Video: Kyk president se toespraak op Maroela

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal vanaand weer die land toespreek rakende die jongste verwikkelinge tydens die Covid-19-pandemie.

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het bevestig dat die president die land na verwagting om 20:00 sal toespreek. “Die president se toespraak volg ná ʼn aantal vergaderings van die kabinet en die nasionale Covid-19-bevelsraad,” het sy gesê.

Die toespraak sal vanaf 20:00, sodra die president begin praat, hier op Maroela beskikbaar wees (verfris jou webblaaier as die video nie wil speel sodra die president se toespraak begin het nie):

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

Nee dankie hy maak my siek as ek sy gesig sien. Drink eerder n lekker dop en rook n sigare

Jakes ·

Ek kan net 2 minute na hom luister dan raak ek aan die slaap van verveeldheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.