Video: Ondersoek ná metrobeamptes Jhb-vrou vaspen vir bloedtoets

‘n Skermgreep uit die video.

Die Johannesburgse metroraad sê hy stel ondersoek in nadat ʼn video van ʼn vrou wat deur lede van die stad se metropolisie (JMPD) vasgepen word sodat ʼn bloedmonster geneem kan word, op sosiale media versprei is.

“Ek het met kommer kennis geneem van die video op sosiale media waarin die vrou deur die Johannesburgse metropolisie vasgepen word, terwyl nog ʼn persoon, glo ʼn verpleegkundige, regmaak om bloed by die inwoner te trek,” het Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, Maandag gesê.

Die persoon het glo nie ʼn alkoholblaastoets geslaag nie, wat die JMPD genoodsaak het om haar in hegtenis te neem en na die Douglasdale-polisiestasie, in die noorde van Johannesburg, te neem, het hy gesê.

“Dit is belangrik om kennis te neem dat ʼn polisiebeampte, ingevolge wetgewing, ʼn persoon wat weier om ʼn bloedmonster vir wetstoepassingsdoeleindes te gee, fisies in bedwang mag bring,” het Sun gesê.

Hy het gesê die stad het reeds begin met ʼn interne ondersoek na die gebeure wat aanleiding gegee het tot die voorval, asook om vas te stel of wetstoepassers billike krag gebruik het.”

Sun het gesê indien enigeen aan ʼn oortreding skuldig bevind word, sal tugstappe teen hulle gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

140 Kommentare

Joey Botha ·

Die enigste probleem hier is, is dat ‘n manlike beampte haar vas gedruk het. As sy nie onder die invloed was nie en nie skuldig was nie sou sy nie so tekere gegaan het nie. Sy sou dan nie onder dwang moes bloed gee nie. Die feit is sy was onder die invloed en kon moontlik onskuldig mense se dood veroorsaak het as sy nie deur die verkeers beampte gestop is nie.

Jakkie ·

Joey Botha, jy het nog nie gesien hoe iemand reageer wat bang is vir ‘n inspuiting of inspuitingnaald nie. My man het vir ‘n doodgewone inspuiting reg rondom die ondersoektafel gehardloop om ‘n verpleegster te probeer dodge. Hierdie girl is vrek bang vir ‘n inspuitingnaald en dit is waarom sy so reageer het, nie omdat sy onder die invloed was nie. Iemand wat erg onder die invloed is, weet nie wat rondom hom/haar aangaan nie.

Andre ·

Wel as jy nie dronk of skuldig is nie…hoekom bang wees vir bloedtrek….wonder maar net

Asjas ·

Want Andre jy kan VIGS kry van ‘n vuil naald. Hierdie mense kan niks reg doen in hierdie land nie, dink jy vir een oomblik hulle gebruik elke keer ‘n nuwe skoon naald??
Ek sal ook weier alhoewel ek nie bang is vir naalde nie.

Ronel ·

Die bloed moet in n hospitaal getrek word. Wie sê daai naald was skoon??? Sal jy vrywillig sit dat hulle n oop naald in jou arm indruk? I think not. Toe grootbek. Put your money where your mouth is en gaan sit dat n man jou vasdruk en dat hulle n oop naald in jou arm indruk. Toe ek dare jou.

Vraagteken ·

So jy gehoorsaam nie die wet nie, en dan kry jy die publiek agter jou!!! Great stuff…

Nettie ·

Jammer om julle “bubble” te bars, maar dit val binne die verkeerspolisie se mandaat om onder dwang, met – of sonder – geweld ‘n bloedmonster deur ‘n voldoende-gekwalifiseerde persoon (nie noodwendig ‘n verpleegkundige nie) van enige persoon wat vermoedelik onder die invloed bestuur, te verkry. En dit hoef nie noodwendig by ‘n kliniek of hospitaal gedoen te word nie en aangesien die proses nie “invasive” (m.a.w. deur- of ondersoekend) van aard is nie en gedek word onder die mandaat van die verkeerspolisie, geld die ding van ‘n vrou wat deur ‘n man vasgedruk word, ook nie.

Avra ·

Ek stem saam John.

Andre, het jy opgelet dat die “verpleegkundige” ook nie vir veiligheid handskoene dra nie?

Ouman ·

Skokkend. Die een wat bloed trek het nie eers handskoene aan nie. Is dit nodig dat manlike beampte ‘n vrou so hanteer. Die waarheid sal seker nooit uitkom nie. Mens kan nie help om SAPS en metropolisie(spietkops) nie te vertrou nie.

M ·

Ek stem saam met hoe vekeerd dit hanteer is maar mens kan ook nie alle “spietkops” onder dieselfde sambreel sit nie

Blommie ·

Kyk, ek gee nou nie om of hy bruin, blou of pienk dra nie, ‘n man moet my so vasdruk vir sulke nonsens dan sal hy sy tande met gebreekte vingers optel! Ek is nie bang vir naalde nie maar julle sal defnitief nie my bloed trek as jy nie kan bewys jy is ‘n gekwalifiseerde suster nie, nog minder in ‘n plek soos daardie. Voel vry en ry dan na naaste ongevalle en laat hulle my bloed daar trek.

Angel ·

Ek stem saam met korrekte prosedure…as sy jou kind of familielid se dood veroorsaak het, wat se deuntjie sou jy dan sing?
Gesëelde bloedpak en gesëelde naald word in almal se teenwoordigheid oopgemaak. Ou naalde…regtig!!!
En handskoene sou ek stem om mediese personeellid te beskerm…veral as onder invloed persoon so aangaan…is mens se kans om jouself raak te steek baie hoër en baie meer riskant!!! Sy gaan so tekere want sy besef konkrete bewyse in haar bloedresultate op ou end sal haar vonnis en nie oningeligte publiek nie.

Rina ·

Moet hierdie prosedure nie by n staatshospitaal gedoen word nie. Deur n mediese dokter. Moet forensies bereik binne n sekere tydperk. Onnodig hardhandig hanteer.

piet piet ·

Sy is aangerand ,die mense buite is aangerand ,aanranding is n kriminele oortreding ek hoop met die bewyse wat sy het dagvaar sy die living daylights uit hulle uit.

