Video: Ouers, leerders dam skeidsregter ná rugbywedstryd by

’n Skermskoot van die video.

ʼn Onderwyser van Hoërskool Daniëlskuil in die Noord-Kaap is Saterdag deur verskeie ouers, twee 15-jarige leerders en ʼn hulpafrigter langs dié skool se rugbyveld bygedam – glo omdat hulle ontevrede met die man se hantering van die wedstryd was.

ʼn Skeidsregter van die Griekwaland-Wes-skeidsregtersvereniging het ook deurgeloop toe hy dié onderwyser – wat die skeidsregter vir die wedstryd was – te hulp gesnel het.

Die voorval het ná afloop van ʼn rugbywedstryd tussen Hoërskool Daniëlskuil en Hoërskool Kathu plaasgevind. Die geveg is boonop op video vasgevang en sedertdien wyd op sosiale media gedeel.

Sydney Stander, woordvoerder van die Noord-Kaapse onderwysdepartement, het aan Maroela Media bevestig dat Christo Kemp ʼn onderwyser by Hoërskool Daniëlskuil is en deur die skeidsregtersvereniging aangestel is om die betrokke wedstryd te hanteer. Die wedstryd het as deel van die departement se spolesportkalender plaasgevind.

Luidens ʼn voorlopige verslag was daar glo baie ontevredenheid oor hoe Kemp die wedstryd hanteer het.

“Ná afloop van die wedstryd het ʼn ouer hom [Kemp] gejaag en aan die hoofkant van die veld ingehaal. Die hulpafrigter het Kemp eerste geslaan.”

Twee ouers het daarna ook by die aanranding betrokke geraak, asook twee o.15-spelers wat die onderwyser geskop het terwyl hy lê. Na verneem word, is die ouers, leerders en hulpafrigter glo almal van Hoërskool Daniëlskuil.

Fires van Vuuren, ʼn skeidsregter van die Griekwaland-skeidsregtersvereniging, is beseer toe hy Kemp te hulp probeer snel het. Van Vuuren sou later ʼn ander wedstryd hanteer.

Volgens Stander is die skolerugby by Griekwaland-Wes se Hoërskolerugbyvereniging geaffilieer, en wag dié vereniging nou op die nodige verslae waarna “alle skuldiges dissiplinêr deur die Griekwaland-Wes-Rugbyunie verhoor sal word”.

“Alle tuiswedstryde vir die skool word voorlopig opgeskort tot die proses afgehandel is.

“Skole is verantwoordelik om die veiligheid van skeidsregters te verseker en die veld moet afgesper word sodat geen toeskouer nader as 5 m aan die veld mag wees nie. Die skool het hier sy plig versuim.”

Linda Holm, skoolhoof van Hoërskool Kathu, sê verskeie spelers van dié skool se eerste rugbyspan het Kemp te hulp gesnel toe hulle sien wat gebeur.

“Ek is werklik trots op die sportmanskap en integriteit van dié spelers tydens die voorval.”

Holm sê dié spelers word Dinsdagmiddag met ’n spesiale geleentheid by die skool vereer.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer.”

Maroela Media het Hoërskool Daniëlskuil Maandag om kommentaar genader, maar die skoolhoof was volgens haar kantoorpersoneel in ʼn vergadering en kon nie dadelik met Maroela Media praat nie.

‘Bom wat gewag het om te bars’

Marlyn Ingram-Ferreira, woordvoerder by Skolerugby Suid-Afrika, het die voorval ten sterkste veroordeel en dié gedrag as “onaanvaarbaar” bestempel.

Sy sê voorvalle waar ouers of toeskouers van die kantlyn af skree of moles maak, neem al hoe meer by skole toe.

“Dit was ʼn bom wat gewag het om te bars.

“Ek kry elke week klagtes van ouers dat toeskouers of ander ouers hulle by skolerugbywedstryde wangedra. Dit is ʼn groot probleem. Daar was nog altyd die soort ouer wat nie weet hoe om hom of haar te gedra nie, maar dis nou baie erger.”

Ingram-Ferreira sê dit is wel só dat sommige skeidsregters bevooroordeeld is en onregverdig blaas. Ander skeidsregters is weer nie op die regte standaard om wedstryde behoorlik te hanteer nie, wat verdere frustrasie veroorsaak.

“Geweld is egter nie die manier hoe dit opgelos moet word nie. Geskille moet steeds op opbouende wyses opgelos word.

“Toeskouers het ook nie meer begrip vir skeidsregters nie. Hulle kan nie gelyktydig oral wees nie.”

Ingram-Ferreira sê afrigters wat gefrustreerd raak en van die kantlyn af op spelers skree, is ook ʼn probleem.

