, vinniger te kan neem.”

Die wysigings – wat in April in werking getree het – gee Eskom groter buigsaamheid oor uitbreidings, afwykings en die hantering van dringende kwessies tydens verkryging.

Eskom sê die bedoeling van die verslapping van die regulasies is die vinnige en veerkragtige inwerkingstelling van verkrygingsprosesse wat ook in berekening hou die sleutelbeginsels van die wet, terwyl billikheid in die verkrygingsproses steeds gehandhaaf word.

Die kragvoorsiener handhaaf ook steeds die beginsels in die Grondwet wat ʼn mededingende bodproses vir die gewone manier van verkryging vereis en sê dat die afwyking van bepalings as die uitsondering eerder as die reël beskou word.

Eskom sê die plan steun Eskom se pogings om sy kragsentrales en bedryfseenhede vinniger en doeltreffender te laat werk deur op ʼn bedryfsvlak die toerusting wat hy benodig, te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pietertjie ·

Hierdie berig laat my sommer helder oordag ‘n paar nagmerries kry. Kom ons kyk hoe skiet eskom se skuld nog verder die hoogte in…

Chris dupreez ·

Goeie vertroue in Eskom omdat André de Ruiter aan die stuur is.

jou gewete ·

maar res is nog daar en hy kan nie oral kyk so hier gaan ons al weer

Philip ·

Andre de Ruiter en Jan Oberholzer sal nou kan bewys waarom hulle so gekies is om aan die stuur van sake te wees die een n briljante tegniese man en die ander een n oopkop bestuurder .Hou gerus die verbeteringe en herstel van die netwerk dop.

Manie ·

Solank verslapte regulasies nie versnelde korrupsie beteken nie.

Samuel ·

By Eskom gebeur niks vinnig nie en niks is veerkragtig nie. Moet nie asem ophou dat iets binnekort, dit is nou in die volgende 10 jaar, gaan gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.