Naamloos ·

Ja die wet se hulle mag dit nie doen ma n hospital en dronk of nie hulle kan nie maak soos hulle het nie ek bang vir n naald en ek sal dalk uitpas as hulle dit met my moes doen en dan praat ons nie van die wat die ou wat die video opname maak so uit haal en die gordyne toe maak nie hulle self geweet hulle verkeerd

Annatjie ·

Swak hanteer ja, maar ook as sy nie skuldig was aan dronk bestuur nie sou sy vrylik n bloed toets laat doen het. Moet sulke toetse nie by n hospitaal aan gevra word nie?

Tian ·

Daai blaas meters kan ook false leesings gee ..ek het op n perseel gewerk waar jy moes blaas om integaan . Het dit al n paar keer gesien waar n persoon 2 tot 3 keer moes blaas voor die masjien die regte leesings gee ….ja bloed sal die waarheid praat maar die manier hoe die bloed getrek was is nie reg nie …die skoonheid van die plek kan ook vra opdring en dit kan die toets dalk onbruikbaar maak deur besmeting ..en die wat se ja sy was dronk …waar is jou bewyse ? Neem net aan

Angel ·

Duidelik. En juis daarom probeer sy die verdoemende getuienis en bewyse vermy deur NIE saam te werk nie.

piet piet ·

Dit is hoekom ek nie tyd het vir n polisieman of metro beampte nie ,usesless as dit by doen jou werk ordentlik kom ,vinnig as dit by misdaad kom soos die aanranding van onskuldige mense soos hier bewys word.

Verpleegkundige ·

Volgens my wat al baie bygestaan het as daar dronk mense se bloed getrek word. Mag net n dr die bloed trek. Baie vorms wat ingevul moet word. Verpleegkundige mag volgens my nie daai bloed trek nie.

Piet Roux ·

Ek het jare as plaaslik sowel as Senior Provinsiale Verkeersispekteur In daardie tyd het ek vele bestuurders aangekeer vir drink bestuur en nooit was daar rede vir sulke brutale optrede. Skokkend onprofessioneel.

Nettie ·

@Tian (hier bo) – 100% reg. As jy enige iets geëet/gedrink/gebruik het wat selfs net die kleinste ou bietjie alcohol bevat (ja, selfs mondspoelmiddel en sekere soorte kougom!) sal dit registreer op daardie meters. Gewoonlik word die lesing darem nie té erg geaffekteer nie en sal enige beampte wat sy/haar sout werd is, dit weet.

Riaan ·

Rasisties????

Hoekom probeer almal om video opnames te keer?

Kom ons kyk wat gebeur.

Vrystaat ·

Daars n ou gesegde wat lees: “play stupid games, win stupid prizes”.

Dis die Metro polisie se werk om dronk bestuurders van die pad af te hou. Sy het (soos dit lyk) self besluit om tenspyte van haar drank inname, te bestuur. Hierdie is haar spelletjie gewees…. nou wen sy die prys.

Die ander kant van hierdie swaard is: [hipoteties] sy het in jou motor ingery met jou gesin in…. een of meer beseer of selfs oorlede. Vir wie is ons dan kwaad ? Metro ?

Mense moet n kopskuif maak.

HAB ·

Maar wie se sys skuldig.
Daai video bewys nie sys oor die limiet nie.

Vraagteken ·

Vrystaat, ek stem 100% saam met jou.

Hoekom sal die publiek haar beskerm as sy bereid is om ander se lewens in gevaar te stel? As sy nie gedrink het nie, dan sou die eerste toetser negatief gewees het, en die hele saak het nooit gebeur nie.

Ons kla altyd dat die Polisie en kie nie hulle werk doen nie en tog, as hulle dit doen, het ons ‘n probleem te vind.

Wattie ·

Ek stem. Al die ” slim regsgellerdes”op die blad lees art.37 van Strafproseswet 51/1977 en art. 65 van Nasionale Padverkeerswet 93/1996. Het al bloed getrek in selle, in dokter se buitekamer by huis en op ongelukstoneel.

Lindie ·

Vrystaat- daarom is daar ‘n prosedure om te volg, ‘n regte manier om dinge te doen juis om hierdie soort van ding uit te skakel.

Sê maar net ·

Tot gewone mondspoel middel wat ons daagliks gebruik na tandeborsel laat daai blaas meters in die rooi slaan, selfs gewone sakkies bioplus wat die kafee verkoop en wat so op die toonbanke laat die meters sing, Wie sê sy was dronk, en as dit my familie is sal daai vet mannetjie wat haar so hardhandig hanteer op sy dinges kry, die als gaan maar net oor dit ‘n wit vrou is wat weier en bang is nou sal hulle mos ‘n “statement” maak

NetEk ·

Vrystaat, jy se ons moet ‘n kopskuif maak… Wees asb so vriendelik om ons te se hoe maak jy so skuif in die land?? waar jou mede mens vermoor word elke liewe dag sonder dat iets daar aan gedoen word?? ZERO tolerance vir mense wat drink en bestuur … Great stuff ek ondersteun dit, maar nie op die manier nie! ..Maar wat van die morde wat plaasvind, niks word daar aan gedoen nie … maar kom ons maak ‘n kopskuif julle want ons land is fantasties ons lewe in angs en bang wees elke dag maar kom ons maak ‘n kopskuif want solank ons kop se nisk sal gebeur nie ons land is great is dit. (ons kan net sowel al die snert wat aan gaan onder die mat in vee met die “kopskuif” ding!

Vraagteken ·

Dis poging tot moord as sy met haar voertuig, onder die invloed, in my vas ry.

Gert van Wierdapark ·

Ek YS as die betrokke persoon dalk in my of iemand anders sou vasgery het en iemand is beseer! ‘n Saak het altyd 2 kante en ons sal maar moet sien wat die uitkom gaan wees. Padvarke en dronk bestuurders moet egter vasgevat word, daaroor is daar GEEN twyfel nie! Die Z-mannetjie met sy glyerige Porsche is maar net een so voorbeeld!

André ·

As nie skuldig was/is nie sou sy saamgewerk het met die owerhede. Help nie sy wil nou ň issue daarvan maak nie.

piet piet ·

Die “owerhede” se breathalyser het n probleem sou jy n hotcross bun eet sal hy n verkeerde lesing gee,so nou reken jy deur n toestel te gebruik wat nie 100% akuraat is nie gee dit jou owerhede die reg om mense aan te rand en te intimideer?

