Vlak 4: Dís wat jy kan verwag

Op vlak 4 word meer aktiwiteite toegelaat. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, het Saterdag meer besonderhede bekend gemaak oor die geleidelike heropening van die ekonomie wat vanaf Vrydag 1 Mei op groter skaal hervat gaan word.

Die heropening van die ekonomie is gegrond op vyf vlakke. Suid-Afrika is stans op vlak 5, die hoogste vlak wat kan geld, maar skakel Vrydag oor na vlak 4, wanneer sekere verslappings in werking sal tree.

  • Vlak 5: Drastiese maatreëls word vereis om die verspreiding van die virus te bekamp om lewens te red.
  • Vlak 4: Sommige aktiwiteite word toegelaat onderworpe aan uiterste voorsorgmaatreëls om gemeenskapsoordrag en uitbrekings te beperk.

Wat kan jy op vlak 4 verwag?

  • Nadat ʼn herrie oor die verkoop van warm, voorafbereide kos die afgelope paar dae gewoed het, word dit nou wel toegelaat – maar net vir tuisaflewering.
  • Restaurante word toegelaat om weer te heropen, maar ook net vir aflewerings. Geen aansit-etes word toegelaat nie en jy mag ook nie etes self gaan afhaal nie. ʼn Klokreëlstelsel gaan tussen 20:00 en 05:00 geld – waaraan restaurante ook onderworpe sal wees – en eetplekke sal in dié tyd moontlik fluks sake doen.
  • Almal – en nie meer net babas en kleuters nie – sal nou wintersklere mag aanskaf.
  • Rokers mag sigarette koop, maar die verkoop van alkohol bly verbode.
  • Meer mense mag terugkeer werk toe. Na raming sal sowat 1,5 miljoen mense ná 1 Mei weer terug wees op hul pos, wanneer die voorgestelde bedrywe op vlak 4 heropen.
  • Jy mag steeds nie gimnasium toe gaan, oor en weer kuier of sonder ʼn goeie rede ʼn provinsiale grens oorsteek nie.
  • Die dra van ʼn masker wanneer jy wel ʼn noodsaaklike uitstappie onderneem, is verpligtend. Jou neus en mond moet behoorlik bedek wees.
  • Slegs opvoedkundige boeke word verkoop.

Die regering het die verskillende bedrywe wat in dié stadium geraak word, asook lede van die publiek gevra om insette oor die voorgestelde regulasies te lewer.

Patel het gesê die regering het reeds tientalle voorstelle, selfs dié wat op sosialemediaplatforms gemaak word, bestudeer en in ag geneem. Die finale bepalings sal volgende week afgekondig word.

Kliek hier vir die volledige dokument waarin die verskillende fases uiteengesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jaco ·

Met so baie wat niks of net gedeeltelik salaris gekry het en so baie wat hulle werk verloor het, twyfel ek of veel klaar gekookte etes verkoop gaan word. Dit was nog altyd duur en sal van nou af hoogs waarskynlik nóg duurder wees.

andre ·

Hierdie hele ding grens bou aan belaglik. Dit is n magspel. Baie van hierdie beperkings het boggerol met die virus te doen nie. Hierdie maatreels is kommunisties, wat jy mag eet, wat jy mag koop, wanneer jy mag dit, wanneer jy mag dat.

Sharnelle ·

Jy praat waar, dit gaan als oor mag, geld en beheer. Dis realiteit.

Anel ·

Gaan hulle vir ons maskers gee? Ek het nog nooit een gedra nie. Dra nie eens serp om my gesig in die winter nie . Ek nies my dood, is baie alergies vir stof en kry engtevrees. Die goed is vol fyn stoffies. So wat nou! Gaan nog die heeltyd uit sonder so iets.

Michael 1 ·

Dit is seker jou reg maar ek glo jy moet n masker dra die wgo het bevind dit help in n mate met die verspreiding.

Betsie ·

Maskers is nogal duur. Vanoggend by Foodlovers betaal jy R99 vir 3!! En dan stem ek saam oor die stofdeeltjies en genies. My neus is ook permanent aan d jeuk. Ek dink om ons eie te maak sal verseker beter wees.

Alleen Wolf ·

Weereens glad nie deurdink nie, hulle laat 50% van arbeid toe in die vervaardiging sektor van konstruksie en verwante produkte maar dit mag nie vervoer word nie, 50% van die kapasiteit is veel meer as wat ESSENSIEEL benodig word hier in S.A. en in ons onderneming word meeste normaalweg uitgevoer, so help ons niks.
Natuurlik is die inkorting ook nie vir NDZ ‘n straf nie, sy verdien steeds inkomste en geniet vryheid van beweging

Erik ·

Of beteken dit dat huishulpe van level 4 personeel mag terugkeer werk toe?

