Vier kinders is Sondag dood aangetref in hul huis in KwaNzimakwe in Port Shepstone, KwaZulu-Natal.
“Lede van die publiek het op die kinders van die Mbhele-gesin, tussen vier en 12 jaar oud, se liggame afgekom,” het Mxolisi Kaunda, LUR vir gemeenskapsveiligheid, Maandag bevestig.
“Die polisie het bevestig hulle het die kinders se liggame aangetref met verskeie steekwonde. Hul ore was afgesny. Die kinders het by hul ma gebly. Sy was nie tuis ten tyde van die voorval nie,” het Kaunda gesê.
Die polisie ondervra ʼn persoon wat in die huis geslaap het saam met die kinders.
“As die regering veroordeel ons die gewelddadige moord van die vier kinders,” het hy bygevoeg. “Ons versoek die polisie om die saak deeglik te ondersoek en seker te maak dat die oortreder uit die samelewing verwyder word en vir ʼn baie lang tyd toegesluit word.”
Hy het sy medelye aan die Mbhele-familie betuig.
Die nuus sè dat die ma hulle by huis gelos het en na ñ sjebeen gegaan het
Snaaks dat jy dit lees, ek het dit nie opgelet in die skrywing nie. Veroordeel jy nie nou net so-‘n-bietjie nie? Kinders is grusaam vermoor. Sou jy dieselfde se as die berig van ‘n plaasmoord was?
Dit is te verskriklik! Ons kinders word elke dag deur die goed gesit. Wanneer gaan dit ophou!!! Dit breek my hart. Wat ‘n monster kon so iets aan onskuldige kinders doen.? Siek…
Hoekom was d kinders alleen gelos? Ai…