‘n Veselperske is heerlik, maar dis baie moeite om hom só te skil dat jy die meeste vlees van die vrug kry.
Lees meerAlles vir Sondag 20 Julie 2014
Nuwe loonvoorstel om staking te beëindig
‘n Paar vakbonde, waaronder Solidariteit, het Sondag ʼn nuwe gekonsolideerde loonvoorstel aan die werkgewers in die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) voorgelê.
Hof hoor dringend oor R699-skema
Die Oos-Kaapse hooggeregshof sal hierdie week ʼn dringende aansoek aanhoor rakende die R699-motorverkoopskema, het die Business Times Sondag berig.
Video: Veghond red dowe tiener van gewisse vlamdood
ʼn Veghond het ʼn 13-jarige tiener, wat wettig doof is, van Indianapolis in Indiana van ʼn gewisse vlamdood gered.
Man vas oor kind se liggaam in die kerk
ʼn Man sal na verwagting Maandag in die hof verskyn nadat die geskende liggaam van ʼn vierjarige seun by ʼn kerk in Pongola, KwaZulu-Natal opgespoor is.
Foto’s: Ongeluk in China eis 43
Die dodetal van ʼn ongeluk op ʼn snelweg in China tussen ʼn bus en ʼn vragmotor wat vlambare vloeistof vervoer het, het Sondag tot 43 gestyg.
Grootste klasaksie kom dalk teen Transnet
Prokureurs sal die Pretoriase hooggeregshof nader vir goedkeuring om ʼn klasaksie teen Transnet te voer namens meer as 62 000 pensioenarisse, het Rapport Sondag berig.
Vierjarige sterf toe kapers hom buite kar sleep
ʼn Vierjarige seuntjie is Saterdagaand in Boksburg, Gauteng, dood nadat kapers hom buite ʼn motor gesleep het.
Meer as R5 miljoen vir Marikana-prokureurs
Prokureurs wat die honderde myners verteenwoordig wat tydens die skietery in 2012 in Marikana beseer en in hegtenis geneem is, het ongeveer R5.13 miljoen in regskoste ontvang, het die Sunday Independent berig.
Griekwas bespreek plek in Curriebeker se uitsoekliga
Dit het Griekwas toe Saterdagmiddag op Outeniquapark in George presies 30 minute gekos om hul plek as die agtste span in die Curriebeker Premierliga te verseker.
Maleisiese lugredery sal kansellasies terugbetaal
Malaysia Airlines het gesê hy sal passasiers ten volle terugbetaal indien hulle hul vliegkaartjies wil kanselleer in die lig van die MH17-tragedie maande nadat vlug MH370 verdwyn het.
Man doodgery wat agter hoed aan hardloop
ʼn Man van Pietermaritzburg is Saterdag doodgery toe hy agter sy hoed aan gehardloop het.
Man ná 11 ure uit sloot gered
ʼn Man wat by ʼn huis in Isipingo, Durban in KwaZulu-Natal in ʼn sloot vol water vasgekeer was, is Saterdagaand ná ʼn 11 uur lange reddingsoperasie bevry.
Bonusse van R42 miljoen vir SAUK-werkers
Die SAUK het bonusse van ongeveer R42 miljoen aan sy personeel en middelvlakbestuur uitbetaal, het die Sunday Times berig.
Gedagte vir die dag: Kom tog terug!
Hos 2:6 – “Ek sal na my eie man toe teruggaan, want ek was by hom beter versorg as nou”. “Teenspoed kan nie ophou voordat…