“Frustrasies en emosies kook dan oor, en dan gebeur wat Saterdag gebeur het.”

Volgens Ingram-Ferreira moet daar beter opleiding vir skeidsregters in skolerugby wees, maar toeskouers moet ook beter dissipline begin handhaaf. Sy sê hoewel die vyf-meter-reël help, sal dit toeskouers nie noodwendig verhoed om moeilikheid te maak nie.

Sy sê die voorval het ʼn negatiewe uitwerking op skolerugby in geheel, en dat voorvalle soos dié uiteindelik die integriteit van die sport op skoolvlak benadeel.

  • Hierdie berig is gewysig sedert publikasie. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Vernon ·

Onderwysers wat blaas doen dit uit liefde vir die spel. Ons is nie professionele skeidsregters nie. Dis n klad op daardie skuldige skole se naam,ek vertrou daar gaan goed ondersoek ingestel word.

piet ·

Heeltemal reg. Dis gewoonlik net die eerstespan-wedstryd wat deur ‘n skeidsregter van die unie geblaas word.

Mariana ·

Ja Jessey sal seker weer so wees. Mense is oor die algemeen meer aggressief deesdae, maar skolesport mos nou nie regte plek nie. Daai skeidsregter moes baie aangejaag het as hulle hom so takel. Ai tog…..

Marcello ·

Dit is gewoonlik waar ‘n mens kan sien, dat hulle nie goeie sportman gees geleer word nie.

Marius ·

Alhoewel die veld goed beveilig was om te verhoed dat toeskouers op die veld kom tydens die Puma en WP wedstryd in Nelspruit het ons ook beleef hoe toeskouers hul vieslike ongevraagde kommentaar aan die skeidsregter toesnou. Dit lyk of jy nou oral ongemanierde moegoes kry.

Andre ·

Swak die betrokke leerders en afrigter moet heeltemal uit die sport geskors word en uit die skool geskors word.

Tienie ·

Ek het nie woorde nie.

Afgod ruggabusch het gewen.

Ek sal nooit rugby en krieket ondersteun nie….

Oom Kaspaas ·

Hier die hele probleem … Ek is self “n skeidsregter en dis een van my kollegas wat hier betrokke was. Meeste van ons ry ‘n minimum van 50kn en soveel as 300km om wedstryde in die spesifieke streek te blaas. Skole hou sport dae, klubs hou sport dae, en oral soek hulle “refs” daar is tans +- 10 aktiewe refs in daardie hele streek waarvan 3 / 4 meestal net laerskole blaas. daar was en is ‘n groot dryf om nuwe en meer skeidsregters te kry en op te lei, maar die eerste ding wat daardie persoon vir jou sê is “Ek laat my nie so vloek nie !” mense raak kwaad as sy kind nie kan speel nie a.g.v watse rede ookal maar daar word nie in ag geneem dat wedstryde nie sonder refs KAN plaasvind nie. Refs blaas Sat na Sat 3,4,5 games net dat iemand anders se kind ‘n game kan hê. Jy as ref kan nie jou gesin saamvat nie, want hulle sit op die pawiljoen en hoor die aller aakligste goed wat jy toegesnou word.

lollapot ·

Dankie vir julle opoffering en harde werk! Die kinders van 14 wat onnies skop, hoort nie op ENIGE sportveld nie!

Oom Kaspaas ·

As iemand langs die veld staan en ‘n kind sleg sê en vernerder dan is die Pa gou omgedop en almal omgekrap oor daar so van die jong man gepraat word en hy word mentally gebreek, maar wat van die ref se Pa en Ma of vrou en kinders wat elke Sat moet luister hoe sleg hulle seun, dogter, man of Pa is.

Jakes ·

Dit is betreurenswaardig dat enige persoon n ander in die openbaar te lyf gaan. En dit nogal by n skolerugby wedstryd. Ek beskou dit as niks anders as common gedrag wat sterk aangespreek moet word. Verban almal wat daarby betrokke was om weer enige rugbywedstryde by te woon en verstrek asb in die pers ook hul name. Dit spreek van swak smaak en swak opvoeding.

Barend ·

Soos spelers nie dadelik toets materiaal is nie geld dit ook skeidsregters. Almal begin iewers. Die toeskouers en spelers wat so optree is laakbaar.

philippus ·

Ek dink dit het tyd geword om ouers en dalk volwassenes te verbied by die byeenkomste. Ek was in die laaste 3 jaar nog nie by 1 byeenkoms waar wk my nie geskaam het vir snedige opmerkings van ouers nie. Ban the parents.

