Video: Maye Musk, Rolene Strauss klets in Afrikaans

Maye Musk en Rolene Strauss kuier saam. (Foto: Skermgreep uit video)

Maye Musk, ma van die Suid-Afrikaans gebore sakemagnaat Elon Musk, en die Suid-Afrikaanse skoonheid, Rolene Strauss, laat die tonge klap nadat ʼn video waarin dié twee modelle in Afrikaans klets, soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Maye (74) het op 12 April ʼn gradeplegtigheidseremonie in Bloemfontein bygewoon waar die Universiteit van die Vrystaat (UV) ʼn eredoktorsgraad aan Maye toegeken het.

Haar navorsingstudies in voedingswetenskappe het aan die UV begin voordat sy na Kanada, haar geboorteland, verhuis het.

Maye het na afloop van die besoek aan Bloemfontein na Kaapstad gereis, waar sy en Strauss, voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld, ontmoet het.

In die video, wat Rolene op sosiale media gedeel het, omhels die paar mekaar terwyl Rolene ʼn paar dinge uitwys wat sy en Maye in gemeen het.

“We are from Kovsies, we are South African, then, the other thing is, something that very few people might know, and that is that you actually speak Afrikaans,” sê Rolene in Engels voor Maye instem.

“Ek kan Afrikaans praat,” sê Maye.

“How amazing is that?” vra Rolene dan, waarop Maye laggend antwoord: “Dit is wonderlik.”

Honderde Instagram-gebruikers het kommentaar op die video gelewer.

“Baie liefde en groete spesiaal aan jou, Maye. Ek het jou jare gelede in my huis in Bloemfontein ontvang vir tee. Jy is stunning,” skryf ene Coreen Bezuidenhout.

“Iemand moet Charlize Theron laat weet. Haar 44 is nou 45,” skerts Linda Barnard.

Kyk hier na die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vonny ·

Charlizie…maak n Nota…
Nog 1x persoon wat afrikaans kan praat…

Viva! Trots afrikaans !!!!!

George ·

Net omdat sy die woorde kan agter mekaar sit, maar haar glad nie “trots afrikaans” nie.

LANA is ELANè ·

Maye Musk is een vd mooiste vrouens in die wereld, selfs met al die roem wat hulle as familie regoor die wêreld ervaar, is sy sonder enige pretensie en dit maak van haar ñ besonderse mens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.