Front Nasionaal het Vrydag ʼn vlag van die SAKP voor die departement van korrektiewe dienste in Pretoria aan die brand gesteek tydens sy betoging om Clive Derby-Lewis se vrylating op mediese parool te eis.
Derby-Lewis is met kanker gediagnoseer en het na verwagting net ʼn jaar oor om te lewe.
Die party, Derby-Lewis se regspan en ander ondersteuners het op 12 April ʼn memorandum aan die departement oorhandig, maar niks het daarvan gekom nie. Sy regspan het weer ʼn aansoek vir mediese parool by die departement ingedien.
Die departement sê hy is bewus van die aansoek en dat die nodige prosedures gevolg word.
Derby-Lewis dien tronkstraf uit vir die moord op die destydse SAKP-leier, Chris Hani.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Dankie Front Nasionaal vir jul omgee wat betref Meneer Derby-Lewis. Dit is onmenslik om hom ordentlike mediese sorg te weier.
Dis goeie nuus, ek hoop regtig daar sal nou dringend aandag aan gegee word.
Geagte Dr Roodt, ek het u al baie in die verlede gekritiseer i.v.m. u politieke aspirasies en spesifiek ook i.v.m. die Derby Lewis aangeleentheid. Ek voel dit moes lank terug reeds in `n netelige aangeleentheid vir die regering geword het.
Hier het u gedemonstreer dat u bereid is om vir hierdie saak op te staan in die publiek. Dit kan, soos u seer sekerlik ook weet, `n punt van samesnoering word en dalk die katalis wees vir baie meer.
Dus, ek wens u geluk en aanvaar asb. my opregte dank. Soos ek reeds lankal al terug op u werf dit gestel het, enige man wie sy nek uit steek vir enige Afrikaner saak sonder skaamte is in my oë `n held. Wel gedaan.
Ek wil tog net vra, is dit werklik nodig om die debat rondom hierdie saak te kompliseer met ‘posthumanisme’, ‘Godsdienstigheid’ etc ?
Indien alle Afrikaans sprekende mense aangetrokke gaan voel tot die kern van die saak dan sal dit wees omdat almal dit verstaan en almal daarmee saam stem en daarmee simpatiseer.
Persoonlik is ek meer aangetrokke tot die ‘beskaafde norme en waardes’ waarop u die beroep sou baseer.
Lank leef die Bee Aah studente !!