Voertuie, kantore brand tydens betoging oor dienslewering

ʼn Brand is by die Sizakala-sentrum in Durban gestig (20 Julie 2020) (Foto: Verskaf deur eThekwini-stadsraad/ANA)

ʼn Groep betogers het Maandagoggend in Durban staatseiendom aan die brand gesteek uit woede ná inwoners hul onwettige verbindings aan die elektrisiteitsnetwerk in ʼn nabygeleë buurt afgesny het, het die eThekwini-stadsraad gesê.

Die stadsraad het in ʼn verklaring gesê ʼn brand is gestig by die Sizakala-sentrum in Lamontville en ses voertuie is ook aan die brand gesteek. Die kantore huisves onder andere die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) en ʼn kliniek van die provinsiale regering.

Die betogers eis behoorlike elektrisiteitsinfrastruktuur. Die informele nedersetting is onder kragdrade en op grond wat aan die provinsiale regering behoort.

Mxolisi Kaunda, burgemeester van eThekwini, het die verwoesting van staatseiendom veroordeel. “Ons respekteer die reg van mense om vreedsaam te betoog, maar ons beskou die jongste voorval in ʼn baie ernstige lig. Trouens, dit is anargie,” het hy gesê. “Hoe eis jy elektrisiteit en verwoes jy staatseiendom wat die gemeenskap help? Na ons mening is dit verraad en daar is nie enige hoeveelheid griewe wat dié onmenslike gedrag kan regverdig nie. Diegene wat verantwoordelik is, moet vervolg word; niks minder nie.”

Kaunda het gesê die stad word geteister deur grondbesetters en dit lei tot onwettige elektrisiteit- en waterverbindings. “Gevolglik word ons transformators oorlaai en raak dan onklaar. Ons elektrisiëns is nietemin besig en het reeds die kragtoevoer herstel na gebiede wat deur dié onwettige gedrag geraak is.”

Hy maan inwoners om hul griewe te lug, eerder as om aan gewelddadige betogings deel te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Adrian ·

“Hulle” werk met die gatkant vorentoe. Soos die spreekwoord sê, “soos ‘n passer, al om sy eie gat”…

marius ·

Alle stede , dorpe en strate se name moet verander word na die stad van drome , Mogadishu

Johann ·

Hahahahhaha!!!!!!! N anargis wat anargie herken en erken!!!!!!! Absurd!

Andre ·

Jy betaal nie ‘n sent vir krag nie maar brand af as jou diens afgesny is of nie werk nie…

Danie ·

Gee hulle tyres en petrol laat hulle die land afbrand want dit is al wat hulle kan doen. Hulle kan niks opbou nie. Breek af. Die land is in n wurggreep maar brand sal hulle brand. Dit is presies wat dr Verwoerd gese het wat nou gebeur maar ons loop met oogklappe.

Yvonne ·

Hoe erken hulle nou eers anargie dit heers al die afgelope 25 jaar

christo ·

Ek ervaar die vorm van vandalisme op skoolvlak. Ek neem aan ‘n mens meet die vlak van ontwikkeling en volwassenheid hoe ‘n mense hoe hulle optree. Hier is ‘n sprekende voorbeeld van ‘n vorm van redenasie wat geen normale mens kan verstaan nie. Daar is nie medisyne vir onnoselheid nie.

Kokerboom ·

Die ANC se drome en wense word nou waar. Dis tyd dat die belastingbetaler NOU sy voet neersit

Yolandie ·

Cut of your nose to spite your face soos die engelsman sal sê. En dan gaan die munisipaliteit en herstel krag dienste in dié gebiede……so hulle het eintlik hulle sin gekry. Hulle betaal vir niks want hulle hoef nie. En niemand gaan hier aan die pen ry vir die skade wat aangerig is nie. Hoe bou mens ‘n nasie met die tipe mentaliteit!!!!!

Die Wolf ·

Hulle kan want dit is mos nie krimineel soos om sonder n masker te loop nie.

Drico ·

Dis die voorbeeld wat al 30 jaar terug aan die orde van die dag was en wat normaal en alledaags geword het sedert 1994. Julle het verwoesting vir julle jeug geleer, verwag julle nou regtig dat jul volgelinge anders gaan optree teenoor n swart regering? Of wag, dalk het julle na 24jr van regeer iewers besef dat dit n gemors is wanneer iets verwoes word…besef nou net dat dit nog 24jr gaan vat om jul volgelinge dit af te leer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.