Mel84 ·

Ek raai die kommentaar was tong in die kies. Want ALLE onmin by skole blyk deesdae rassisme te wees.

piet ·

Een van die dae gaan die mammas mekaar met potte en panne op die netbalbaan takel.

Brandwag ·

Ek praat nie die dade goed, maar as n ouer met twee seuns wat rugby gespeel het verstaan ek die frustrasie van n ouer teenoor n skeidsregter wat soos sy g*t blaas, die unies help nie veel nie alle klagtes val op dowe ore, eposte word nie geantwoord nie, klagtes raak net weg. Kyk maar vir Rassie hy was reg en het nogsteeds pakslae gekry. Skoolhoofde is net so skuldig en die beheer liggaam. Daar is min skeidsregters wat ordentlik kan blaas.

piet ·

Wel jy kan nie professionele skeidsregters by elke wedstryd he nie. As gewone ouens nie volunteer nie. wie gaan blaas?

Oom Kaspaas ·

Maar sluit aan by die skeidsregters en help hulle uit ! Wys vir hulle die standaard wat jy verwag daar moet geblaas word. Ek doen dit al 15 jaar. Jy kan die beste skeidsregter in die wêreld wees ondersteuners/ouers kyk deur die kleur van sy span en nie na die wedstryd uit ‘n reël oogpunt uit nie. alles moet vir jou span gaan veral as daar ‘n 50/50 call is en jou span kan dan niks in jou oë verkeerd doen nie en die ref is dan verkeerd sou hy jou straf vir iets wat jou span wel gedoen het.

Net ek ·

Nou ja toe, as jy dan so goed is en alles weet en oë kan hê op 30spelers en ‘n bal, hoekom kwalifiseer jy nie jouself as ‘n ref nie? Net soos enige iemand anders, bly ‘n ref ‘n mens en behalwe as jy volmaak is, mense maak foute.

Brandwag ·

Ek sien ek het n paar manne warm onder die kraag, die skeidsregter en die skool het n verantwoordelikheid teenoor die kinders op die veld, ek praat nie van n fout wat nie raak gesien word nie, ek praat van growwe nalatigheid waar kinders seer kry en skeidsregters nie optree nie, waar skeidsregters nie in beheer van die spel is nie, ek was al by n wedstryd waar altwee kante die skeidsregter wil pakslae gee en daar is skeidsregters wat spanne bevoordeel of provisies bevoordeel. My punt wat ek stel is dat skeidsregters niks oorkom nie, daar moet tog verantwoording gedoen word teenoor n organisasie of teenoor die skool of dan teenoor die ouers en dit gebeur nie, volgende naweek blaas daai skeidsregter weer en die kinders kry weer seer en die ouers raak weer boos.

Di ·

PARTY mense het net GEEN maniere nie! Vloek, skel en fisiese aanranding omdat jy ongelukkig is oor iets is volgens my LAE KLAS, agterlike gedrag. Daar is baie beter maniere om hierdie ongelukkigheid op te klaar. SIES, skaam my vir sekere mense se gedrag

Nierkie ·

OK so die onderwyser (die Ref) is van Danielskuil en die aanvallers is ook van Danielskui en selfs die kind wat mnr so lekker skop is ook van Danielskuil – Dankie ek het dit

Kortbroek en plakkies ·

In my de het ons rugby gespeel om dit te geniet. Die skeidsregter se beslissing was finaal want ons het nog respek gehad vir reels. Dit is so jammer dat dissipline en respek by die deur uit is en dat mense so laag moet daal.

Marcello ·

Dit kom nie van vandag af nie, ‘n kollega van my wat rugby afgerig het en skeidsregter was, het al 10 jaar terug moes vlug vir die rugbyspelers wat hom wou aanval. Op een geleentheid moes die Polisie hom kom uithaal tussen die aanvallers.

Net ek ·

Dis baie hartseer dat dit gebeur het, ek voel jammer vir Mnr Kemp hy blaas wedstryde waarskynlik uit die liefde vir die sport. My seun is ook ‘n ref en het ek al eerste hands ervaar hoe ongeskik en ongemanierd mense kan word langs die veld. Daardie ou met die fluitjie in die middel het kursusse gedoen, naweek vir naweek langs en op die veld spandeer. Vir wat, om gevloek te word? Wanneer jy as rugby ondersteuner weer so op die ref vloek en skree, onthou hy is ook iemand se seun of man, dink net eers hoe sou jou hart voel as daar so op jou seun geskreeu en vloek word.

Swerwer ·

Mooi man dit is hoe die ANC wesens die landburgers leer om dit te doen. As ‘n mens eers tot op die ANC vlak daal is dit verby met jou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.