Vier dood ná mynvervoerband-ongeluk

mynboubedryf-02

(Argieffoto: pixabay)

Vier mans is dood nadat ’n vervoerband by ’n myn in Balfour, Mpumalanga, vermoedelik geval het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die voorval Donderdag omstreeks 11:45 plaasgevind. Die polisie het nie die naam van die myn bekendgemaak nie.

Volgens inligting het die vervoerband vermoedelik geval en tot die dood van vier mans gelei.

“Die polisie en reddingspanne is na die myn ontbied waar hulle die vier oorledenes aangetref het. Twee mense het beserings opgedoen en is na ’n hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling,” het Mohlala gesê.

“Die omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie en word ondersoek. Die identiteit van die oorledenes moet ook nog vasgestel word.”

’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

“Meer inligting oor die voorval sal beskikbaar gemaak word namate die ondersoek vorder.”

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het haar medeleye met die oorledene se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Dit gaan nou weer die myn se skuld, was daar ooit instandhouding gedoen, ek kan ook nie verstaan hoe die vervoerband geval het nie, was dit nie op die grond geinstaleer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.