Video: Partye praat oor landelike veiligheid

‘n Skermskoot uit die video.

Veiligheid in landelike gebiede berus op die samewerking van alle belanghebbende partye. Só sê Bheki Cele, minister van polisie.

Hy het Woensdag deelgeneem aan ʼn parlementêre voorligtingsessie oor die nuwe veiligheidstrategie wat hersien word om die uitdagings van landelike gemeenskappe te takel. ʼn Brandpunt waaroor daar koppe gestamp is, is die statistieke oor plaasmoorde.

Genl. Kehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het aan die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie bevestig dat georganiseerde misdaad na landelike gebiede beweeg en dat sindikate al hoe meer op plase bedryf word.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

sweiz ·

Die DA moet pak slae kry by die volgende verkiesing want net die VF+ praat namens die afrikaans sprekende burger van hierdie land ,die DA neen aan hulle sal die stemme kry soos die ANC glo die stemme van die informele nedersettings gaan vir hulle stem en daarom hoef hulle niks te doen nie.

Sarel ·

Ek mis n paar van die beterweters se kommentaar vanoggend. Miskien word dit nou duidelik dat die plaaslike gemeenskappe nie sit en wag nie maar aktief deel met misdaad .

Wdp ·

Hoe meer VF+ ondersteun hoe groter invloed. Al dink mense VF is klein, hulle doen meer as ander groter partye

Hendrik UAE ·

Hierdie kamstige omgee is net n manier van Cele hulle om meer van hulle eie op die plase te kry voor die grond onteiening begin.

humor ·

Ons behoort dit mos van die begin af te verstaan het. Dit is n gemeenskapsaak.Ons moet minder in eie belang by ons buurman verby ry en omgee vir mekaar. Gemeenskap organisasies moet gestig word. Op alle boereverenigings moet plaasbeveiliging eerste op die agendas te wees.

Johan ·

Hoop die DA kry op hul neus. VF al een wat iets so oor al die moorde. My stem gaan VF+

Adèl Maartens ·

Ag ek wens só die mense wil hul oë oopmaak en vir die VF stem. Ons enigste hoop vir ons kinders. DA is te gepla oor getalle dat hulle ons mense se belange agterlaat. Be careful what you wish for…..

Anoniem ·

VF stig jul eie kommandos daar is nog genoeg manne beskikbaar wat die onopgeleides te kan oplei. Dan moet julle vir ons wapens kan gee om ons te kan verdedig en om oorlog mee te maak want dit is ons voorland. Ons moet onthou ons veg nie net teen die vyand hier in ons midde nie ons grense le oop en hulle kan in duisende oorkom om te kom help. Zuma se moet nie bloed laat vloei. Jammer ou perd die bloed vloei al lankal.Die tyd het gekom om op te staan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.