Video: Taxi ry matriekseun van motorfiets af

Die motorfiets onder die taxi vasgepen. (Foto: Verskaf)

’n Saak van roekelose en nalatige bestuur is by die polisie in Gauteng aanhangig gemaak nadat ’n minibustaxibestuurder ʼn matriekseun van sy motorfiets afgery het.

Daar kan in ’n video van die voorval gesien word hoe die taxi oënskynlik van agter op Kelvin Harkema (18) se motorfiets in Roodepoort, wes van Johannesburg, afpyl. Dit jaag bo-oor die motorfiets en kom dan tot stilstand.

Volgens paramedici op die toneel was Kelvin bitter gelukkig om nie ernstige beserings of beenbreuke op te doen nie, maar “daar is niks op sy lyf wat nié seer is nie”, vertel sy pa, Diederik Harkema.

Die voorval het Vrydag omstreeks 06:40 in Progressweg plaasgevind toe Kelvin, ’n leerder aan die Hoërskool Bastion in Krugersdorp, op pad skool toe was.

Diederik vertel aan Maroela Media dat sy seun in die middel van die baan volgens die spoedbeperking gery het toe ’n taxi skielik van agter teen hom vasgery het.

Die motorfiets onder die taxi vasgepen. (Foto: Verskaf)

Sy seun se motorfiets was met Diederik se aankoms op die toneel nog onder die taxi vasgepen. Die bestuurder van die taxi se verweer op die toneel was dat Kelvin skielik tot stilstand gekom het en dat hy nie betyds kon rem nie.

Die video van die voorval vertel egter ’n ander storie.

Volgens Diederik kan daar in die video gesien word hoe die taxibestuurder maar “’n kwartsekond” voordat hy die motorfiets tref eers ’n poging aanwend om rem aan te slaan.

Kelvin is Vrydagoggend op die toneel deur paramedici ondersoek wat aangedui het dat hy wonderbaarlik genoeg nie na ’n hospitaal geneem hoef te word nie. Hy het daarop aangedring om steeds die oggend skool toe te gaan, maar verduur dae later steeds pyn.

Kelvin se motorfiets, waaraan hy die afgelope paar maande geld bestee het om dit te verbeter, is afgeskryf.

“Dit is moeilik aangesien ek moet sit en hoop dat reg en geregtigheid geskied,” sê Diederik oor sy seun se noue ontkoming.

Die bestuurder van die taxi is volgens Diederik steeds nie aangekeer nie. Hy sê die taxi het ook nie ’n geldige lisensie gehad nie.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

Posted by Diederik Harkema on Friday, June 4, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Johan D ·

Daar is niemand dood nie so waar kom jy aan strafbare manslag?

Willemien ·

Die video vertel die volle storie. Dit is skokkend dat die taxibestuurder nog nie aangekeer is nie. En ‘n absolute genade van Bo dat die seun nie ernstig beseer is nie!

Gerd Lourens ·

Die kadders dink hulle is onaantasbaar. Die sleg polisie ondersteun die siening.

Genis ·

Die Taxi behoort seker weer aan n polisie lid, metro lid, of ANC kader

Persheks Adri ·

So dankbaar hy leef! Die taxi’s is mos bo die wet verhewe en kom letterlik met moord weg!

Ben ·

Kyk na die video en sien die volg afstand. Taksie bestuurder was moedswillig.

Hendrik ·

Uiters swak polisiewerk. Wat kan beter wees as n video om die gebeure te staaf. Maggies, die gesin moet op een of ander manier bygestaan word om geregtigheid te laat geskied en die slagoffer weer in dieselfde posisie te plaas as voor die ongeluk i.e. die eienaar vd taxi moet alle skade en vir skok, pyn en lyding te betaal.

Ovelia ·

Doen asb iets aan hierdie taxis. Hul ht verseker ni almal n lisensie om te bestuur nie. Hul stop enige plek sonder wasrskuwing, ry oor rooi ligte , ry in bane soos hul wil. Druk jou van die pad af. So kan ons aanhou en aanhou se wt hul verkeerd doen. Ek hoop daai pa doen iets om die bestuurder aan die pen te laat ry

Herpiet ·

Moet net nie die bestuurder konfronteer nie. Dan skiet hy op jou

Danie ·

Hierdie is nie n ongeluk nie. Hierdie is n poging tot moord en die pa moet so klag maak teen die taxi bestuurder.

