Video: Veghond red dowe tiener van gewisse vlamdood

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Veghond het ʼn 13-jarige tiener, wat wettig doof is, van Indianapolis in Indiana van ʼn gewisse vlamdood gered.

Nich Lamb het sonder sy kogleêre inplantings gaan slaap toe die brand ontstaan het. Die bure se troeteldier, ʼn tweejarige veghond genaamd Ace, het besef iets is verkeerd en het na Nich se kamer op die tweede verdieping gehaas om hom wakker te maak.

Bron: CBS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Trippie ·

Ai tog, gister lees ons van ‘n SA vrou wat doodgebyt is deur veghonde, en vandag lees ons van een wat ‘n dowe seuntjie se lewe gered het.

Welgedaan 4-been.

Lawrance ·

Hahahahahahahaha. Dankie Sune van Heerden. Ek het nou lekker gelag. “Wettig doof”. Jou volgenge berig moet handel oor al die onwettige dowe mense wat jy wil laat vang.

pop ·

Maroela, hoekom plaas julle nie my kommentaar nie???Ek het net lol gesit op die een< maar nog steeds is dit afgeskiet

Belinda ·

Het seker betaal om doof te wees en nou is dit wettig……………………..baie nice Woef!

Sceptical Oke ·

Wel dankie tog hy was nie ONwettig doof nie, dan was dit tickets….

estelle ·

Jis mense maar julle is sarkasties verby! Hy hou hom nie doof nie, hy is doof, en is so verklaar deur ‘n dokter! Pragtige honde vriend

Niel Laufs ·

interresante opskrif @ wettig doof en ek moes self kopkrap hieroor… Ek self is ook Doof. nie onwettig doof, of wettig doof nie – net Doof – soos ek geskape is. Maar op ‘n ernstige noot – kom ons kyk so na daardie “wettige aspek” Nich is doof, maar as ek so kyk kom ek agter dat hy in die “hoofstroom kultuur” is. En daarmee bedoel ek dat hy in die horende samelewing is.

Omdat hy soos dit vir my lyk goed kan praat dink mense hy is “horend”, en met sy koglere inplanting maak dit dan van hom ‘n horende al is hy doof. Met die “wettig doof” wil hulle dalk net beklemtoon dat hy eintlik maar net doof is, en nie horend is nie.

Mense neem aan dat as iemand goed kan hoor (deur middel van hulle koglere inplanting/gehoorapperate) en goed kan praat dit ‘n horende persoon is, en vergeet mense gerieflikheidshalwe dat die persoon doof is. En die fout wat hulle maak is dat hulle dan praat soos hulle wil. Ek hoop mense neem my kommentaar ter harte…

antjie ·

Hi ek is ook doof en het ook n koglere inplanting gehad. Ja mense vergeet ons is doof al kan ons “hoor”, en ek het 4 pitbull terriers en hulle is absoluut my ore elkeen op sy /haar eie manier. Ek salueer die pragtige pitt wat die seun se lewe gered het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.