Vier in Jhb ‘sonder rede’ doodgeskiet

(Argieffoto: pixabay)

Die polisie sê die vier mans wat Saterdagaand in Lenasia, Johannesburg, doodgeskiet is, is “sonder enige rede” doodgemaak.

Die vier was deel van ʼn groep van ses mans wat in die strate met hul motors teen mekaar resies gejaag het toe hulle deur gewapende mans oorval is.

Volgens die polisie het die aanval omstreeks 19:30 plaasgevind.

“Vier van die mans is doodgeskiet, terwyl twee ander gewond is. Hulle is na die naaste mediese sorgsentrum geneem vir verdere mediese behandeling,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.

“Die mans was in hul motors en hulle is sonder enige rede aangeval.”

Die polisie is op die skieters se spoor.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het die misdaadtoneel as “afgryslik” beskryf.

Hierdie voorval volg sowat ʼn week nadat ʼn skietery by die Mdlalose-taverne in Nomzamo in Soweto die lewe van 16 mense geëis het. Altesaam 23 mense is geskiet, van wie 12 op die toneel dood verklaar en 11 na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Daar het verlede naweek ʼn reeks skietvoorvalle in tavernes in Pinetown, Pietermaritzburg, Katlehong en Soweto plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Mallie ·

Dit is omdat hier geen wet en orde meer in ons land is nie, dat dit so gaan.

Jack ·

Die nuwe sport in die land is om te kyk hoeveel mense jy kan doodskiet.Ry,klim uit,skiet en ry weg.As jy nie gevang word nie kry jy ‘n medalje.Die SA misdaadhool begin nou baie gevaarlik word.

Alma ·

En niemand gee n duit om nie, want die “powers that be” het mos n string lyfwagte.

Stephen ·

Sonder rede aangeval? As jy al voorheen onwettige straat resies in jou buurt verduur het kan ek dit half verstaan as iemand dalk g…..l geraak het.

T-Man ·

Sho Stephen en jou antwoord daarop is moord? Dalk is jy en die manier hoe jy dink deel van die probleem..

Lindi ·

Jy was duidelik nog nie uitgelewer aan onwettige straatresies nie. Hulle het GEEEEEEN gevoel vir voetgangers en kinders nie.

T-Man ·

Ek word uitgelewer aan mense wat die spoedgrens oorskry elke dag Lindi, dit gee my nie rede om te moor nie though…

piet ·

Ja nee, somtyds kan jy maar net jou kop skud hoe sommiges redeneer.

absoluut ·

Absoluut, dit was rede genoeg, dis moord genoeg om resies in n stad te wil jaag

T-Man ·

Hoe is dit moord Absoluut? Soos ek verstaan van die artikel was niemand dood gery nie… net dood geskiet

yahneh ·

Dood geskiet = moord (in die geval sonder rede, wat my laat wonder… word meeste moorde nie sonder rede gepleeg nie) met verwysing na die huidige toestand waarin ons land verkeer.

T-Man ·

Yahneh jy verstaan nie my kommentaar nie, dit was op antwoord van Absoluut se boodskap… wat die res van jou kommentaar behels stem ek saam want persone soos Stephen en Lindie sal net moor vir iets so klein soos iemand wat in sy kar resies jaag…

yahneh ·

@T-Man

“I stand corrected, and myself reprove.”

Dis duidelik dat ek nie opgelet het in die klas nie…

Harley Davidson ·

Hierdie insidente is nou ‘n gereelde ding ek wonder wat sit agter die aanvalle dalk ‘n beplande staatsgreep soos destyds in Zimbabwe toe mugabe uitgegooi is?

Lindi ·

Klink vir my of hulle in komepetisie is met Amerika. “If they can do it, we can do it better”

Harley Davidson ·

Jy is heeltemal reg ek het nooit so daaraan gedink nie .

marius ·

Die hele hool is afgryslik . Geen respek . Geen leierskap . Geen waardes . Geen gewetens . Dit sal nie verander nie .

Perdeby ·

Al oplossing nou is om maar in jou huis te bly as die son sak, want die silver sluipers kom vir jou.

Johann101 ·

In suid afrika word daar daagliks mense geskiet & vermoor, ons het net nie van al die gevalle gehoor nie…
Nou word dit aan die groot klok gehang… HOEKOM?…
Want die tyrannical, despotiese anc regering gaan dit gebruik om die suid afrikaanse burgers te probeer ontwapen… STRENGER WAPEN BEHEER!…
Dis mos die wetsgehoorsame burger wat die krimineel is… Tog wie word van hul wapens beroof?… Die polisie!… Soos die laaste geval, 4 polisiemanne word beroof deur 3 boewe gewapen met messe… SKANDALIG…
Die probleem is, nou het hul… hulle messe verruil vir vuurwapens… Polisie vuurwapens!…

Aanhouer ·

Raak ontslae van al die politieke vrot vis.
Hierdie land kort ñ bevoegde regering.

Wielspore ·

In die gedeeltes van ons dorpe en stede waar die polisie skitter in hul afwesigheid word die plekke deur bendes beheer. By bendes is dit ‘n kwessie van jy is vriend of vyand, vyande se teenwoordigheid in ander bendes se gebiede word nie geduld en hier betaal jy die hoogste prys. Dit is hoekom geweld en moorde in SA toeneem, drinkplekke of ook bekend as tavern word besit en beheer deur bende leiers en lede. Hoe meer kliente jy trek, hoe meer geld maak jy, as jou vyand jou kliente trek, pas jy net geweld toe deur onskuldige mense te skiet. Ons minister van polisie is nie bevoeg om sy werk te doen.

Miena ·

Sjoe – soos ek die storie lees – sien ek dit afspeel. Amper soos die dokumenter wat ek die naweek gekyk het – Last Blue Ride – van die Stellenbosch meisie student en haar vriend wat deur die sg. nommer-bende- lede net oorrompel is in die motor. Aanranding, verkragting, diefstal, onvoering van nog mense, ag nee mens – dit maak my naar op die krop van my maag. Hoe kan ons almal skreeu vir vrede, vergifnis, samehorigheid as dit so gewelddadig in ons land aangaan en dan in werklikheid is dit net Elkeen vir homself en die duiwel vir almal…

Swerwer ·

En die Kommunistiese Regering verroer nie ‘n vinger om daad werklik op te tree nie!

yahneh ·

So, beteken dit as jy “met rede” moord pleeg is dit ok…

Vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.