ʼn Vierjarige seuntjie is Saterdagaand in Boksburg, Gauteng, dood nadat kapers hom buite ʼn motor gesleep het.
“Die seuntjie was in Reigerpark saam met sy ma, pa en sussie ʼn City Golf toe drie mans die gesin genader het,” het lt.kol. Khensane Magoai, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Hulle het die pa, sy vrou en dogter aangesê om uit die motor te klim. Die vierjarige was met ʼn veiligheidsgordel vasgemaak. Hulle het toe in die motor geklim en weggery.”
Magoai sê dit is nie duidelik wat presies gebeur het nie, maar die seuntjie is buite die motor gesleep, hy het aan sy veiligheidsgordel by die deur uitgehang. “Hy is ongeveer 8.5 km ver van Reigerpark tot by Boksburg buite die motor gesleep. Die kapers het die motor verlaat en die seun was dood.”
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Ons is nog op soek na die verdagtes.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
43 Kommentare
Dit is onmenslik!!!!! Daar is geen woorde wat daardie gesin kan troos net die Here kan. Sterkte vir die gesin en familie
Dit is onmenslik!!!!!! Geen woorde kan daardie gesin troos net die Here kan. Sterkte aan die gesin en familie
Daar is n special plek in die Hel vir sulke ongediertes. Sterkte aan die familie.
Dit is onmenslik!!!!!! Daar is nie woorde wat daardie gesin kan troos net die Here kan. Sterkte aan die gesin en familie.
My hart gaan uit na die gesin…dit is ongelooflik hartseer. :(