Video: Mense op hol ná taxi’s opruk

Die taxibestuurders het eintlik na die plaaslike stadsraad op Secunda gery om ’n versoekskrif te oorhandig. Foto: Skermskoot

“Dis die grootste klomp snert wat ek in my lewe al gehoor het.”

Só sê Jannie Kasselman, eienaar van Kasselman-veiligheidsdienste op Secunda in Mpumalanga, oor die bohaai van die afgelope paar dae oor ʼn video waarop gesien kan word hoe ʼn groot aantal taxi’s in konvooi iewers heen ry.

“Ons is deel van die Secunda-vliegskool,” het Kasselman Donderdag aan Maroela Media verduidelik. “Die video is uit een van hul vliegtuie geneem om te kyk watter paaie op die dorp gesluit was tydens ʼn optrede deur plaaslike taxibestuurders.

Toe gebruik sekere groepe dit vir sensasie.

“Dis die ding wat so uit verband geruk word. Ons het duidelik by die video wat ons op ons Facebook-blad gedeel het, gesê dis al wat dit is. Toe gebruik sekere groepe dit vir sensasie en maak dit ʼn politieke ding en maak almal asof die dorp toegemaak gaan word.”

Van die bewerings in die sosiale media is dat dit ʼn oefening was om “ʼn aanval op wit mense” uit te voer.

Sosialemediagebruikers is so op hol gejaag dat Henry Geldenhuys, adjunkpresident van die TLU-SA, Woensdagmiddag ʼn boodskap deur middel van WhatsApp versprei het om mense oor die video gerus te stel.

Hy het met die polisie in verbinding getree, sê hy in die stemboodskap, en ʼn verklaring gekry van die ontevredenheid in plaaslike taxigeledere.

“Die stadsraad het die taxistaanplek aan ʼn private persoon verkoop sonder om die plaaslike taxivereniging in te lig,” sê Geldenhuys. “Verder het die stadsraad ʼn buurdorp se taxivereniging magtiging gegee om ook in die Secunda-omgewing te werk.

“Dit het veroorsaak dat daar ʼn tyd terug chaos was en wedersyds ʼn taxi aan die brand gesteek is. Dinsdag se voorval (wat op die video gesien kan word) was die taxivereniging se lede wat met die stadsraad gaan praat het en hul ongelukkigheid gewys het oor dié twee aangeleenthede.”

Al die paaie om Secunda was nie toegemaak nie, dit was net ʼn gedeelte, sê hy in die stemboodskap. Die taxibedryf het ʼn gesprek met die stadsraad versoek en ʼn versoekskrif oor hul besware oorhandig.

Dit was nie ʼn inoefening om die dorp toe te maak nie.

“Mense sien dit dan nou as ʼn sameloop van die BLF-aangeleentheid [toe Andile Mngxitama gedreig het om wit mense dood te maak], wat eintlik niks met mekaar te doen het nie. So sê maar vir julle mense dit was nie ʼn inoefening om die dorp toe te maak nie, want dit is wat nou daarbuite versprei word.”

Die plaaslike polisie het bevestig dat alles op Secunda “koel, kalm en rustig” is. ʼn Beampte wat gevra het om anoniem te bly, sê: “ʼn Paar ouens het oorreageer en ʼn paar ou boodskappe gelees sonder datums by. Ek weet nie waar kom hulle aan al die [twak] wat hulle praat nie.

“Iemand wil dit polities en rassisties maak. Die taxi-ouens was kwaad vir die munisipaliteit en het ʼn memorandum oorhandig. Dit was net weer ʼn massa mense wat almal nou weer voor geskrik het.”

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het aan Maroela Media bevestig die taxi’s het bloot gery om die memorandum te oorhandig. “Die dorp is rustig en daar was geen voorvalle van geweld nie.”

Die dorp was nie afgeblok soos beskryf nie.

AfriForum in Mpumalanga het intussen ʼn verklaring uitgereik om die gemoedere te kalmeer. “Die dorp was nie afgeblok soos beskryf nie en taxi’s het slegs in groepe beweeg vanaf verskeie punte na die Govan Mbeki-munisipaliteit se kantoor. Daar het hulle met die munisipaliteit vergader.

