Waarskuwing: Die video volg onderaan die artikel en mag sensitiewe lesers ontstel!
Kringtelevisiebeeldmateriaal is op YouTube geplaas wat wys hoe ʼn vermeende uitsmyter drie gaste glo by die Stones-kuierplek in Fourways aanrand, en daarna daaroor spog.
Die video maak groot opslae op sosiale netwerke, berig EWN.
Die video is aanvanklik op die vermeende aanvaller se Facebook-bladsy geplaas, waarna die video deur liveleak.com opgeraap is, met die vermeende aanvaller se inligting.
Shane Myburgh het die video op sy Facebook-blad gelaai en beweer hy was die persoon wat die gaste bygekom het, omdat hulle glo dwelms op die perseel gebruik het. Myburgh het intussen sy Facebook-blad uitgewis.
Die video is met ʼn selfoon van die kringtelevisiebeeldmateriaal geneem. Dit wys hoe drie jong mans iets in die badkamer rook. Dan kom ʼn man, wat vermoedelik Myburgh is, uit ʼn toilet uit en rand die jong mans aan.
ʼn Mens hoor twee mans in die agtergrond praat, een van hulle vermoedelik Myburgh, wat sê hy het hulle geslaan omdat hulle glo dagga gerook het.
Voor Myburgh se Myburgh se Facebook-blad uitgewis is, het hy daarop geskryf hy werk by Stones in Fourways, en hy het sy optrede verdedig.
http://youtu.be/62KcrtjOxjc
Wat verwag die mense, moes die uitsmyter hulle n soentjie gee, en se “Well DONE” dit is mos baie duidelik dat hulle besig was om n verbode middel te rook.
As mens op daardie tereine beweeg moet jy die klappe kan vat. Dit is al taal wat die gomgatte verstaan.
ok verstaanbaar hulle was stout maar hy het geen reg om hulle so te slaan nie.
Dis goed as hulle dagga rook of drugs gebruik slaan die hel uit hulle uit.
lekker man… as jou pa te slapgat is sal die bouncer ma.
Hahaha dit is sooo wat hulle verdien. Maar aan die ander kant die goed is dan vrylik bekombaar in sulke plekke. Maak dan maar die plekke ook toe ek dan is dit die eienaars wat die goed nie uit hul plekke kan hou nie wat eintlik die klappe nodig het.