Vlugte by Kaapstad-lughawe vertraag

Chaos by Kaapstad-lughawe (Foto: Ronel Terblanche/Facebook)

Passasiers het Saterdag groot frustrasie by Kaapstad- internasionale lughawe beleef toe vlugte vertraag is.

Die lughawe het bevestig hy het drie kortsluitings beleef. “Die stelsels by die vertrektoonbank is hierdeur geraak. Daar was geen verbinding met lugdienste nie.”

Alle lugdienste het bykomende hulpbronne vrygestel en sal per hand die prosessering behartig.

Die elektrisiteit en nie-noodsaaklike dienste is intussen herstel.

Die lughawe het passasiers aangeraai om aanlyn in te boek om lang rye by die lughawe te vermy. “Passasiers moet ook minstens twee ure vroeër vir plaaslike vlugte opdaag en tussen drie en vier ure vroeër vir internasionale vlugte.”

Een gebruiker het op sosiale media gesê sy het twee uur en 20 minute lank in die ry gestaan terwyl die meeste FlySafair-vlugte vertraag is. Haar vlug moes reeds om 11:50 vertrek het, maar sy was teen 12:36 nog gestrand op die lughawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.