Vlieërplankryer by Strand gered

Argieffoto (Foto: Dimitris Vetsikas / Pixabay)

ʼn Vlieërplankryer is Saterdag by Strand voor Die Poort gered.

“NSRI Gordonsbaai is om 15:28 geaktiveer deur NSRI se noodoperasiesentrum toe ʼn vlieërplankryer vermoedelik in die moeilikheid beland het,” Alan Meiklejohn, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Gordonsbaai.

Die vlieërplankryer se seil was in die water en dit het al hoe duideliker geword dat hy in die moeilikheid was en besig was om weg te dryf.

Persone wat die NSRI se strandveiligheidskameras monitor, het die persoon opgemerk en terwyl reddingsdienste gereageer het, is die situasie voortdurend op die skerms bly monitor, sê Meiklejohn.

“NSRI Gordonsbaai se span het gereageer na ons NSRI-reddingsbasis en die NSRI-reddingsvaartuig Spirit of Surfski is gelanseer terwyl NSRI-reddingswemmers en kusbemanning ontplooi is.”

GB Med Sec-ambulansdienste is ook in kennis gestel.

“ʼn Man op ʼn roeiplank het intussen ook na die persoon beweeg om te probeer hand bysit. Die vlieërplankryer, ʼn plaaslike inwoner en volwasse man, het in die sterk noordelike wind op die vin van sy vlieër gelê. Die roeier, ʼn onbekende persoon, het hom bygestaan en op die NSRI se reddingsvaartuig gelaai. Die man se vlieërplank is ook herwin.”

Hy is na veiligheid gebring en het nie enige beserings opgedoen nie. Hy het geen verdere bystand benodig nie.

Die roeier is geloof vir sy hulp.

Strand se strandveiligheidskameras is voortdurend ʼn vroeë waarskuwingsmiddel wat help om reddingsdienste se aandag te vestig op swemmers en vaartuie in nood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Strandloper ·

Ek verkyk my aan hul manewales veral as hul biekie af-show. Bly die jongman is ok

Leon ·

Ek het jare gelede self so iets oorgekom op Paradys Strand: vlieër gerol in die golwe en is toe ingesleep deur ‘n stroom. Ek het darem ‘n reddingsbaadjie aangehad en het teen sonsondergang maar besluit om die duur vlieër agter te laat en uitgeswem, waarna die NSRI opgedaag het om darem die vlieër ook te herwin.

Watsenaam ·

Wat’n mooi storie. Geluk aan almal wat gehelp het. Ons is trots op julle.

Karoo ·

Weereens wonderlike vrywilige werk deur die NSRI. Ons is BAIE lief vir die see en elke jaar maak ons ‘n klein bydrae tot hulle organisasie sodat hulle lewens kan red. As jy’ n ekstra paar rand oor het om te skenk dan moet jy dit tog oorweeg om dit vir die NSRI te gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.