Nick ·

Almal neem videos. Sy mag haar nie verset nie. Hier is nou mooi bewyse teen haar

A Klaassen ·

Sommige mense is vreeslik bang vir naalde. Ek is nie, maar ‘n naald in enige Jan Rap en sy maat se hande gaan my ook laat veg vir ‘n vale.

Linda ·

Hulle moes haar hospitaal toe gevat het. Eks jammer al is ek nugter gaan ek nie laat enige iemand net my bloed trek nie. Die eenvoudige rede is my are is diep en hulle suķkel om my are te kry. Dis uiters swak as hulle binne perke opgetree het dan sou hulle haar familie toegelaat het om videos te vat. Veral al iemand n alkohol toets misluk maak seker jy tree binne wet op as jy deel vd wet is. Het hulle ook probeer vasstel of sy ni n vrees vir naalde het nie????

JR ·

Ek stem. Ek dink net daar was genoeg vroulike poliesie lede in die kantoor. Waarom moes n man haar vaspen. Ek sou ook baie beangs gewees het as n man my vasgepen het, of ek nou onder die invloed is of nie. Ek sou ook skree as iemand bloed trek sonder uniform of handskoen. Waarom vasgedruk in n poliesie kantoor? Waarom nie net hospitaal toe met dieselfde span wat nou daar rondstaan en kyk nie?

Hanna Hoekom ·

Hulle was daarop uit on haar te verneder en te verkleineer. Dis al. En haar velkleur het beslis teen haar getel.

Vraagteken ·

Hanna, dalk was hulle daarop uit om haar skuldig te bevind??? Dalk het hierdie geval niks met ras te doen nie???

Lynne ·

Uiters onprofessioneel gehanteer!! Die dame is onwaardig hanteer en haar menseregte is geskend!! Slegs die dame en ‘n Kwalifiseerde Vroueverpleegster/Sister moes die aangeleentheid privaat hanteer het! Geen mans of ander vrouens sonder handskoene mag teenwoordig wees nie!

Colleen ·

Ek se sy mag nie so erg vasgedruk word nie en die manier wat dit gedoen is le bIe naby aan betasing en seksuele aanranding. Dit lyk of hy homself op haar afdwing. Nee dis nie van pas nie sorry. Moenie met bog storie kom nie. Hel as dit een van hulle familie lede was was die het los. Nou mag hulle dit so doen.

Angel ·

Stem saam…maak bohaai oor dit wat moet gedoen word.
Dit was protokol en wet.
Vrystaat en André…julle kopskuif veroorsaak oopkop sieninge hopelik.
Sou almal haar kant kies as sy rede van jou geliefdes se dood was oor sy duidelik onder invloed was.
Mense baie uitgesproke en dit is jammer. Doen bietjie vrywillige werk op naweke en sien hoe word die SAPD of Metro polisie behandel beledig gevloek en selfs bygedam deur elke dronkie en sy maat.
Volgende keer is jy die een wat aan ander kant staan en sien hoekom is sy afgetrek…blaas opsies is hulle nie streng mee nie aangesien dit slegs aanduiding is…en hulle kry tyd waarin jou “mondspoel” asem weer en weer kan blaas…tensy daar beweegrede is dat geen samwerking gegee word nie en dat ander mediese toetse gefaal is.

Oujongvrou ·

Jo, jo, jo, kry n prokureur. Daai is verregaande. Hele kantoor staan vol mense. Daai verpleegster het nie handskoene aan nie. Die dame is mos vrywillig daar, so waarom moet n groot sterk man haar vasdruk. Toe hy haar n slag los, sit sy doodstil en probeer nie wegkom nie. Nee wat, dis slordig gedoen. En nou as die bloedtoets kom gaan sy weer moet toetse laat doen om te bepaal of dit ooit haar bloed is. Tragies.

piet piet ·

Het jy genoegsame bewyse vir jou stelling of gesels jy maar net saam.

Vraagteken ·

Ja, jy moet defnitief ‘n prokureur kry-veral as jy skuldig aan dronkbestuur is.

VonB ·

Kan ons asb ‘n opvolg storie kry – bevestig asb wat was die uitslag van die bloed toetse?

LB ·

As ‘n manlike metro polisielid my so vaspen sal ek sekerlik ook skreeu dat die dak lig en ‘n persoon met ‘n moontlike vuil naald my bloed wil probeer trek en met soeveel toeskouers in die omgewing! My opvatting is dat ons geen regte meer het nie. Geen respek en geen waardigheid nie. As ek ‘n spietkop of ‘n SAP lid sien raak ek vreesbevange want daar is geen manier om ‘n redelike gesprek te probeer voer nie.

Emma ·

Ek stem die naald kan vuil wees so ek sou ook gil en skree. Daar is verseker genoeg vrouens wat haar kon help. Skokkend om te sien hoe word mense hanteer

JJ ·

New Update: MMC for Public Safety Michael Sun said that the law do not permit a police officer to physically restrain a person who refused to provide a sample for law enforcement purposes. The MMC said if anyone was found guilty of any wrongdoing, they would face appropriate and swift disciplinary actions.

piet piet ·

Is mr sun a member of the DA party because that would explain his opinion.

Martin ·

Kyk as sy dronk was sal sy haar pakslae kry ek het geen probleem daarmee nie punt. Maar die manier wat sy vasgepen is wat sy amper in histerie geskreeu het is mos helemal verkeerd wat as daai vrou n anurisme gekry of n beroerte agv van haar vrees. Dalk het sy n vrees vir naalde ……sal ma moet wag en sien. Sover ek weet al trek daai suster bloed bly sy n pasient sy isnie n misdadiger nie todat dit bewys is. Daai suster het geen bathopele reels gevolg nie ek wonder of sy ooit gerigistreer is by Sanc . Net die DG mag bloed trek hy magnie eers vir n suster opdrag gee om bloed te trek nie. Neewat EMPD betaal ma solank hulle eis in hulle rekening in julle gan pakslae kry hier.

JM ·

Rêrig??? As sy onder die invloed was moet sy maar die nagevolge daarvan dra. Mens kan nie na die video besluit dit was ‘n oop naald nie, dit was tien teen een uit die steriele verpakking gehaal voor die vrou begin tekere gaan het.