“[In] geen stadium was die situasie buite beheer nie en die SAPD sowel as buurtwagte en ander entiteite het dit deurentyd gemonitor. Teen 11:00 was die optrede verby en alles was normaal.”

Die organisasie raai mense wat bekommerd is oor hul veiligheid aan om in te skakel by die veiligheidsgroeperinge in hul omgewing om die nodige inligting te kry en hulp te kan ontbied.

“Wees wakker en rapporteer verdagte optredes vroegtydig indien so ʼn aksie in jou dorp plaasvind,” sê AfriForum.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Henk ·

Hoekom kry jy mense wat altyd n berg van n miershoop wil maak. Ons moet ophou om paniek te saai. Dit is kinderlik en lyk my mense het te veel tyd op hande omsulke twak uit te dink!!!!!!!!!!!!!!

Poot ·

@Henk
Ek stem heelhartig saam met jou. Maar het dit al by jou opgekom dat sou dit die geval sou wees, hoe maklik hulle kan mobilliseer. Kyk na die video dan sal jy sien.

Katerina ·

Henk jy kan witmense nie kwalik neem dat hulle senuweeagtig is of n slagting enige tyd verwag nie. Al die plaasmoorde, al die ander moorde en aanvalle op wittes, die politiese retoriek van Baie jare al..veral die afgelope paar dae. Deur politici En gewone swartes op sosiale media. Almal is onrustig.

Chris Ws ·

Nou vra ek net WAAROM is hulle toegelaat om ander se regte te skend deur die hele pad VOL te ry?Dit moes nie toegelaat gewees het nie.Hulle agter mekaar gery het soos beskaafde mense sou doen.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Wat ñ skade en klad opi naam van mede afrikaners en blankes,wat net so ernstig kán lieg en fabels opmaak,soos wat hulle verbeeldingryke fantasieë en VERVEELDHEID hul toelaat,nes die linkse politieke leiers om SENSASIE!
SIES MAN…hoe ry die boere lieg-lieg so ?

Blommie ·

Maak nie saak nie Ferdi, daar is genoeg wat dit ondersteun om moeilikheid te maak.
Genoeg om grooot moeilikheid te veroorsaak!
Die handjie vol wat nie BLF ondersteun nie, maak nie saak nie.
En Henoh, hoekom dink jy doen hulle wat hulle doen?

Daan Erasmus ·

Kom ons kry die name van die groepe wat so paniek saai. Dat ons kan begin ‘n lys saamstel van wie die bronne is van vals nuus.

Morné E ·

Daan, in Rustenburg was dit ene (selfaangestelde) Brigadier van Rustenburg AWB wat Rustenburgers gewaarsku het dat dieselfde “inoefening” as wat in Secunda gebeur het, gister plaasgevind het in Rustenburg. Meeste van hierde groepe wat die greep “Boere” bevat is dit klomp wat so daarvan hou om die toktokkietos te versprei. Die lagwekkendste is dat hulle mense aanraai om hulle ontrekkingsplanne in plek te kry en in te skakel. Hierdie “Boere” baklei lekker op sosiale media, maar terselfdetyd wil hulle ontrek. Ha-ha! Klomp papbroeke.

Dis dieselfde soos die whatsapp stemboodskap van die vrou wat so lekker snik omrede haar kind vir die eerste keer begin praat het en gesê het: 12.
Asook die Ockert-kabouter wat beweer het op ‘n stemboodskap dat daar groot probleme kom die 12 Desember 2018. Hy het seker saam oom oubaas Siener ‘n twakkie gerook.

jaco ·

AWB brigadier nogal. So hy was maar net ‘n sersant of hoogstens’n stafsersant toe hy jare gelede nog in die regte weermag of polisie was.

