Vier Mpumalanga-substasies met alarms toegerus

Argieffoto bloot ter illustrasie van ‘n substasie.(Foto: City Power)

Die burgerregteorganisasie AfriForum se tak in Standerton, Mpumalanga, het sedert verlede maand nie minder nie as vier substasies in die omgewing met alarmstelsels toegerus in die hoop om kwaaddoeners af te skrik.

Die tak sê die sabotasie van substasies en die steel van kabels plaas Standerton se elektriese infrastruktuur onder geweldige druk.

“Beurtkrag bied ’n ideale geleentheid vir misdadigers om kabels te steel of die substasies te saboteer. Die doel van die alarmstelsels is om ekstra sekuriteit by hierdie substasies te hê om te verhoed dat dit verder geplunder, gesaboteer of gevandaliseer word,” sê Leon Enslin, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Die tak het daarom verlede maand ’n projek in samewerking met Kasselman Sekuriteit van stapel gestuur om die substasies om Standerton te beveilig. Die alarmstelsels word deur die tak geborg, deur Janson Sekuriteit geïnstalleer en deur Kasselman Sekuriteit gemonitor.

“Hierdie inisiatief maak reeds ’n reuseverskil in Standerton,” sê Enslin. “Kragonderbrekings is minder en die infrastruktuur word nie meer gevandaliseer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anel ·

Moet net nie dat dit rugbaar gemaak word waar die alarms geplaas is nie. Eintlik moes dit nie eens in die media genoem gewees het nie. Beveilig net die plekke sonder om vir iemand die detail te gee.

Delia ·

Ai, hoekom hierdie inligting rugbaar maak em besighede wat die alarms geinstalleer het se naam rugbaar maak. Sekere goed publiseer mens net nie. Of is dit vir advertensie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.