Ek wonder hoe erg mense daarop sou aandring dat bloedtoetse gedoen word om te bewys iemand was onder die invloed wanneer so iemand in jou vas ry met jou gesin in die kar. Dis net oor sy ‘n blanke vrou is dat dit nou so groot storie is. Dit maak heeltemal sin dat ‘n man haar moes vas druk, ‘n vrou sou nie kon nie. Moes sy dan nou skotvry daarvan af kom aangesien sy nie ‘n bloedmonster wou gee nie?

In Amerika sou sy tien teen een ge”tase” word en hier maak ons ‘n hengse groot storie oor die polisie hulle werk wil doen.

Belaglik!!! Of die polisie hul werk doen of nie, daar sal altyd ‘n gekerm en kla wees.

Kobus ·

Ja TM, sy is steeds iemand se dogter. Wag tot jou dogter so behandel word.

Anoniem ·

Al was sy dronk dan moes hulle haar na die distriks geneesheer geneem word wat die bloed sou trek. Daar laat hulle haar op n bed le en word vasgemaak. Dit wat die klomp gedoen het is onaanvaarbaar en sy moet n klagmaak vanaanranding asook betasting want as jy mooi kykhet n manlikke beampte tussen haar bene gestaan en haar vasgedruk. Sy moet regshulp kry.

Mag ·

Ek stem volkome saam. Dit is uiters onaanvaarbaar. Ek sien ook geen bewys aan die sogenaamde persoon wat die inspuiting toedien dat sy enige mediese/verpleegster uitkennings ‘wapentjies’ of ‘etikette’ op haar klere is om te wys dat sy wel ‘n mediese sister /verpleegster is nie. Sy Sister/verpleegster het nie handskoene aan nie. Daardie naalde wat sy gebruik kan ook nie skoon wees nie. Geen sterile omgewing nie. Duidelik onhigieniese omgewing!! Geen korrekte prosedurers is gevolg nie!!! Hoekom jaag die verkeersman die man weg wat die foto’s wil neem as bewyse???

J ·

Dankie JJ
Dit klink beter….die situasie baie sleg hanteer dronk of the not

# ·

Die feit bly staan al het sy gedrink of onder die invloed bestuur was die korrekte prosedure nie gevolg nie en die toeskouers wat teenwoordig is ontoelaatbaar en dit moet in ‘n privaat/apartekamer gedoen word.

Jackie Meintjes ·

Ek is 69 en het vier kinders in die lewe gebring, een kind verloor in motorongeluk, 13:00 en bestuurder was dronk, maar ek is so bang vir n inspuiting dat ek hartkloppings kry en migraine van vrees. So moenie vir my vertel dit was reg nie, geen een mag so behandel word nie, dit moet in n hospitaal gedoen word, ek sal hulle dagvaar tot by oom Daantjie in die kallerhok. Wie sê daardie naalde ens. was gesteriliseerd, dalk gebruikte naald, nee dis verregaande en so iets mag nie geduld word nie. Waar gaan dit eindig? As sy onder invloed was en bestuur het dan moet sy verantwoordelikheid vat vir dit, beslis. Maar bg. is aanranding. Ek glo nie enige jan rap en sy maat het die reg om my vas te pen en met naalde te takel nie, kry n Dokter of gekwalifiseerde persoon in n higieniese plek en laat dit professioneel geskied waar bloed reg geberg en hanteer word vir ontleding. Nee mense dit is nie aanvaarbaar nie en ons mag so iets nie duld nie.

Sarel ·

Ek verbaas my elke keer aan mense wat kommentaar lewer sonder om berig te lees.
Sy het nie gestoei omdat sy skuldig was en nie wou laat bloed trek nie. Meneer indien jy nie weet van die Fobi oor naalde nie moet asb. jou onkunde openbaar maak nie. Sy is skuldig??? Sover ek weet is niks bewys nie.

Karolis ·

Is dit nie tyd dat hierdie vrot jmpd lede op hulle plek gesit word nie?
Daar is seker goei regslui wat ook MM lees.

Gert Kruger ·

Die kommentaar van “Gert van Wierdapark” is nie ek nie alhoewel ek ook “Gert van Wierdapark” is!

Heidi Lundie ·

Ek behou my voorreg tot n opinie tot ek uitvind of sy regtig dronk was. As jy was kan hulle haar vol gate steek dat sy soos ‘n gieter lyk.

Terry ·

Dis malligheid dat hulle n persoon se menswaardigheid so kan benadeel deur aggressiewe fisieke dwang. Hoe bestaan so wet en sekerlik moet gesonde diskresie toegepas word. Die blaastoets moet in so geval voldoende bewys wees en swaarder gewig dra veral indien die persoon weier agv vrees.

Vintcent ·

Drank is koning in SA. Ongelukkig is diegene wat wet en orde moet toepas nie opgewasse teen die wettelose en astrante volk nie.

Johann du Toit ·

Wat is my regte indien ek in hegtenis geneem is vir dronkbestuur?
1. Om met respek en waardigheid behandel te word;
2. om te weet wie is die mediese praktisyn;’n Polisiebeampte is wetlik verplig om die gearresteerde persoon na ʼn geregistreerde mediese praktisyn te neem indien bloedtoetse geneem moet word.
3. om te weet wat om te verwag tydens die ondersoek – die proses moet met jou bespreek word;
4. die reg tot toegang tot my eie mediese praktisyn, indien hy of sy beskikbaar is, wie se kostes ek self sal dra;
5. die reg om ondersoek te word in ʼn plek wat ontwerp en toegerus is vir hierdie doel – nie ʼn polisiesel, aanklagkantoor of swak toegeruste plek nie.
6. Die fisiese welstand van die persoon geniet prioriteit.

H ·

As jy drink moenie bestuur nie. Al is dit net n slukkie. As jou velkleur verkeerd is sal hulle maak wat hulle wil en daarmee wegkom. VF +kan maak wat hulle wil geregtigheid sal nie seevier nie.

SoosDitis ·

My vraag is hoekom die vrou so hardhandig hanteer… En die blinds die heeltyd try toe trek?
Het hulle probeer om haar rustig te kry ten minste voor hulle haar geviolate het? Was die naald skoon?