Anni ·

MorneE, die moeilikheid wat kom is nou blykbaar die 21ste Januarie 2019. Ek wil al skree oor al hierdie snert wat mense so rondstuur. As hulle maar net hulle Bybels wil begin lees en glo soos hulle die Whatsapp boodskappies lees en glo…

TRACY ·

Moet ons alweer blikkies kos by mekaar maak……en gate grou ???? ek is seker my ma het nog van daaai blikkies kos oor van toentertyd ……maar ek dink kerse sal n probleem wees…

Sanet ·

Dit is wat my kwaad maak van die duimsuigery en opmaak van stories gee die klomp net idees waaraan hulle moontlik nog nie gedink het nie. Die dag wanneer ons hierdie berigte moet glo gaan ons nie reageer nie.

B ·

Die wittes in SA reageer nou al erger as die Amerikaners op sensasie ?

Teleurstellend – lyk al soos ‘n lafhartigte saamdraffery op alles wat klink na iets wat piep.

Nonsens ·

Sulke sensasionele nonsens om aandag te kry is nie reg nie. Mense is baie vatbaar vir sensasie en soek ontvlugting van die werkliheid en sal enige iets glo om te probeer aandag kry en kinderagtig op te tree. Aanhitsing en opstokery deur sommiges laat ander mense optree asof hulle ‘n hele liter brandewyn en coke opgedrink het.

Dalk..... ·

“Naturally, the common people don’t want war,
Neither in Russia, nor in England, nor in America, nor for that matter in Germany,
That is understood.
The people can always be brought to the bidding of the leaders; that is easy.
All you have to do,
Is tell them, they are being attacked and Denounce the Pacifists for lack of Patriotism and Exposing the Country to Danger.
It works the same way in any country.”
– Hermann Goering, at the Nuremberg Trails – 1946

Anni ·

Ek is sedert gister in ‘n lieflike woordewisseling betrokke oor die einste video, aangesien dit aan my gestuur is onder die vaandel van dis hoe daar geoefen word om ‘n dorp te kan af kordon. Daar is genoeg regte moeilikheid in hierdie land, ons het nie mense nodig wat onnodige paniek saai nie.

Thinus ·

Presies, wat Potinger en Internasionale Media doen, en Politici misbruik deur die drie politieke maxims te misbruik om dan sosiale ondermynings tegnieke te gebruik om konflik te veroorsaak!Rupert se onverantwoordelike uitlatings oor die gebruik van die taxi’s vir beskerming en die EFF en BLF se uitsprake en ons Taxi-oorlog(en hulle pad gebruik) dwing Jan Alleman nou, omdat hy kwesbaar en vuisvoos deur die Regering misbruik is deur leë beloftes om sulke afleidings te maak! Dit was die rede vir die Potgieter kommissie se ondersoek, wat aanleiding gegee het tot die SVR. Waar Informasie deur drie bronne bevestig moes word en VERWERK word voordat dit as INLIGTING versprei is! Sulke optrede kan tot massa histerie lei en verreikende gevolge hê! Asseblief vra as julle nie weet nie, veral vir die wat direk daarby betrokke is, soos die Taxi Vereniging, ek glo nie hulle sal byt as jy beskaafd met hulle praat nie. Moet tog nie die lede aanval en kritiseer nie, vra liewer of daar n manier is waarop jy kan help om die probleem op te los en of te vermy!

Santie ·

Mense wat fopnuus uitstuur, moet gevind word, en beboet word. Dit is ‘n gevaarlike ding.

Dirk Breytenbach ·

Tronkstraf sonder keuse van ‘n boete. Ek vermoed die fop nuusdraers het niks beter om te doen nie en voel dalk bemagtig, of ly aan een ander sindroom. Sulke mense moet geidentifiseer word en hul name versprei word sodat die wereld te klein word vir hulle. Dit beduiwel rasseverhoudinge en blaas onmin en agterdog aan. Daar is baie positiewe dinge om oor te berig en om dankbaar voor te wees, waarom heeltyd negatief en swartgallig wees? As daar so iets soos die 3de mag is dan is hierdie ouens lede daarvan. Ignoreer hulle.

