Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die ongeluk het op die Oribi Gorge-pad plaasgevind. Mckenzie het gesê die baba het die ongeluk oorleef maar is later by die hospitaal dood.
“Sy is na die Murchison-hospitaal gehaas na die ongeluk. Haar toestand het egter begin versleg nadat sy by die hospitaal aangekom het en sy is oorlede,” het Mckenzie gesê.
Volgens Mckenzie is 11 mense in die ongeluk beseer. Een persoon is kritiek beseer terwyl vyf mense ernstige beserings opgedoen het. Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na die Murchison- en Port Shepstone-hospitale geneem is vir verdere mediese sorg.