MT ·

Kom ons speel ook die ras kaartjie!!! Sy is wit!!!! Hulle intimideer ons en praat met ons met geen respek!!!! Jy wat ‘n wetgehoorsame burger is sal ge-intimideer word oor jou velkleur. Sy het (soos wat ek gehoor het) erken dat sy 1 glasie wyn gedrink het. Hoekom sal sy so tekere gaan? Wat as sy geblaas het en die toets se lesing wat negatief en toe besluit dié dis nie goed genoeg nie, hulle sal haar bloed trek. Hulle het geen reg nie, hulle moes haar dan gearresteer het en na ‘n fasiliteit geneem het waar ‘n persoon wat actually die kwalifikasies het haar bloed trek. Nie een van ons was daar nie, hoe kan julle judge en jury wees? Die video is traumaties!!!! Ek hoop sy dagvaar hulle!!! Ek hoop daar is ‘n prokureur wat haar sal bystaan!

Wattie ·

Bloed kan enige plek getrek ( het al in hospitaal, in dokter se buitekamer en selfs in selle) word maar slegs deur dokter of geregistreerde verpleer of paramedikus. Slegs dokter kan n persoon dronk sertifiseer. Beskuldigde mag nie weier nie. Polisie mag geweld gebruik om persoon onder dwang te bring. Ek lag my dood vir al die kamma regsgeleerdes. Lees die Strafproseswet 51/1977 Art 37 en Nasionale Padvetskeerswet 93 van 1996 artikel 65.

Brett ·

Rina jou opsewasies is goed. Wat se die prosediere. Staads hospitaal, beheerde omgewing, staats dokter en dan kan dit betwyfel word met die alchol swob wat gebruik is. Hoeveel skoon alkol is in opgeneem deer die naeld. Wat van die dame se mense regte.
As prosedure gevolg is sal niks op die lappe gekom het nie en geregtigheid sou geskiet. Ek hoop ‘n slim prokureur slat hul blou met die wet.

Hester ·

As mens n vrees vir naalde het gaan jy so tekere. My dogter is ook vreeslik bang vir naalde. Haar suiker moes eendag getoets word en sy het n erger bakleiery opgesit as die meisie. Kan jul dink watse traumatiese ervaring dit vir die meisie was. Aan die anderkant moenie eers n sippie drank vat as jy weet jy gaan agter n stuurwiel inskuif nie.

Hennie ·

As ek afgetrek word en moet die blaas toets doen en daardie Drager toestel gee die verkeerde lesing sal ek nie dat iemand net my bloed trek nie. Die polisie kan nie vertrou word nie, dat mense dit nou nog nie weet nie verstom my.

Hier is mense wat baie vinnig uitspraak lewer sonder dat een van ons weet wat die eintlike waarheid is.

San ·

Stem saam dat die metro polisie die situasie beter kon hanteer. Maar10 uit 10 vir hulle om mense vas trek vir dronkbestuur. Hopeloos te veel dronkbestuurders op ons paaie.

Gawie de Beer ·

Die hele situasie is verkeerd hanteer ek was self in die bedryf en het vele dames (blank en Swart) gearresteer vir bestuur onder die invloed. jou eerste ptioriteit is om ‘n vroulike kolega te kry om jou te vergesel na die SAPS en DG (Distriks Geneesheer) om bloed te trek. Sou die vroulike persoon har verset teen die trek van bloed mag haar liggaam in bedwang gebring word vir doeleindes van bloed trek, maar deur vroulikewetstoepassings personeel
Ek het al vroue SAPS lede van Hilbrow SAP laat kom om te help met ‘n moeilike dame. Daar is verskeie vroulike lede wat sit en lag en kommentaar lewer maar nie ‘n vinger veroer om te help nie. Dit is wat hierdie situsaie so absurd maak. Die manier wat die manlike metro lid op die dame lê om haar ligaam in bedwang te hou is seksuele aanranding. Daar is vele ander maniere om die dame se ligaam in bedwang te hou vir doeleindes van bloed trek. Verekeie interne reels en wette is hier oortree en ek kies nie kant van die dame nie, dit is die reg van die magistraat in dioe hof. Daar is niemand wat nou seel nommers neer geskryf het nie en daar kan gepeuter word met die bloed. Goeie idee is om by ‘n erkende instansie te gaan bloed trek en bloed groep te bepaal sertifikaat te kry om hierdie moontlikheid uit die weg te ruim. Sal interesant te wees om die uitslag van die episode te hoor.

Suzie ·

Ek het al iemand gesien wat dronk lyk maar eintlik onder die invloed van ‘n dwelm middel was “CRYSTAL METH” en hulle is op en wakker en kan nie stil sit nie, hulle mompel en loop soos ‘n dronkie rond. Dit is deesdae net so groot probleem en beamptes is glad nie opgelei om so iets te hanteer nie. Hulle het ook gedink sy is dronk maar kon glad nie die drank ruik nie en sy het weg gekom daarmee.

barend v d westhuizen ·

ja sy was dalk dronk het eimand daar aan gedink dat sy dalk bang was dat hy haar vil verkrag ?? ek drink nie maar sal ook nie laat n persoon wat ek nie weet of dit n suster is my bloed trek nie moet die persoon na n hospitaal toe geneem het toe sy nee gese het maar soos normal weg dink hulle kan ook die wet verbreuk en weg kom met dit

die Regters sal dit approve ·

Daar is baie “regters” wat dit sal approve WANT SY HET MOS GEDRINK.
maak nie saak of dit reg of verkeerd is nie, DAAR SAL BESLIS APPROVAL KOM OOR DIE VIDEO!!!
as sy nog verkrag word ook sal die regters OOK approve – want sy het gedrink, dit vat alle regte weg van ‘n vrou – dis hoe daar vandag redeneer word!

Goedkeuring ·

Die nie reg nie. Enige wet oortreder moet volgens prosedure behandel word.

Maar omdat sy “gedrink” het, MAG hulle doen wat hulle wil. Sal nie verbaas wees as die “REG SISTEEM” die goed keur nie!

Vandag se mense sal hierdie gedrag van die polisie goedkeur, veral mans. Sy het nie ‘n kans nie. As daar nie videos was nie sou NIEMAND HAAR OOK GLO agterna nie, ook nie die “manne” in beheer van die reg nie!