Thinus Erasmus ·

En niemand dink daaraan dat dit gelukkig nie ontaard het so asof daar nooit nerens in hierdie land besighede geplunder en gebrand word, vragmotors en motors met klippe bestook en aan die brand gesteek word, en onskuldige mense aangerand en selfs vermoor word nie.
Nee almal wil net ‘n lekker lang mes in die “fop-nuus” verspreiders se rugge te druk! Wel daar is fop nuus van alle kante, nie net Afrikaners nie.
Ja, baie mooi en baie geluk aan die Taxi assosiasie vir ‘n vreedsame betoging, en baie mooi vir die Afrikaners dat hul nie in oorreaksie iemand geskiet, gebrand of gedreig het nie.
Versigtig, paraat, bang maar steeds beskaafd.

SANET ·

Thinus en Andile…stuur julle besonderhede,dat ons julle KLUÍTJÍE BAK briggades kan join,asb.toe? ?

Pieter ·

Daai klomp taxi’s lyk maar soos ‘n normale dag in Pinetown naby die “rank”. Ek het op ‘n stadium 5km van die werk af gebly, maar moes daar verby huistoe…. 45 minute na uur, nou bly ek 25 km weg en ry in 20 minute…..

ANA ·

Daars nie plek nie Andile…want jy en spekskieters vul die voorste linies

Kies waarheid en feite bo Twak ·

Dit bly verkeerd om kinderagtige sensasionle leuens te versprei.

Nick ·

Dit wys jou hoe bang is afrikaner kinners!!! Bwahahahahaha! Klink soos Aprilfools!!!

Joe ·

Nee Nick, afrikaner kinners word stadig maar seker in ‘n hoek gedryf, en kan nie eintlik reageer sonder om vervolg te word nie. Maar hierdie spesifieke geval is uit verband geruk.

Werner ·

So al die karre en fabriekke wat hulle afgebrand het die week by die plastiekstakings baie aanvalle op boere die desember is ook fopnuus shoe hoe veilig voel ek sommer 1000 jaar vrede

Sdl ·

Ek het n baie betroubare informant. Die wederkoms kom ook. Vandag, more, volgende maand….! Het jy n plan in aksie!

Elsabie ·

Sdl, ek stem saam jou. En vir die ander wat absoluut alles wil afmaak as net mense wat wil aanjaag, ek hoop en bid jy het werklik ‘n plan as die popo die fan strike! As jul nie kan sien wat nou in die wereld gebeur en dit vergelyk met wat die Bybel sê nie, bid ek regtig dat jul ogies sal oopgaan. Dis nie bangmaak stories nie, dis DEFNITIEF AAN DIE GEBEUR!!!

Anni ·

Elsabie, dit gaan hier oor mense wat ‘n onskuldige video gevat het, en dit as iets anders rondgestuur het, maw, ‘n blatante leuen, en sodoende mense op hol gehad het, paniek gesaai het. Weet nie wat in sulke mense se koppe aangaan nie, maar as DIT die mense is wat hulp moet bied as hier moeilikheid kom, sal ek self regkom dankie. My oe en my verstand sit waar hulle anatomies gesproke, MOET sit.

Die regte Henk ·

Ja, vrees is ń lelike ding, dit sal jou selfs sover laat gaan om die oop en bloot waarheid te misken.

ANNA ·

ABSOLUUT…netso Die Regte Henk en PLAN VAN AKSIE sluit nié liegstories in nie…!!!!
Kani glo mense verdedig blatante LEUENS en opstokery nie

Plan van aksie sluit nie liegstories in nie ·

Dit bly nog steeds verkeerd om te lieg en om stories op te maak ongeag wat jy glo of nie glo nie.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Dit gaan nié,om ñ plan van aksie te hê nie,liewe Sdl en Elsabie…dit gaan oor BLATANTE LEUENS VERSPREI EN HELP!!! WOLF!! WOLF!!! TE SKREEU WAT UIT DIE DUIM UITGESUIG IS!!
WÁÁR ini bybel lees jý,van paniekbevange raak,histeries raak en LIEG hmmm…Elsabie??

