Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, het gesê hulle is geskok oor die gewelddadige aard van die video. Die video wys hoe ʼn meisie ʼn ander meisie se kop teen haar knie slaan, dan haar hare trek en haar ook in die gesig klap.
Volgens Shelver is ʼn dissiplinêre verhoor vir 8 Desember geskeduleer. “Die ouers van die boelie het haar intussen vrywilliglik uit die skool gehaal. Die dissiplinêre verhoor sal egter voortgaan.”
Shelver het gesê die slagoffer kry ondersteuning en ondergaan berading. “Die LUR het intussen ook versoek dat die skool van die begin van volgende jaar teen-boelie-programme aanbied.”
Shelver het gesê hulle beskou boeliery in ʼn baie ernstige lig. “Enige vorm van boeliery kan ernstige gevolge hê, en ons moet dienooreenkomstig en tydig daarop reageer. Dit is van kardinale belang dat die regte van leerders gerespekteer en beskerm word en dat leeromgewings geskep word waar leerders vry van mishandeling ten volle gebruik kan maak van hul leergeleenthede.”
Shelver het ʼn beroep gedoen op alle ouers en leerders om onmiddellik enige vorm van boeliery by skole aan te meld by 0800 45 46 47.
Waarskuwing: Die video is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
108 Kommentare
Dis geensins boelie nie… dit grens aan aanranding – as ek die ouers was het ek ‘n kriminele klag ook gelê
En die ander wat die video geneem het is nie aandadig nie? Duidelik is hierdie ‘n beplande aanval op die arme kind. Sy (die ‘aanvaller’) is geen boelie nie, sy is ‘n krimineel. Kla haar ordentlik aan van aanranding, dit is glad nie boeliery of ‘n onskuldige argument nie. DIt is aanranding met die doel om ernstig te beseer. Los die dissiplinere verhore en laat neem haar in hegtenis en kla haar aan laat sy verhoor word …
Watse soort “opvoeding” kry hierdie soort van kinders by hul ouerhuise, indien enige?
Ek stem saam, hierdie is aanranding en moet vining onder hande geneem word. Uit wat se huis kom so n kind om aan sulke geweld bekend te wees. Doen sommer ondersoek teenoor die ouers om vas te stel waar dei probleem vandaan kom…
Dis barbaars!!!