Les om te leer vir haar = moenie drink nie, dit ontneem (onregverdiglik) jou van jou vroulike regte en jy sal nie kan wen nie, hulle staan saam, die polisie en die “regsspanne”

Stef ·

Dronk of nie, skuldig of nie, sou “gelike” het om media se reaksie te sien as dit n swart vrou was wat so deur n klomp blanke beamptes behandel was.

Maro ·

Sy klink verseker bietjie getrek, maar die metro polisie behoort van beter te weet. Dis omdat mense in gesagposisies nie weet wat om te doen nie en ook nie die moeite doen om uit te vind nie. Gee haar dan n boete of sluit haar toe totdat haar ouers haar kom haal. Ek hoop sy neem hul hof toe.

Flip ·

Ek is jammer om van julle se bubble te bars…..Hulle mag die nodige hardhandigheid gebruik om iemand onder beheer te bring…..ek was n reservis gewees….baie kyk na swart en wit in die geval….Ja jammer dit het so uitgedraai……EN dan wanneer gaan ons leer…..moenie drink en bestuur nie so simpel soos dit.

Piet ·

Maar gaan kyk op witkoppen in die oggend oe ry die taxis en Uber drywers , en waar is die brawe metro dan , Nerns te sien nie , ,maar hulle is voluid in die aand daar want dan kan hulle mos lekke bribes vat

Tanya ·

N mens maak nie verkeerd met verkeerd Reg nie….. Die dame het die reg gehad to n prokereur, en tot n gerigistreerde praktyk vir bloed monsters ek sal net so tekere gaan hoe weet jy die naald is skoon????? Aids is vol op die dame wat die bloed trek is sy gerigistreerde nurse ek dink nie so nie anders sou sy haar werk geken het om handkoene aan te he en nie dat nog n ou aan n stuk watta vat ook sonder handkoene nie, nee man, van waneer af mag n mans persoon n dame to bedwing bring???? Met sy sy lyf heeltemal bo op haar Miskien as dit n Dame was wat haar vas gehou het en daar hanskoene skoon naalde ensv was dit n ander saak maar niemand volg meer Reels nie beide is verkeerd maar hoe dit geanteer was,ONPROFESSIONEEL!!!!! en dit deur die mense wat die regte beter as enige een moet ken en weet

Gerda ·

As daai nou n swart persoon was en n witte probeer bloed trek……

Willie ·

As ek nie van beter geweet het nie, lyk dit soos poging van verkragting…

JohanL ·

Ek is natuurlik ook erg teen dronkbestuurders en stem dat hulle as hulle dronk is, van die pad verwyder moet word. Maar daar is sekerlik ‘n korrekte prosedure om te volg (ek lees oa Wattie se insette) en alle aanduidings in die video is dat die korrekte prosedure nie gevolg is nie (oa trek blinders toe, man wat vrou vaspen, kamtige verpleegster wat nie handskoen het nie).

So ek hoop sy dagvaar die wille waks uit hulle uit.

Blommie ·

Wel ek moet se ek is gedeel 50/50 in hierdie saak van altwee af.
Wonder as daar n suster betrokke is of hulle beite die hospitaal mag bloed trek?
Wonder of die naeld voor haar oopgemaak was?
Ek verstaan nogals dat wet toepassers verstreerd raak oor elke dronk persoon wat se jy mag nie aan my vat of sal nie. Die publiek het baie meer regte en kan die oowerhede toets dink ek, maar ja hard handig hanteer en vasdruk was nie reg nie.

Marius ·

Bloed moes by hospitaal getrek word deur distriks geneesheer en niemand anderste.

Nee ·

Nee Marius toe nou nie, deesdae is baie polisiestasies geakrediteer om bloed by die stasie te trek om die prosses te vergemaklik. Daar is verpleegsters wat aangestel word om op die perseel te wees ten alle tye. Die naalde en so word in geseelde boksies gesit met spesiale kodes op. Saam met die verklaring van die beampte word die nommer ook op die boks geskryf. As die vrou net rustig was sou hulle haar deur die prosedure gevat het en kon sy ook self sien wat hulle skryf waar hulle die naalde vandaan kry. En plaas die klomp wat buite staan kry n prokereur maar om honderde videos te neem is vir die jeug meer belangrik.

Petrus ·

Nee, jy het darem baie vertroue in die JMPD. Hulle kan nie eers behoorlike verklarings afneem nie. Hierdie is nie die NYPD nie. Al daai boksies met die kodes kan maklik deurmekaar raak.

Anna ·

Kan MM die jong dame se kant van die saak ook publiseer.
Die mense wat uitgejaag word was seker saam met haar in die voertuig – hulle kan ook sê wat hulle gesien en ervaar het.
Die hele Johannesburg weet dat Douglasdale SAP al verskeie kere in die nuus was vir al die verkeerde redes.

Ek glo sy sal die gevolge dra INDIEN sy onder die invloed bestuur het. Maar dit gee nie JMPD die reg om haar onmenslik te hanteer en deur ‘n man te laat vasdruk nie. DIT is aanranding.

Ek hoop daar is ‘n regsgeleerde wat die dame sal bystaan.

Denise ·

Dit is uiters swak is enige van die mense wat betrokke was n doktor , opgeleide verpleegster , nie enige een mag sommer net bloed trek nie elkgeval hoekom so baie mense liewe tyd ek sal nie dit toegelaat het nie of ek nou n drankie in het of nie die manier wat hulle die persoon behandel het is baie onprofessioneel!!!!!

JJ ·

OK, nou wat is verkeerd daarmee om te drink? Het sy bestuur, is haar regte ooit aan haar verduidelik – nee, dit is duidelik dat die Metro heeltemal hulle magte oorskry het. As jy vas gedruk word om ‘n naald word by jou ingedruk, dink jy vir een oomblik dat jy níé gaan protesteer nie? Dit gaan hier ook oor swart mense wat wit mense intimideer

oud aanklaer ·

Die Polisie was heeltemal binne hulle regte. Die bloed moet binne 2 uur vandat sy afgetrek is geneem word. Polisie mag geweld binne perke gebruik om bloedmonster te bekom. As dit my ‘dogtertjie’ was het haar ‘stert’ gebrand na die voorval. Vandag se jeug het geen respek vir gesag nie. Die voorval het niks met ras te doen nie. Hou op om altyd die raskaart te speel. Die meisiekind het gekry wat sy verdien het. Hoop sy het haar les geleer. As wetstoepassers jou samewerking vra, gee jy dit. Jy kan later in die hof jou verweer stel van ‘ek was nie dronk’ nie, of die tegniese proses van die bloedtoeds op die regte manier betwis.

