Video: Kleinmond-strandmeer breek weer deur

Die Kleinmond-strandmeer het vir die eerste keer in jare weer na die see deurgebreek. (Foto: Ricardo Mackenzie/Twitter)

Groot opgewondenheid het by die Kleinmond-strandmeer geheers nadat dit ná presies vier jaar weer na die see deurgebreek het.

Mense het na die strand gestroom om die gebeurtenis te aanskou.

Die streek het die afgelope paar dae heelwat reën gekry.

Die Nasionale Seereddingsinstituut het op sy Facebook-bladsy mense gemaan om versigtig te wees wanneer die water vinniger begin vloei en wat aanvanklik net ʼn klein stroompie was, het vinnig in ʼn sterk watermassa verander.

Die toerismevereniging het mense intussen genooi om na die gebeurtenis te kom kyk.

Die strandmeer het die vorige keer op Vrydag 31 Julie 2015 deurgebreek.

What a beautiful moment to witness, come and have a look!

Posted by Hangklip-Kleinmond Tourism on Wednesday, July 31, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

hendrik ·

Wonderlik, wonderlik, wonderlik om te sien. Was Sondag daar en baie ander Sondae op ons “Breakfast run” en nog elke keer gehoop hierdie sou gebeur.

Kobie Welgemoed ·

Die Here is goed en die natuur is vol wonderwerke. Dankie Here U het die gebede verhoor.

Susan ·

???????????????????? Wonderlik!!! Prys die Skepper wat gee wanneer Hy wil. Wens video was langer of dat ek ook daar kon wees om dit te sien. Wat n vreugde. Juis nou die dag n ding gehoor van God se genade wat ons op so baie maniere ervaar, gelowiges en ongelowiges wat ons nie eers besef, soos hierdie, maar net om liefde te ervaar en te gee, opgewondenheid en vreugde is gevoelens wat uit God se hand kom wat nie in die hel gaan wees nie, nooit so daaraan gedink en ons almal geniet dit nou, genade uit God se hand, nes reën en sonkskyn, almal geniet dit.

Susan ·

Lyk my prente wys nie, daaroor al die vraagteken, wel waar n wil is is n weg \°/ \°/ \°/ \°/ \°/ prys die Here!!

Bokkom ·

Ek as laaitie daar geswem saam met Uys Krige. Wonderlike tye. By ons in Port Owen water net so hoog agv Bergrivier. Marina lyk soos permanente springgety.

Chesterfield ·

Dit is wonderlik maar ook hartseer dat al daardie vars water in die see in loop

Karolis ·

Die Here se dade is goed, wat ons laat dink dit is wonderwerke.

Miggie Pelser ·

Dankie Liewe Heer dat U ons gebede verhoor het, ons bid vir nog reën in al die droogte geteisterde gebiede.

Attie. ·

Tien melaatses was genees, net een het teruggegaan en sy Geneeser bedank. Here namens die ander nege bedank ek U vir hul genesing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.