Vier vas ná aanval op avoplaas

Argieffoto

Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn aanval vandeesweek op ʼn avokadoplaas in Limpopo waartydens ʼn man geskiet en later in die hospitaal dood is.

Konst. Maphure Manamela, polisiewoordvoerder, het gesê die aanval het Maandag omstreeks 19:30 op ʼn plaas tussen Elim en Vleifontein in die Makhado-polisiëringsgebied plaasgevind.

“Vier veiligheidsbeamptes is die aand deur vier verdagtes op die plaas oorval. Een van die verdagtes was met ʼn vuurwapen gewapen. Dié man het na willekeur op die wagte geskiet wat in verskillende rigtings op vlug geslaan het,” het Manamela gesê.

Een van die wagte is raakgeskiet en gewond. Die verdagtes het hom ingehaal en verder aangerand.

“Die verdagtes het van die toneel gevlug voor die polisie opgedaag het. Die wag is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.”

Manamela het gesê die polisie het ʼn grootskaalse ondersoek na die voorval van stapel gestuur wat Dinsdagaand tot die verdagtes se inhegtenisneming in die Magangeni-nedersetting gelei het.

Die verdagtes, tussen 24 en 36 jaar oud, moet Donderdag in die Louis Trichardt-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johanna Botha ·

Die risiko nou is dat hulle uit polisie aanhouding gaan ontsnap ….soos al so baie gesien ….#uselessSAPD

Elize ·

@Johanna. Hulle ontsnap nie, die deure word net oopgemaak en stap hulle doodluiters uit waar hulle ookal aangehou word.

Snowball ·

Of as dit uiteindelik by ‘n hof draai is die lêers weg, of dit het al selfs gebeur dat die aangekeerdes (lees moordenaars) nie ‘gevind’ kan word in die selle nie; uiteinde -saak uitgestel, en so karring dit voor. Justice Africa style!

leser ·

polisie ??????, mooi gedoen
wanneer gaan die soeke na plaasmoordenaars ook so met ywer gedoen word?
dink aan die kosvoorsieners, geen boere, geen kos
word ons ‘n 2de zimbabwe
almal wat “wit” is gaan nie net verdwyn nie, ek het nie verniet my agterent af baklei op die “grens” nie, en ek glo daars baie wat so redeneer

altyd ander se skuld ·

Elize en Johanna word reserviste of GPF lede en pas die selle ens self op dat hul nie ontsnap nie aangesien jul al die polisie onder dieselfde kam skeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.