Video: Dogtertjie wonderbaarlik ná fratsongeluk gered

Skermgreep uit die video

ʼn Laerskoolmeisie is Donderdag wonderbaarlik uit ʼn voertuig gered ná ʼn vragmotor se vrag tydens ʼn fratsongeluk op haar pa se motor beland het.

Drakenstein Farm Watch het in ʼn verklaring gesê ʼn konstruksievoertuig, wat minstens 20 ton weeg, het net voor 14:30 tydens padwerke sy vrag verloor en op ʼn verbygaande voertuig beland.

Die voorval het op die Paarl R301 in die rigting van Franschhoek, oorkant Boschenmeer-landgoed, plaasgevind.

Die passasierskant van die voertuig is getref en die laerskoolmeisie was in die voertuig vasgekeer. Haar pa kon wonderbaarlik uit die voertuig klim met ligte kopbeserings en skrape. Hy was baie bekommerd oor sy dogter en het haar nie vir ʼn oomblik alleen gelos nie.

Drakenstein Farm Watch se nooddiensvrywilligers het na die toneel gehaas om bevelvoerder R. Borbon Lefty en vrywilliger Ricardo Cant by te staan. Hulle was die eerste nooddienspersoneel op die toneel.

Die reddingsoperasie het meer as twee ure lank geduur deur verskeie reddingspanne van verskillende organisasies. “Almal het goed saamgewerk en hul bes gedoen om die meisie te red,” het DFW bygevoeg.

Die vragmotor is uiteindelik versigtig opgelig en die voertuig is met meganiese toerusting oopgesny om die meisie te bevry.

Sy is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem. Die polisie sal die fratsongeluk ondersoek.

“Ons hoop die dapper jong meisie sal ten volle herstel van dié verskriklike en traumatiese voorval. Baie dankie aan almal wat aan die suksesvolle redding deelgeneem het.”

DFW het spesiaal ook dankie gesê aan Drakenstein se munisipale brandweer, EMS Rescue, EMS Metro, EMS-ambulansdiens, ER24, Drakenstein-verkeersdienste, Paarl-polisiestasie en die span van Mediclinic.

An Angel must have been watching.Truck accident crushing passenger vehicle with young girl on the passenger side, to be seen from a security camera.The girl got saved by multiple first response and rescue services including the Private DFW Fire and Rescue from Paarl, after a more than 2 hrs lasting recovery ordeal.The driver of the passenger vehicle, the childs father, got away with minor injuries, and bravely but shaken, became part of the rescue operation.Many people prayed for a miracle to happen and yes, the young girl escaped alive although with injuries.She is in hospital receiving the best care possible.The DFW Fire and rescue crews who assisted as first responders, feel all very relieved about the positive outcome, as it could have been so much worse.DFW Fire and Rescue emergency nr 0860666 662 Daan van Leeuwen BoomkampGeneral commander 0847528120Drakensteinfw@gmail.com The video footage might shock sensitive viewers.

Posted by Drakenstein Farm Watch on Friday, May 12, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.