JohanL ·

Ek is NIE oortuig dat hierdie voorval niks met ras uit te waai het nie. Volgens Oud Aanklaer is dit nie ‘n rasvoorval nie. Maar daar is twee kante en net so MIN soos hy kan se dit is nie ‘n rasvoorval nie, net so min kan ek se dit is ‘n rasvoorval.

As mens kyk na die absolute haat en nydigheid van sekere swartmense teenoor blankes, is daar elke moontlikheid dat ras wel ‘n sekondere rol gespeel het. Natuurlik was drank die “eerste faktor” wat tot bepaalde aksies gelei het (arrestasie, bloed trek), maar die wyse waarop dinge gebeur het, kan baie mense die idee gee dat ras ‘n rol gespeel het.

Maar dankie in elk geval vir die uitklaring oor die 2 ure.

Jan ·

Hulle sê dat sy die blaas metode nie geslaag het nie, wat beteken dat sy onder die invloed was. My vraag egter is, was dit dan nodig vir ‘n bloedmonster selfs nadat sy die blaas toets nie geslaag het nie? Ek self was nog nooit in so ‘n situasie gewees nie, maar die aggresie waarmee hulle hierdie vrou hanteer is opsigself nie reg nie.

Ekke ·

Dit grens vir my aan verkragting… dis seker al hoe hulle dinge kan regkry nou se dae is om hulself af te dwing op die volgende persoon. Dit maak nie saak of sy onder die invloed was of nie…. niks regverdig die feit dat sy oorrompel word deur ‘n man wat tussen haar bene staan en homself op so wyse op haar afdwing, of dit nou was om haar te bedwing of nie. Hy hoort nie daar nie !!. Wens net sy kon dit regkry om haar knieg betyds te kon oplig, maar dan sou dit seker weer aanranding van haar kant af gewees het.. net siek… geen ander woord nie !!

Francois ·

Kom ons begin heel voor met die storie. Daar word beweer sy het nie die blaas proses geslaag nie. My vraag is of was die apparaat in n werkende toestand en waar is die nuwe apparate wat met Paastyd gebruik is waar geen bloedtrek benodig word nie ? Wat is die tyd verskil tussen wat sy geblaas het en wat bloed getrek is ? In my tyd wat ek deel van die Gereg was het ons nooit met mense wat oor die limiet was gesukkel nie want hul was te besope. Ek glo eerlik daar gaan niks van die interne ondersoek kom nie. Sal bly wees as die saak opgevolg kan word want daai bloedmonster se uitslae neem gewoonlik so 6 weke.

Feite ·

Who can take blood for these purposes? According to Sec 65(9) a person arrested for one of the drink-and-drive offences is not entitled to refuse permission for a blood specimen to be taken. However, an arrested driver can request that his or her medical practitioner be present. In accordance with the rights of an arrested, accused or detained person under our Bill of Rights, the accused can demand to be shown that a sealed syringe and needle is used during the taking of the blood. According to Section 37(2)(a) of the CPA, the people that are authorised to take blood specimens are “medical officers of a prison, district surgeons or, if requested to do so by a police official, a registered medical practitioner or a registered nurse”. Once the authorised person takes your blood sample, it will be submitted to a state laboratory for scientific analysis. The analysis enables an expert to ascertain the estimated quantity of alcohol in the person’s blood at the time of the examination and must be done within two hours of the alleged act.

Marie ·

Ek wonder maar net, as skuldig was, hoekom dan saam gaan na die plek toe om haar onskuld te bewys? Hoekom mag daar nie n video geneem word om as bewys te lewer later nie? Skuldig of onskuldig….hier is n vet slang in die gras. Dalk is beide verkeerd. Kom ons wag vir die uitstlae? Sal nogal intressant wees. Ek kan net se, ek is glad nie bang vir n naald nie, maar vir n vuil naald, of oop een…NOT A HELL….jy sal my nie so vasdruk nie!!

Liezel ·

Nee ek stem nie saam met hoe die vrou hanteer is nie. Daar is ander maniere!!!

emily ·

Skuldig of nie, Wie gee die, Wil alles in die land reel die reg om haar so te behandel. In hoeveel ander arms was daai naald.
Ons mense vertrou julle mense nie meer nie, dis verseker.

Wonder ·

Die mense wat so klae en klomp vrae het. Ek was laasjaar afgetrek deur die lede van Pretoria se metro polisie, Ek was gevra om te blaas en ek het ‘n belaglike hoë telling geblaas. Die polisievrou het gese dat dit baie hoog is maar volgens wet moet hulle my ongeluggig arresteer. Ek het heeltyd kalm gebly en ordentlik met hulle gepraat, omdat dit hulle werk is. Hulle het my so mooi behandel. By die polisiestasie het hulle gese dat hulle geakrediteer is om my bloed by die stasie te trek en dat as ek bang is vir naalde ek moet se hulle sal my hospitaal toe vat. Ek het ingestem dat hulle my bloed trek omdat ek weet ek nie oor die limiet was nie. Hulle het my die naalde gewys en ook die boks wat nog geseel was met al die toerusting. Ek het wel in die selle geslaap maar my bloedtoetse het bewys dat ek nie oor die limiet was nie. Daar het ‘n vrou na my ingekom wat so gevloek, geskree, gespoeg, en geskop het en hulle het haar ook so behandel. Ek het nie een oomblik jammer vir haar gevoel nie want sy het verkeerd opgetree daai beamptes doen net hulle werk. En as jy nie skuldig is nie sou die meisie nie so reageer het nie. Mense is te gou om vinngers na die polisie te wys maar gaan sit een aand daar en kyk waarmee hulle moet deal.

Griet ·

Dankie vir jou WAAGMOED om jou verhaal te deel WONDER…jys reg, as jy met RESPEK WIL BEHANDEL WORD, gedra jouself…!!!!!

