Vertrouelinge van Mkhize by tenderbedrog betrek

Dr. Zweli Mkhize. (Foto: Elmond Jiyane)

Die DA gaan ’n skrywe aan pres. Cyril Ramaphosa rig met die versoek dat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ondersoek instel na bewerings dat twee vertrouelinge van dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, by tenderbedrog betrek word.

Die Daily Maverick het Dinsdag berig Mkhize se jarelange persoonlike woordvoerder en sy voormalige privaat sekretaris het na bewering voordeel getrek as konsultante van ’n kontrakteur wat deur die departement van gesondheid aangestel is.

Die maatskappy Digital Vibes is glo in die bestek van nege maande meer as R82 miljoen betaal om Covid-19-dienste aan die departement te lewer.

Luidens die berig het die departement die maatskappy reeds einde 2019 aangestel om kommunikasiedienste vir die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te lewer. Die omvang van die maatskappy se werk is in Maart verlede jaar uitgebrei om Covid-19-kommunikasiedienste in te sluit.

Dieselfde maatskappy het ook in 2018 ’n kontrak van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake gekry toe Mkhize destyds dié departement gelei het.

Tahera Mather, Mkhize se jarelange persoonlike woordvoerder. (Foto: Linkedin)

In albei gevalle het Tahera Mather, Mkhize se jarelange persoonlike woordvoerder en vermoedelik ʼn familievriend, konsultasiewerk vir Digital Vibes gedoen nadat dit die regeringstenders bekom het.

Die departement van gesondheid ontken dat daar ’n botsing van belange was, maar sê hy stel ondersoek in, lui die berig.

Die DA sê nou dié ondersoek moet onafhanklik van enige moontlike interne invloed gedoen word.

Siviwe Gwarube, DA-LP en woordvoerder oor gesondheid, het Woensdag in reaksie op die berig gesê korrupsie tydens die Covid-19-pandemie het krisisvlakke bereik. “Ons het gesien hoe politici hul invloed en bande met sekere individue gebruik om kontrakte onbehoorlik toe te ken, openbare geld te herlei en nie verantwoordelik gehou word nie.”

Gwarube sê dit is daarom belangrik dat die president vinnig optree en toesien dat die feite aangaande die betrokke beweerde onbehoorlike kontrak blootgelê word en die skuldiges verantwoordbaar gehou word.

“Minister Mkhize lei die land se reaksie op die Covid-19-pandemie. Daar kan nie ’n donker wolk oor sy kop hang oor die moontlike misbruik van staatsbronne nie,” meen Gwarube.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sonia ·

hoekom is ek nie verbaas nie? die stelery gaan nooit einde kry nie – Ramaphosa moet nou sy geld sit waar sy groot bek is

Misky ·

Watse covid-19-dienste kan n maatskappy bied? Is dit raad of hoe om somme te maak rondom statistieke of wat dan nou? Dis nie PPE of ontsmet nie en sê duidelik dienste. So wat doen jy om 82 miljoen te verdien en wie keur dit goed?

Pieter ·

En so hou dit maar net aan en aan. En so bly die belasting betaler maar net betaal en betaal. Ons wil nie standpunt in neem nie so dan moet ons op hou kla.

Dries ·

Bewys my EEN wat nie by korrupsie betrokke is nie, en ek probeer om my vrot tekkies in my mond te druk om te eet.

Charles ·

Die wiele kom nou met ń spoed af, die probleem is ons is saam in die kar, al is dit in die kattebak..

My siening ·

En so word ons belasting maar weer eens deur die hoë kaders misbruik tot voordeel van alle ANC kaders president tot BEE eienaars!

Baardman ·

Mmmmm departement van samewerkende regering ook genoem, ou mies Zuma dan mos ook betrokke

Dries ·

Ek was in n geselskap waar 50 % van die geselskap vertel het dat daar nog goeie ministers is wat niks met korrupsie te doen het nie. Hulle het Mkhizi besing. Een van die geselskap het gesê kom ons gaan n weddensksp aan dat Mkhizi se skandes gaan binnekort uitkom. Daar is dit nou

Janine ·

Lyk asof ALMAL iewers vingers in die pasty het! Sies man! Wat ‘n skande!

Genis ·

Die ANC kaders het die pandemie gebruik om hulself verder te verryk, en om wit besighede by te kom… Sis on you and your Corrupt ANC cadres!

Keith ·

Lekker lekker. Nou vind ons uit dat n’ woordvoerder en “vermoedelik” familievriend, van Mkhize, ook nou waarskynlik deel van die nagereg geniet. I wonder when all these new “discoveries” are going to come to an end. What next ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.