Engelse dogtertjie hou vol sy is Afrikaans in skreeusnaakse video

Indya Dennyschene hou vol dat sy Afrikaans is. (Foto: Skermgreep uit die Facebook-video)

Volgens Leigh Dennyschene kan niemand in haar Engelse huishouding Afrikaans praat nie, maar haar dogtertjie hou vol dat sy dié taal magtig is.

Die Kapenaar het ʼn skreeusnaakse video van haar vierjarige dogtertjie, Indya, op Facebook gedeel waarin sy met haar ma (in Engels) stry en sê dat sy Afrikaans is.

In die video probeer Dennyschene vir Indya verduidelik dat nóg sy nóg haar ouers Afrikaans magtig is, waarop die dogtertjie byna huilend antwoord: “I don’t want to be English.”

Dennyschene probeer om haar punt te bewys deur haar dogter te vra om die Afrikaanse terme vir sekere voorwerpe te noem.

Die kleinding sê toe dat ʼn “table” in Afrikaans eenvoudig ʼn “Afrikaans table” is. Toe haar ma na ʼn plastiekbeker wys, was dié ook net ʼn “Afrikaans cup”.

Dennyschene probeer daarna haar dogter finaal oorreed dat sy nie Afrikaanssprekend is nie, waarop sy met ʼn ernstige gesiggie antwoord: “I am. Afrikaans is Afrikaans.”

Die kosbare video is al meer as 124 000 keer op Facebook gekyk en het meer as 600 kommentaargrepe oor die dogtertjie se vasberadenheid ontlok.

Maryke Stern het geskryf, “You go, girl, trots Afrikaans!”, terwyl Michelle Seeber skertsend sê dat die dogtertjie “baie goeie Afrikaans praat”.

Talle mense het hulle ook met die kleinding vereenselwig en erken dat hulle Afrikaans nie noodwendig watwonders is nie, maar dat hulle ook graag sal wil leer.

Kyk die video hier op Facebook. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Watsenaam ·

Jy is reg Linda, En hoe het die ou uitgerekte en deurgetrekte sepie net nie verander nie. Van een absurditeit na n ander. Het dit nog n plek op TV? Ek het al gewonder wie het nog nie by wie geslaap nie.

Anel ·

Te dierbaar! Ma, sit die kind in ‘n Afrikaanse kleuterskool dat sy Afrikaans kan leer!

AmY ·

As sy sê sy is Afrikaans, dan ís Afrikaans!
Te dierbaar!
Mamma; sit haar in ‘n Afrikaanse skool, hulle leer hulle om perfekte Engels te praat daar.

Plaasnooi ·

Ekself het daardie video seker al keer gekyk…. mens wil haar net opvreet ! Sóveel determinasie !
” Afrikôns is Afrikôns!” …. klaar gepraat ????????????????????????

Kokkies ·

Wat ek nie kan klein kry nie, is…. In ons Afrikaanse skole is dit ‘n moet dat jy Engels as ‘n tweede taal moet leer. In watse skool was die ouers dat hulle nie Afrikaans as ‘n tweede leer nie? Dalk uitlanders? Ek werk saam met iemand wat van Natal afkomstig is, met ‘n Afrikaanse van (Joubert), maar praat nie ‘n woord Afrikaans nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.