Video: Oproer oor ‘verbode items’ in Boksburg-tronk

(Foto: Skermskoot uit video)

Gevangenes en tronkbewaarders het Maandag slaags geraak in die Boksburg- korrektiewe sentrum in Gauteng toe die gevangenes ʼn gedeelte van die sentrum tydens ʼn verpligte soekoperasie versper het.

Daar word vermoed dat hulle die operasie gekelder het omdat hulle verbode items in hul besit het en nie wou gehad het dat dit tydens die operasie gevind word nie.

Die operasie is gelei deur die nasionale taakspan van die departement van korrektiewe dienste as deel van sy feestyd-veiligheidsprojek.

Volgens Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, het van die gevangenes foto’s van die voorval met gesteelde selfone geneem en dit op sosiale media geplaas.

“Die departement neem kennis van die foto’s, afkomstig van gevangenes, op sosialemedia-platforms en meen dit maak ʼn bespotting van die korrektiewe stelsel,” sê Nxumalo.

“Die verspreiding van selfone en ander gevalle van smokkelary is ʼn ernstige bron van kommer vir die departement en dié voorwerpe moet uit ons fasiliteite verwyder word.”

(Foto: Skermskoot uit video)

Nxumalo sê dit is duidelik dat die gevangenes die soekoperasie in die wiele wou ry omdat hulle verbode items in hul besit het.

Die departement gee erkenning aan die korrektiewe amptenare omdat hulle hulself ordelik gedra het ondanks uiterste vlakke van onbetaamlike gedrag en uitlokking deur sommige gevangenes.

Die betrokkenes sal geïdentifiseer word en regstellende maatreëls teen hulle ingestel word.

“Daar is ʼn rede waarom die regstelsel sommige mense uit die samelewing verwyder vir die doeleindes van rehabilitasie. Gevolglik sal korrektiewe sentrums nooit ʼn platform wees vir mense om ʼn gebrek aan respek vir die wet te verskans en vir die ondermyning van die staat nie.

“Daar moet harmonie en wedersydse respek oor alle korrektiewe sentrums heen wees. Artikel 32 (1) (b) van die Wet op Korrektiewe Dienste maak voorsiening vir ʼn minimum mate van geweld wat gebruik mag word en die geweld moet in verhouding tot die doelwit wees. Die bedryfsprosedures is ten volle in hierdie verband in Boksburg nagekom.”

Die oortreders het hulself op sosiale media geïdentifiseer en hierdie inligting sal in die dissiplinêre prosesse gebruik word. Daar sal beslag gelê word op die verbode items en diegene wat dit ingesmokkel het en besit, sal gestraf word.

ʼn Volskaalse ondersoek na die voorval is van stapel gestuur en die feestyd-veiligheidsoperasie sal voortgaan soos beplan.

“Gevangenes wat die gesag van die staat probeer ondermyn, weet ten volle wat die gevolge behels. Die departement sal nooit die veiligheid van ander gevangenes, amptenare, lede van die gemeenskap en diensverskaffers in gevaar stel nie.”

Posted by Clement Ndaba Menyuko on Tuesday, January 3, 2023

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theuns ·

Nog ‘n VERLOOR” teen korrupsie vir Ramsposa en Lamola aangeteken.. In gevangenes. Spesiale Taakmag ! Hardloop bang weg! Dis nou MAGTIGE CADRES! Pragtig nes hul wegkruip Ramaposa Leier buite. Gevangenes beheer tronke. Gevangenes beheer misdaad buite. Land is uitgelewer. Swak ramaposa bly stil….. bang bang bang. Wie weet nog wat die gevangenes van die Anc president weet en kan openbaar….. Die verlore land het Geen leier nie.

Dewald ·

Moet die deure sluit vir n week sonder kos .Ons tronke is te luuks.Moet gaan kyk hoe die Zimbos se Tronke lyk

Harley Davidson ·

Die ” owerhede ” wil/kan nie dissipline toepas nie hoekom nie die klomp laat werk in polisiestasies se tuine en die potholes in die strate regmaak nie.

domheks ·

Kan julle nie eers die tronkvoels hanteer nie. Net verveligheid wat so iets veroorsaak.

Nie Verbaas ·

Die korrektiewe stelsel is alreeds n bespotting. Ek weet nie op watter planeet die ANC kader leef nie.

ES ·

Dit gaan te lekker in die tronk… die beste en mees gepaste straf vir gevangenes is harde arbeid – laat hulle elke dag hard werk aan nuwe paaie bou en opknapping van infrastruktuur onder streng bewaking. Dan verdien hulle die belastingbetaler se hardverdiende geld en hulle maak hulself handig.

Hulle sit te lekker in die tronk, kry elke dag kos en skuiling en selfs gratis opvoeding. Harde werk sal hulle dalk aanmoedig om nie weer tronk toe te wil gaan nie.

ES ·

Eintlik is dit nie – artikel 38 van die Konstitusie meld nie enigiets aan oor hard werk nie.

Casper ·

Wie dra vir hulle die onwettige items aan,verseker nie mede gevangenes nie.Word die besoekers ooit nog deursoek en dan maak die bewaarders hulle skuldig aan die smokkel van dwelms en selfs vuurwapens en selfone teen ‘n prys.

JohanR ·

Rerig? Van die gevangenes foto’s van die voorval met gesteelde selfone geneem en dit op sosiale media geplaas.

Jr ·

Nie ” maak n bespotting van julle stelsel”. Julle is n bespotting met alles waaraan julle hande vat

Vanessa ·

Die tronk is nie ‘n hotel nie. Die wat hulle wangedra moet die gevolge dra. Hulle is daar vir ‘n rede. Gebruik die nodige geweld om orde te skep. Gebruik rubber bullets en sorteer hulle uit. Wat de hel is fout met julle. Hulle het duidelik geen respek vir niemand, nie eers vir hulself!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.