Vier vas vir onwettige besit van perlemoen

Die ses plastieksakke vol vars perlemoen waarop die polisie afgekom het. (Foto: ANA)

Vier mans sal binnekort in ’n Kaapstadse hof verskyn vir die onwettige besit van perlemoen.

Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, is vier mans, onderskeidelik 33, 36, 38 en 40 jaar oud, Vrydagaand in hulle spore gestuit toe die polisie op inligting rakende perlemoen wat in ’n huis in Milnerton versteek en mee handel gedryf word, gereageer het.

Die polisie het die huis in Molly Brownstraat deursoek waarna hulle op ses plastieksakke vol vars perlemoen afgekom het.

Die polisie het ook op gereedskap wat gebruik word vir die voorbereiding van perlemoen beslag gelê.

Dit geraamde waarde van die sakke perlemoen is nie in die stadium bekend nie, het Van Wyk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alida X ·

Wat word van al die perlemoen wat gekonfiskeer word?
Daar moet nou al ‘n reuse stoor vol wees.
Die baasbrein agter die perlemoenstropery is dan maande terug gevang, verhoor en gevonnis. Of het ek nou die kat aan die stert beet?

Maljan ·

Ongelukkig n geval van desperate mense vat wilde kanse. dalk n inkomstetjie en toe raak die bure jaloers.

Klipindiebos ·

Kom ons wees eerlik: As hierdie mense ‘n werk het wat vir hulle ‘n volhoubare inkomste gee, sal hulle nie hierdie onwettighede aanvang nie. Die probleem le veel dieper as wat ons hier lees en sien. “Die natuur ly ook onder die sonde en ongeregtigheid van die mens”

schaun ·

Perlemoen moet die grootste ergste misdaad in Suid afrika wees want die polisie in die wes kaap konsentreer met erns as dit by perlemoen kom vergeet die bendes wat mekaar en onskuldige mense doodskiet solank jy net nie perlemoen het nie.

Johanna Botha ·

Alida jy is reg …maar hy is intussen weer op straat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.