Vier kort ná huisroof vas

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Samewerking tussen polisiebeamptes van twee provinsies, veiligheidsmaatskappye en boere het daartoe gelei dat vier verdagtes kort ná ʼn huisroof in Frankfort in die Vrystaat in hegtenis geneem is.

Sers. Sinah Mkapane, woordvoerder van die polisie, het gesê ses rowers het Vrydagmiddag in ʼn Bantam-bakkie by ʼn huis in Frankfort opgedaag. Die verdagtes het twee werkers wat buite die huis was in die huis ingedwing en hulle en die eienaar van die huis met kabelbinders vasgebind.

“Die verdagtes het met die huiseienaar se vuurwapen, televisie en klere van die toneel gevlug.” Volgens Mkapane het die polisie van Mafube en Villiers in die Vrystaat en Grootvlei in Mpumalanga, asook veiligheidsmaatskappye en boere van die omgewing onmiddellik reageer. Boere het met hul bakkies en ʼn helikopter na die verdagtes begin soek.

“Die verdagtes het sowat 1 km van die De Hoek-tolhek naby Heidelberg hul bakkie van die pad af getrek en te voet in die veld gehardloop.” Volgens Mkapane is vier verdagtes in hegtenis geneem terwyl die ander twee daarin kon slaag om te ontsnap.

Daar is op twee vuurwapens, gesteelde goedere en die bakkie beslag gelê. Die bakkie is glo in April tydens ʼn huisroof in Clarens gesteel.

Die verdagtes, tussen 30 en 39 jaar oud, sal Maandag in die Frankfort-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie asook gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Skitterend samewerking om die 4 vas te trek! Die swerkaters was seker weer uit op borgtog toe hul maar weer ‘n “joppie gaan doen ” het. GEEN Borgtog asb, anders is alles tevergeefs!!!

Karolis ·

Puik opvolgwerk. Dit is mos hoe dit moet werk.
Geluk aan al die betrokkenes.

Mark ·

Shame, soveel moeite, die skurke is seker alreeds terug by die huis.

Francois Geldenhuis ·

Baie geluk aan almal betrokke!!
Die belangrikheid en effektiwiteit van veiligheids whatsapp groepe moet egter ook genoem word. Dit speel al hoe meer en op n daaglikse basis n deurslaggewende rol in die suksesse wat behaal word..

Peter Holmes ·

Maandag kry hulle R500 borg en gaan net voort met hulle bose optredes

Pieter du plessis ·

Baie dankie vir die sekuriteits maatskappye sonder julle sou die nie moontlik gewees het nie.

Attie. ·

Puik werk gedoen. Ek is dankbaar ons het nog ‘n polisiemag.

Hendrik ferreira ·

N goed vir niks polisie ,mag is miskien die verkeerde woord miskien n polisie uitgawe klink beter.

hercu ·

ek sou graag wou weet van waar is die verdagtes, SA of Zim of ?? dit sal interessant wees!

goeie werk deur almal betrokke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.