Kokerboom ·

Hierdie is weer ‘n toonbeeld van wetteloosheid en patetiese onbevoegde Polisie asook verkeerspolisie
Vraag is : Wat gaan aan die probleem gedoen word?

Persheks Adri ·

Seker niks nie Kokerboom hulle is mos “untouchable” en almal bang vir hulle…

Anel ·

Stel ‘n siviele eis in teen die taxigvereniging waaraan hy behoort. Hulle behoort mos almal aan sulke verenigings. Hulle kom mos met moord weg. Baie bly die seun is nie ernstig beseer nie. Maar nou is hy sy vervoer kwyt. Hy het seker sy sakgeld gebruik en so sy ryding op gebou. Die taxis voel niks vir niemand nie. Hoeveel mense het nie al so so baie verloor agv hulle nie, om nie van lewens te praat nie! Hoop iemand kan iets begin doen.

KB ·

Hierdie is opsetlike poging tot moord. Dis duidelik. Arresteer, sluit toe vir lank. Geen borgtog, geen uitstel vd saak nie. Kort en kragtig.

Susan ·

Is daar ‘n fonds gestig vir die kind om weer ‘n ryding te kan koop? Hierdie is seker sy enigste vervoer

Susan ·

Is daar ‘n fonds gestig om vir die kind ‘n motorfiets te koop.? Moontlik die enigste vervoer wat hy het

Renee ·

Kan die taxi nie opgespoor word op sy nommerplaat nie, of video nie maar blykbaar is die bestuurder nog nie opgespoor nie. Hoe is dit moontlik? n’ kind se lewe amper verwoes maar hy is besig om sy volgende slagoffer te soek. Lyk my as jy van die taxi vereeniging deel is kan jy maar doen net wat jy wil.

Willem ·

Dis die beste voorbeeld van moedswilligheid!Sluit die drywer toe en lê beslag op die taxi en stel n eis in teen eeienaar van taxi.Poging tot moord!!!!!

Eugene ·

Poging tot moird. Hierdie moet and Fikile gestuur word sodat hy kan sien wat die werklike oorsaak van padsterftes is. Besis nie alkohol nie dit us blote arrogansie deur taxis en trokke

Jana ·

Ek is net dankbaar dat Kelvin nie dood is nie en dat hy geen permanente beserings opgedoen het nie.

Ovelia ·

Ek hoop regtig die bestuurder van di taxi is gevang en opgesluit

Kathleen ·

‘N NOUE ONTKOMING VAN EPIDERMIESE PROPORSIES ! laat 1 van ons nou so maak dan sien jy wat gebeur . untouchable , dit is wat hulle is en ons moet maar net toekyk dat hulle maak net wat hulle wil , geen padreëls vir hulle nie . Net vanoggend jaag 1 by my verby , wit sperstreep , en ek hou by die spoedgrens van 60 kmph

Cobus ·

Taxi bestuurders doen dit in opdrag…..
jy weet van waar. So ook plaasmoorde.

Jack ·

Nie die eerste keer wat dit gebeur nie. Dit is en bly n poging tot moord soos al die ander motorongelukke.

Karina ·

Vat hierdie taxi bestuurder se lisensie (as hy een het) permanent weg en sluit hom toe! Hy pyl vasberade reg op die seun af en ry oor hom. Niemand sal vir my vertel hy het nie die kind op die motorfiets gesien nie.

Anoniem ·

Wie het hierdie Taksie aan die Bestuurder gegee????? Onnosel!!!

Wayne ·

Jip! Dit is poging tot moord! Indien die taxi bestuurder nie gearresteer is en vir poging tot moord aangekla word nie, moet dit nie daar gelaat word nie. Onskuldige blankes word gereeld valslik beskuldig en verkeerdelik skuldig bevind….

Astrain ·

Engele was om jou seun! Daardie is nalatige en roekelose bestuur en hy hoort aangekla te word van manslag. Dagvaar sommer ook sy taxi vereniging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.