Sdl ·

Ek is eintlik sarkasties teenoor die ouens wat elke dag hulle siening van wat aangaan in SA met stem en teks boodskappe almal wil waarsku ens. Die wederkoms is die enigste waar ek myself voorberei.

Elsabie ·

En jy weet defnitief dat dit leuens is? Opstokery? Noem dit wat jy wil. Liberale se ogies en oortjies bly maar toe!

My Jinne! ·

Ek het ook die whatsapp ontvang en eers my as afgeskrif, maar toe het ek gaan stilstaan en mooi oor die storie gedink. Gelukkig ook besef dat daar meer aan die storie moet wees as wat aan ons opgedis word. Ek weet dat daar altyd mense is wat die dam onder die eend will uitruk en almal op hol jaag, maar ek weet ook dat daar altyd mense is wat diesulkes se strooi glo, en ek verkies om nie een te wees nie. Ons het elkeen die reg om te kies.

Bella ·

pffffft, mense is darm damn vinnig om op hul perde te spring en ander te beskuldig van fopnuus…….. as jy die video gesien het sonder enige kommentaar en of iets daarby sou jy dalk ook gewonder het wat daar aangaan of is almal van julle wat die “fopnuus delers” so steek met messe dan vas aan die slaap? Ja, ou siener het ook gese die vold se ogies sal soos perels lyk! Die klomp taxi’s was dalk niks, maar is jul gereed as iets gebeur? Ken julle die geskiedenis in die wereld? Of glo julle julle is spesiaal genoeg om nooit te hoef te woory oor oorlog goed nie? Skrik wakker, hou op teem oor “fopnuus” en gaan lees eerder op oor wat om te doen as daar n slagting uitbreek! Kapiesh

Staak saam ·

Eerstens: die AWB het gesterf tot ET tronk toe is.

Henk en die ander kristesie bo, dit is nie normaal in SA dat daar vreedsame optogte en proteste is nie en veral nie in die taxi bedryf nie.
Die BLF leier waarsku en dryg met geweld en volksmoord op blankes, plaasaanvalle neem toe, ou mense word in afteeoorde vermoor, blanke vroue word helder oordag ontvoer, blanke kinders raak op strepe weg.
Ons word elke dag met hierdie nuus gepepper, selfs liberaliste glo al daar is sensuur in die MSM, weens hulle stilte.

Hoe het julle gedink sal blanke mense optree, glo julle regtig dat hulle vrese ongegrond is, is die blanke nie al vir 24jaar die teiken nie.

Ek persoonlik sien hierdie goed as n wakeup call want so vinnig soos hierdie stories versprei, so vinnig kan dit ook n werklikheid word.

SA, die land waar alles moontlik is.

Chris Fourie ·

Enige persoon sal bekommerd wees as jy na die video kyk en veral as jy die lier van BLF sê toespraak gesien het waar hy dreig dat hulle witmense gaan uitmoor. Die plaaslike owerheid en SAPD het seker gewees van die memorandum wat die Taxis dan sou oorhandig. Waarom was die Publiek nie voor die tyd gewaarsku om paniek te voorkom nie?

Sdl ·

Gaan lees die berig. Niemand in die dorp was paniekerig nie. Die boodskap op whatsapp wat dalk gemaak is deur BLF hulself om paniek te veroorsaak of een of ander groep wat die selfde is as BLF maar van n ander ras het die paniek veroorsaak. Net soos talle ander boodskappe wat nooit waar geword het nie.

Balk in die oog ·

Al so moeg vir dié wat alles en almal so met die Bybel onder die arm pakslae wil gee oor al hulle foute en onkunde en hulle onvoorbereidheid vir die wederkoms. Is jy sonder sonde as jy ander so oordeel en slegsê ou broer/suster. Laas toe ek gekyk het moes jy jou naaste liefhê soos jouself, en hulle nie slegsê omdat hulle nog nie so ver gevorder het in die geloof soos jy nie. Moenie die Bybel as ‘n slaansak gebruik nie, hê dan maar eerder empatie met ander en hulle foute, ‘n sagte woord keer die grimmigheid af. As jou naaste struikel moet jy hom optel, of moet jy vir hom uitwys hoe ver hy al geval het?

