ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn verstandelik gestremde vrou in Ficksburg in die Vrystaat seksueel wou aanrand.
“Die 28-jarige vrou se ma het haar Saterdag omstreeks 07:30 winkel toe gestuur om te gaan suiker koop,” het kapt. Phumelelo Dhlamini, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. “Op pad het ʼn 20-jarige man haar genader en haar in ʼn veld in gedwing en haar klere uitgetrek.”
Sy kon haarself suksesvol teen haar aanvaller verdedig en het met haar naels oor sy gesig gekrap. Sy het ook om hulp geroep.
Haar ma het intussen begin ondersoek instel waarom haar dogter so lank wegbly en het op haar afgekom. Die man het van die toneel gevlug, maar die polisie het hom dieselfde dag nog in hegtenis geneem.
Hy het reeds in die Ficksburg-landdroshof verskyn en is borgtog geweier. Hy moet weer op 29 September in die hof verskyn.
Laat die monster SIT! Vir baie lank. Hierdie val in dieselfde kategorie as kindermolestering. Die arme vrou is maar eintlik soos ‘n kind (verstandelik gesproke) en ek hoop nie die die “system fails her” soos so baie gebeur nie!