Video: Dan Roodt wil VSA TV-program vir miljoene dagvaar

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Dr. Dan Roodt, direkteur van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag), het gesê hy is van voorneme om regsaksie te neem teen The Daily Show with Jon Steward oor ʼn insetsel wat op dié satiriese Amerikaanse TV-program uitgesaai is.

Die insetsel is in 2010 in Suid-Afrika opgeneem en gee ʼn satiriese blik op rassisme en rasseverhoudinge. Dit doen die afgelope week weer die ronde op sosiale media. Roodt het Donderdag aan Maroela Media gesê die insetsel is op oneerlike wyse deur The Daily Show with Jon Steward geredigeer en dat dit gedoen is om hom en ook Afrikaners en witmense belaglik te maak en te verkleineer. “Ek kan alles wat ek gesê het, met bewyse staaf. Dit kom alles uit navorsing. As dit rassisties is, dan is die hele wêreld rassisties.”

Roodt meen sommige sosialemediagebruikers voer ʼn heksejag teen hom nadat hy Steve Hofmeyr verdedig het oor sy onlangse omstrede Twitter-uitsprake. “Weens al die probleme in die land soos Eskom en misdaad is hulle onseker oor hulle magsposisie. Dit is ʼn onhoubare stelsel wat erg rassisties is teenoor Afrikaners en blankes. Om mense aan te val, word as die beste geweer gebruik.”

Roodt sê hy gaan ʼn skrywe aan The Daily Show rig waarna hy met regsaksie sal voortgaan. Volgens hom gaan hy tussen R100 miljoen en R1 miljard eis, aangesien die insetsel wêreldwyd versprei is en nou weer versprei word.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Roodt intussen skerp gekritiseer oor die “rassistiese uitsprake wat hy oor swartmense gemaak het tydens die program”. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit jammer dat ʼn klein groepie randfigure se optrede telkens misbruik kan word om Afrikaners in ʼn slegte lig te probeer stel. “AfriForum kan nie stilsit en toekyk hoe Afrikaners se billike aansprake bespotlik gemaak word weens die rassistiese uitsprake van randfigure soos Roodt nie,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat AfriForum glo in die bevordering van wedersydse erkenning en respek tussen Suid-Afrika se onderskeie gemeenskappe. “Net soos wat AfriForum nie huiwer om standpunt in te neem teen die rassisme wat swartmense soos Julius Malema teenoor wittes uiter nie, spreek AfriForum hom ook sterk uit teen wit randfigure se rassisme,” het Kriel bygevoeg.

Volgens Kriel is dit belangrik dat die wêreld weet dat die oorgrote meerderheid Afrikaners nie rassistiese bullebakke is nie, maar ʼn groep met billike aansprake vir ʼn beter toekoms, gegrond op internasionaal erkende regte. “Die feit dat Dan Roodt se uitsprake met soveel effektiwiteit die slegste moontlike stereotipe van Afrikaners probeer bevestig, laat ʼn mens amper wonder of Roodt doelbewus daarop uit is om Afrikaners in ʼn slegte lig te stel,” het Kriel gesê.

[wpvideo wq4Kr3v3]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
boer

En toe is die ou seker weer op die eerste vlug huis toe?
Laat hom vir net 6 maande hier kom bly, en dan doen ons n inteview met hom en hoor dan sy storie

Ek werk elke dag met buitlenaders, en ek kan jou nou se vandat hulle hier begin werk het,
is nie een meer so positief oor Suid Afrika, en sy nuwe regering nie

Dan

Dan Roodt het ‘n liederlike fout begaan deur homself/Praag by Hofmeyr te skaar. Nie hy, en nog minder Hofmeyr, kan namens die Afrikaner praat nie. Hofmeyr se aanhang deur ‘n spul “kommin” Afrikaners wat gaande is oor sy kamstige “musiek”, gaan vir Praag op kort duur dalk voordelig wees, maar kyk maar wat gaan gebeur op die lang duur. Die behoudende, Christen Afrikaner het hom met hierdie fout van Roodt finaal van Dan Roodt en sy organisasie gedistansieër. Roodt kan maar dagvaar en tekere gaan; die skade wat hyself veroorsaak het is baie groter as al die geld wat hy… Lees meer »

Takkie Takooza

Ai-ai ou Dan Roodt, vir ‘n “slim” ou is jy maar taamlik vir ‘n toffie gevat hier. ‘n Blinde ou sou met ‘n stok kon voel; “he is having you on”.

pop

Besluit waar julle wil staan. Steve en Dan is nie gatkruipers wat kamptig ten gunste is oor die gemors wat hier aangaan nie. Stry soos julle wil. Rassisme is alive and well. En dit geld alle rasse

Ben

Regtig teleurstellend dat Maroela en Kallie nou nes Beeld begin om mede Afrikaners af te breek. Wat het geword van eendrag maak mag..