Michael 1 ·

Die mense moet begin hulle eie werk doen en weg beweeg van huishulpe en tuinhulpe.

Lorna ·

Dink ook dit beteken hul moet bywyse gee dat hul nie die virus het nie
Maar ek stem maak jul eie huise skoon
Moet geen kanse waag nie

Erik ·

Dis makliker gesê as gedaan. Tydens die inperking doen ons self die huiswerk en dis geen probleem nie, want ons het tyd.

Probeer bietjie werk van donker tot donker met kinders wat intussen buitemuurs en huiswerk het en maak dan jou 5 slaapkamer huis self skoon, was wasgoed, stryk en was skottelgoed elke aand van so 21h00 af, wat beteken jy en jou wederhelf sal nooit tyd saam spandeer nie.

piet ·

DIE BEDOELDE OF ONBEDOELDE GEVOLGE VAN DIE INPERKING.

Dit lyk my dat mense nie die tekens lees van wat werklik gebeur nie. Hulle verstaan nie wat CR bedoel het toe hy gepraat het daarvan dat die geleentheid benut moet word om radikale ekonomiese bemagtiging te bewerkstellig nie. Hier is ‘n paar gedagtes van wat ek sien besig is om te gebeur.

1) ‘n Baie groot persentasie middelslag besighede is een-man besighede in die hande van witmense, veral in die gasvryheidsbedryf. Hulle gaan bankrot speel. Net swart besighede word gehelp. Mboweni was baie duidelik daaroor dat die gapings wat gelaat word, sal deur nuwe interpreneurs gevul word. Hou die ekonomiese kraan lank genoeg toegedraai en jy dwing miljoene witmense tot die bedelstaf en skep geleenthede vir SEB en die Sjinese kamerade om die gapings te vul.

2) Dit gaan eiendomspryse in voorheen middelklaswoonbuurte in sy peetjie laat val. Mense gaan op die lang duur nie hulle verbandpaaiemente kan betaal nie en hulle huise verloor. En so ga

Willem ·

Dit wat jy se is die waarheid Piet. Hierdie is die ANC se geleentheid om alles oor te neem. Daar word met syfers gespeel daarom die Wes Kaap voor, net om hulle langer in te perk. ( DA). Ons sal sien wat maak hulle die 1 Mei.

Rodger17 ·

Hoe op aarde kies jy wie mag lewe en wie nie?Hoe kies n werkgewer wie van sy werksmag het n reg om te werk en geld te verdien en wie moet tuis bly en krepeer van ellende?Die besluite is absoluut drakoniese besluite deur ministers wat dink hulle weet iets maar eintlik is hulle leke as dit by só situasie kom.NDZ is ewe skielik n kenner op die gebied.Syt daardie as gesondheids minister,die gesondheid op sy knieë gedwing met haar swak besluite en uitsprake.As die regering sulke kenners is,hkm bly die infeksiesyfers meer styg sowel as die sterftes?Lyk nie vir my of daar resultate is nie,behalwe werkloosheid en hongersnood wat geskep word!Pateties!

Kasper ·

Ek moet van die Wes kaap na die noord kaap trek om daar te begin werk. Is daar ‘n moontlikheid om vir die mense wat my moet trek ‘n permit te reël om my te trek?

Molly ·

Kommunistiese reëls. Met 57 miljoen mense en dis die getalle waarmee ons sit vir die virus en die hele land word omgedop. Volgende jaar is dit net dieselfde. Laat die mense ‘n weerstand opbou. Commensense lyk my is by die agterdeure uit. Nie 1 ander land het sulke belaglike reëls nie. Nie 1 land het reëls wat net van toepassing is op jou velkleur nie. So ja run jou besigheid soos hulle en betaal niks belasting nie, jy sien nou dat jy niks in nood kry nie.

Betsie ·

My bekommernis is vir d skole om te open. Ek is Hoërskoolonderwyseres en my hare staan al regop as ek dink hoe d kinders agter hul maskers kan praat en d onnie sal nie ‘n idee hê wie dit is nie. Hahaha. Dissipline sal moet strenger wees. Higiene, sosiale afstand en taxi vervoer is ‘n totaal ander hoofpyn. Die akademie aan d anderkant, is makliker uitvoerbaar.

Alleen Wolf ·

Ek wonder hoeveel mense al besef het dat ons nou eintlik onbepaald in “Lockdown” is en dat wanneer ons dalk eendag vlak een bereik dit niks anders is as as wat destyds in Oos Berlyn plaas gevind het nie, niemand van buite kom in die land in en niemand gaan uit nie, jy is ‘n gevangene van die staat en maak soos hulle sê OF.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.