Video: Sanger se nagmerrie-ervaring toe skote klap voor Kaapse nagklub

Die winkelsentrum waar die skietery plaasgevind het. Foto: Google Earth

Die winkelsentrum waar die skietery plaasgevind het. Foto: Google Earth

Die sanger Quentin Prinsloo het saam met twee medesangers by ʼn restaurant in Bellville, Kaapstad gesit en eet toe geweerskote skielik begin klap het.

Prinsloo het Maandag aan Maroela Media gesê hy en die sangers Jaycee Crause en Amoré het Saterdagaand by ʼn sushi-restaurant in ʼn winkelsentrum in Willie van Schoor-rylaan gesit en eet toe die skote begin klap het.

Twee mans het glo by die Eastwoods-nagklub, in dieselfde sentrum, begin stry en uitsmyters het hulle uit die klub vergesel voor die skietery in die parkeerarea plaasgevind het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 21:00 plaasgevind. Hy het bevestig dat twee mans, albei in hul 40’s, in ʼn argument betrokke geraak het. “Daar word beweer dat die twee mans hierna op mekaar losgebrand het. Albei is gewond en in die hospitaal opgeneem.” Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

Quentin Prinsloo. Foto: Facebook

Quentin Prinsloo. Foto: Facebook

Prinsloo, Crause en Amoré het Saterdag by die Kraaifontein Gesinsfees opgetree en het besluit om na die tyd iets te gaan eet. Hulle is na die Yummy Zone-restaurant wat reg onder Eastwoods geleë is. “Ons het skielik net skote gehoor. Almal het geskree en ons het op die grond platgeval.” Prinsloo het besluit om te gaan hulp soek en by die restaurant se agterdeur uitgeglip. Hy het na die Tygervallei-winkelsentrum oorkant die pad gehardloop waar hy hulp gaan soek het. Hy is later terug na die restaurant en die polisie was toe reeds op die toneel.

Volgens Prinsloo is daar tussen 30 en 40 skote afgevuur. “Dit was die ergste ding wat ek nog beleef het. Ek sal dit nooit vergeet nie. Ek het gedink hulle het my vriende doodgeskiet. Jy dink jou beurt het gekom. Daar was bloed op die trappe en die koeëldoppies het die parkeerarea vol gelê,” het Prinsloo gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

WAARSKUWING: Die persone in die video gebruik erge kru taal en laster ook. Die video bevat ook geweld. Indien kru taal en geweld jou ontstel, moet jy eerder nie hierdie video kyk nie.

Die video is deur die gebruiker RSATV op YouTube gelaai:

http://youtu.be/JKXXG1gALAA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nick ·

“Prinsloo het besluit om te gaan hulp soek en by die restaurant se agterdeur uitgeglip” – Uh Hmm. Ek wonder.

Leeutjie ·

Met sy stert tussen sy bene! Jy los nie jou maats agter en vlug nie…..

Leeutjie ·

Sjoe Nick, Lynni, Grassie ons is omtrent oor die vingers getik. Ons leer maar deur ons foute. Die karakterontleding het my geamuseer!

Dan Esterhuyse ·

Om die storie te vertel was maar net publisiteit soek. As hy nog kon sing kan ek die publisiteit verstaa. het. Nee, hy het gehol. Bang gat

lynni ·

Wat maak dit saak of jy ‘n sanger is of ‘n kelner. Meeste mense weet nie eens wie hy is nie. En vir wat hardloop hy Tygervallei toe? Het hy nie ‘n selfoon om polisie te bel nie? En sies, soos daai klomp in die agtergrond op die video vloek.

Grassie ·

Dit lyk vir my hy los toe die mooie Amoré net daar en laat spaander. Ai ai ai…

Maryna ·

Ag Nick doen my ñ guns… wonder maar so lank as wat jy wil. Leeutjie ek weet nie wat jy sou gedoen het nie. Maar skok kan snaakse dinge aan mense doen… Lynni jy sal verbaas wees hoe baie mense regtig vir Quentin Prinsloo ken. Jy is sekerlik 1 van daai meeste mense wat him nie ken nie. Jinne dis ñ jammerte want daai man het ñ hart van GOUD. Hy sal sy laaste gee om sy medemens gelukkig te sien. Ja Grassie sy vrou is vir hom meer kosbaar as enige ander vrou. Plaas julle die man vra of julle hom kan ontmoet… dan praat ons weer.

Lynni ·

Maryna, jammer maar ek ken hom nie. Daar is deesdae so baie wat wil sing. Ons kan ni byhou ni. Maar, ek sou seker ook gehardloop het.

Derek Botes ·

Jou kommentaar spreek boekdele oor wie jy eintlik is…want byna sonder uitsondering is jy wat eerste so maklik en onkundig oordeel (soos bv: mens hardloop nie weg nie/ vlug ens.) besig om jou eie karakter te ontbloot maar die laaste is om te besef dat as jy modder gooi – verloor jy grond…Quentin ken ek toevallig ook, en nie een van julle was daar toe dit gebeur het nie…so, voor jy jou opinie gee of enige stellings maak, hoop ek jy’s slim genoeg om te besef dat jy jou karakter blootstel. Quentin het die regte storie, as jy MOET weet, vra hom, moenie jou eie afleidings maak nie

Maryna ·

Yeahhh… so bly om te sien hier is nog Quentin Prinsloo aanhangers… Bravo!!!! Bravo Derek!!!! Quentin mag God se liefde en seën oor jou reën. Mag jou pad voorentoe so vol sukses en geluk wees. We Love Quentin!!!! Lynni Quentin sing nie van gister af nie. Hierdie Jesuskind sing al van jare terug. Het jy dan nog nooit “Reën oor my” gehoor nie?

Lynni ·

Ek het nog nooit van hom gehoor. Sorry. Is dit dan nou sonde as mens ni alle sangers ken ni.

MIX ·

Ek sou tien teen een net so gegil en gevloek het. Ja dis nie reg nie maar skok laat mense snaakse dinge doen.

MnM ·

Taal gebruik van die jong mense het my meer geskok as die geweld in die video!!! Nee mense….party ouers se kinders darem

MnM ·

Sjoe, die taal gebruik van daai jong mense het my meer geskok as die geweld in die video self. Het hulle ooit na hulself gaan luister? Party ouers se kinders darem.

Taalie ·

Julle wat so comment op die taalgebruik van die jongmense. Asb. Kom ons laat iemand gou skote in jou huis laat afgaan dan hoor ons hoe jy vir jou man vra in n kalm vriendelike stemmetjie wat op deus aarde gaan dan nou hier aan! Kom asb net by!!!!!

Streeptrui ·

As jy van die ‘winkelsentrum’ tot by Tygervallei hardloop moes hy deur die sper-vuur gehardloop het?! Tensy hy ‘n kaapse draai gaan maak het..

Die artikel gaan hom meer skade maak as daai foto wat saam die berig publiseer is..

Dink ‘n eenvoudige oproep aan die Polisie sou ‘n beter opsie gewees het..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.