Sdl ·

Dankie vir jou regstelling en dat jy my op gehelp het toe ek geval het.

Elsabe ·

Alles was rustig in Secunda. Hulle het voor die Munisipale kantore gestaan. Party het geskree en gesing, maar niks afgebreek of gebrand nie. Hulle het ‘n memorandum aan die raad oorhandig. Daarna het hulle uitmekaar gegaan en weer met hulle dagtaak aangegaan.Mense moet net ophou om sensasie te soek wat daar nie is nie.

Twakkie ·

Ek glo NIKS wat naamloos op WhatsApp aangestuur word nie. Vee dit dadelik uit. As ‘n bekende persoon of organisasie ‘n stempos of video stuur waarin die persoon hom of haar duidelik identifiseer, sal ek kennis neem. Maar ‘n anonieme WhatsApp of stempos? Ignoreer. Mens weet ook al watter van jou vriende stuur twak aan wat jy kan ignoreer. Ek sê niks, wie is lus vir stry met ‘n pampoen? Vee dit net uit.

Pieter Willie ·

Julle wil nog nie aanvaar dat julle in ‘n stryd gewikkel is nie. Ons weet die laaste paar jaar was daar oefen lopies aan die ander kant. Kasselman se uitsprake is ook teenstrydig, as hy nie bekommer was oor die situasie nie hoekom dan dit monitor/afneem. Maak nie saak hoe groot die spoke is wat opgejaag is or word nie, die vraag is kan jy, julle, binne minute mobiliseer en effektief weerstad bied as dit moet. Dis die enigste vraag wat jy moet kan antwoord. As jy nou nog nie by ‘n burgerlike beskerms groep ingeskakel is nie, is jy ‘n gevaar vir jouself. Die van ons wat weet wat aan die gang is en weet hoe, waar en wat moet gebeur raak nie benoud oor die geklets nie, maar die wat nie wil inskakel nie en op die kant sit is die paniek bevange mense, hy weet niks, het geen plan nie en dink die polisie gaan hom kom help. Good luck with that.

Charles ·

Ek was daar my besigheid is in die straat van die polisie stasie, die taxi bestuurders het een van my bakkies van die pad afgedwing. Ek het maar my deure toe getrek en voertuie binne werkswinkel gesluit. Dit was nogal angswekkend omdat so iets nog nie by Secunda gebeur het dit het my oë oopgemaak. Die taxis beheer die paaie.

AMS ·

Daar is so baie dinge wat gedoen en gesê word dat mens nie meer wie en wat om te glo nie. Grondonteiening, BLF-geskree, nuwe wapenwet, fopnuus, EFF-bende, en so kan mens aangaan. Natuurlik sal daar van ons mense wees wat in vrees leef en elke sensasionele foto/berig sal opslurp vir die waarheid. Wees eerder verantwoordelik paraat in jou eie huis en omgewing as om die land te wil invaar en dink jy gaan ‘n verskil maak.

Bella ·

Ek voel gerus om te sien daar is wel mense wat die erns van hierdie video raaksien! Wat hier gebeur het was dalk nie n nood situasie nie maar wel n idee van hoe vinnig dit een kan word! Soos talle ander kommentare hierbo, as die skille afval mag dit dalk te laat wees!

Krummel ·

Daar is niks fout om ‘n noodplan te begin beplan vir so ‘n aksie nie. Dit is glad nie buite die kwessie dat so-iets eendag kan gebeur nie. Wees liewer voorbereid op enigiets as wat jy sit en slaap en eendag onkant getref word nie. Die getalle is teen ons, eintlik is dit so maklik om die dorpsinwoners uit te wis. Nie die weermag of die polisiemag is opgewasse of moreel ingestel om ons te verdedig nie.

Bekommerd ·

Julle kan sê wat julle wil, maar hierdie was uitsluitlik n goeie offenlopie vir hulle…..agv die onsekerheid en geweld in SA, het ons reg om bekommerd te wees wanneer daar sulke bewegings in jou dorp aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.