Karin ·

Maak nie saak of sy skuldig is of nie, hoe hulle haar hanteer het is geheel en al verkeerd en van ‘n regs aspek kan sy beslis ‘n saak teen hulle maak want hierdie grens aan aanranding. Die feit dat ‘n manlike persoon amper op haar le om haar stil te hou is ook heeltemal onaanvaarbaar. Ek moet net se as dit ek in haar posisie was, sou die manlike beampte wat my so probeer vaspen vandag met ‘n baie fyn stemmetjie gepraat het en gewens sy paaie het nie met myne gekruis nie.

Nettie ·

As sy nie iets gehad het om weg te steek nie, dan sou sy nie so ‘n kabaal opgeskop het teen die trek van ‘n bietjie bloed om ‘n ware bloedalkoholvlak toets duidelik te maak nie, nie waar nie? As sy dan bang is vir naalde, waarom nie net dit eenvoudig duidelik maak nie? Nie dat dit jou sal verskoon nie – jy sal dan maar moet wegkyk terwyl hulle bloed trek, want die verkeersbeamptes is heeltemal binne hul reg ingevolge wetgewing wat lede van die publike DWING om bloed te gee vir ‘n bloedalkoholvlak toets.

Die verkeersbeampte wat die … dame … vasgehou het, het ook net haar arms vasgehou (van wat ek kan sien) en ‘n bietjie ekstra gewig bygevoeg omdat sy so woes tekere gegaan het. Hy het haar nie onder- of deursoek nie. Ja, die persoon wat bloed getrek het het nie handskoene aangehad nie; ‘n bietjie dom omrede mens jousélf EN die ‘pasiënt’ beskerm wanneer jy met liggaamsvloeistowwe werk.

Ons weet hoeveel mense sterf jaarliks op ons paaie a.g.v. dronkbestuur. AS JY GEDRINK HET, BLY TUIS OF LAAT ‘N VRIEND JOU KOM HAAL OF KRY ‘N UBER. Moenie met jou en ander mense se lewens speel nie.

Joe_stormer ·

Dis vreemd dat net die gedeelte van die bloed trek gewys word. Ek is seker haar vriende het nie net daardie oomblik af geneem nie. Daar is n aanloop tot die punt waar jy vasgedruk moet word vir jou bloed trek. Te oordeel aan die hoeveel mense daar lyk dit of daar dalk n dronk bestuur optrede was, wat beteken daar so n gekwaliseerde mediese beampte gewees. Baie van die kommentare wys dat daar baie mense is wat in totale onkunde leef tov die onderwerp.

AgterOs ·

Ek sou graag die klomp wat so sanik hier wou hoor as daardie dame ‘n ongeluk veroorsaak het wat een van jul geliefdes se dood sou veroorsaak het.

Heksie ·

@AgterOs, presies my redenasie ook!
en het dié sulkes wat so die dronkie so ondersteun, al ooit met ‘n dronk persoon probeer redeneer? Duidelik nie!
Baie baie mense in my lewe saam met JMPD toegesluit vir dronk bestuur, ja ons het nie mense hardhandig behandel nie, maar soos gewoonlik word die hele verhaal nie hier uitgebeeld nie, net die insident by DD SAPS!
So aandjie in ‘n koue tronksel is nogal ‘n “wake up call” vir SOMMIGE van hierdie dronk bestuurders!

HN ·

Of sy nou dronk was / is of nie. GEEN persoon sal my so vas druk soos die man nie. Dit is poging tot verkragting. Daar sit genoeg vrouens om haar vas te hou.

Truia ·

Die manne wat die kamera vashou was julle saam haar in die motor?, hoekom het hulle haar nie gekalmeer en met haar gepraat nie, haar bygestaan nie, dan was dit net dalk makliker om die bloed te trek. Is hulle dalk uitgejaag? In aanskoue van almal en ‘n deurmekaar Tafel word daar bloed getrek? Dit is onprofesioneel en ek glo die dame moet berading kry na so trauma.
Die manne wat saam haar was kan dalk meer inligting gee!!!!

Rerg ·

Rerg nou. As die manne saam haar in die vertrek wass dink watse gemors dit nie sou gewees het nie en sou hulle dans eker die polisie wou aanklae as hulle ‘n paar klappe uitgedeel het. Die vrou het nie eenkeer eina geskree of dat hulle haar seer maak nie. Sy het net soos ‘n besetene geskree en gehoop dit sal haar uit die moeilikheid uitkry. Of die tafel nou vol papiere is of nie, sy in nie in een van haar privaat hospitale waar sy ‘n kamerkie gaan kry nie. Dit is die polisiestasie en nerens in die wet staan daar dat hulle dit in ‘n kamer wat netjies is moet doen nie. Hulle kon dit op die plek gedoen het waar hulle haar inhegtenis geneem het ook. So kry julle feite reg. Volgens wet is hier niks fout met die video nie, behalwe die meisie se gedrag

Griet ·

Dankie vir jou WAAGMOED om jou verhaal te deel WONDER…jys reg, as jy met RESPEK WIL BEHANDEL WORD, gedra jouself…!!!!!

Wonder soms ·

Punt is , sy was volgens die posisie, onder die invloed van drank agter die stuurwiel. Ek is geneig on dit te glo. Suid Afrikaners is lief vir drink en bestuur. Is sy bang vir naalde, die dat hulle haar vasdruk? My kind was al deur 4 verpleegsters vasgedruk om bloed te kom trek. Dit lyk baie erg, maar was nodig. Het sy geweier dat hulle bloedtrek? Nou ja. Dan is mag hulle haar mos verplig. Maar as ek die video so kyk skreeu sy victim op ‘n plek waar sy heel moontlik die oortreder is. Indien nie, hoop ek die regte mense word gedissiplineer

Ruby ·

Ek is bly die vrou is van die pad afgehaal, dit kon die dood van iemand beteken het.

Sy het geweet sy is skulding vandaar die reaksie. Om te skreeu soos ‘n viswyf probeer sy die situasie erger laat lyk.

Die vroue konstabels kon ten minste probeer help het, glad nie nodig vir ‘n manlike beampte om so oor haar te leun nie!

Die konstabel wat die jongman begin stamp het en sy foon wou afvat moet ook aangevat word.

Ja, dit kon my dogter gewees het, en ek sou my doodgeskaam het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.